EFF neem nie deel aan mosie van wantroue teen Zuma

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016) (Skermskoot uit die regstreekse video)

Die EFF verlaat die parlement tydens die staatsrede (Februarie 2016) (Skermskoot uit die regstreekse video)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag gesê hy gaan nie aan ʼn debat oor ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma deelneem nie, aangesien só besluit ʼn uitspraak in die hoogste hof van die land vereis.

“Kwessies wat in die debat aangeroer gaan word, en verwerp gaan word deur die ANC ongeag van hoe wettig of beginselvas dit is, is presies wat die EFF aan ʼn volle bank regters van die konstitusionele hof voorgehou het,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van EFF, gesê. “Die hof is onderwerp aan die Grondwet en is die enigste geloofwaardige sfeer van die staat waarin ons nog geloof het.”

Ndlozi het gesê hulle sal wag vir die uitspraak en daarvolgens die pad vorentoe bepaal.

Hy het gesê EFF-LP’s sal nie aan die mosie deelneem nie, maar sal teenwoordig wees om ander sake van die parlement by te woon.

Die Demokratiese Alliansie het die mosie van wantroue teen Zuma ingestel ná sy besluit om die minister van finansies, Nhlanhla Nene, in Desember af te dank. LP’s sal oor die mosie debatteer en daarna stem.

Die ANC het die beplande mosie as ʼn “publisiteitsfoefie” afgemaak, ná soortgelyke pogings deur opposisiepartye die afgelope paar maande. Die ANC het gesê hy sal, as ʼn meerderheidsparty, weer teen die opposisiepartye wen.

ʼn Mosie wat die DA in September gebring het om Zuma te vervolg oor die regering se versuim om die Soedannese president Omar al-Basjir kragtens die Internasionale Strafhof in hegtenis te neem, was vrugteloos.

Agang SA het in Maart verlede jaar ook ʼn mosie van wantroue teen Zuma ingestel, voor dit teruggetrek is toe Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, nie haarself uit die debat wou onttrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ek vind dit uiters vreemd dat die EFF eweskielik nie aan die mosie debat wil deelneem nie. Dit wys my net na een ding toe en dit is dat die EFF dalk n tipe tak is van die ANC wat die land moet deurmekaar krap om die fokus van die ANC af weg te hou. Hierdie idee word ook verskerp deurdat ene Julius se saak vroeer in die hof laat vaar is. Ek hoop regtig ek is verkeerd maar ek glo nie.

Veritas ·

Dit raak al hoe duideliker dat ou Julius nog steeds vir Oom Jacob werk. Al wat die EFF nog gedoen het is lawaai en geweld aanhits. Hou maar die verkiesings dop. Wanneer die ANC naelskraap verloor gaan daar vinnig ‘n koalisie met die EFF gevorm word. Jacob en Julius is soos vis en chips- hulle hoort saam. Dieselfde akademiese agtergrond, jaloerse haat vir die blanke en ‘n voorliefde vir korrupsie.

pjk ·

Jan maak n plan, ek het dieselfde gevoel oor eff gekry toe hy di pres. in die parlement sitting so sleg uitgetrap was. Die anc wil nie pa staan vr wat nou by universiteite gebeur nie (en andere) en het die “baby” voorgestoot om dit vir hulle te doen. Hulle is almal kop en een mis. Hul manier v opereer is net te duidelik. Al hoe ons hier gaan uitkom is dat ons n leier kry, mobaliseer en hulle aanvat. Dit kan nie so aangaan nie.

Hein ·

Miskien gaan Zuma oorstap EFF toe as hy net voor die komende verkiesing uit die ANC geskop word….

Veritas ·

Dit raak al hoe duideliker dat ou Julius nog steeds vir Oom Jacob werk. Al wat die EFF nog gedoen het is lawaai en geweld aanhits. Hou maar die verkiesings dop. Wanneer die ANC naelskraap verloor gaan daar vinnig ‘n koalisie met die EFF gevorm word. Jacob en Julius is soos vis en chips- hulle hoort saam. Dieselfde akademiese agtergrond, jaloerse haat vir die blanke en ‘n voorliefde vir korrupsie.

HEVW ·

Dit waarvan bg. meld is die waarheid. Die eff is besig met n toneelspel en doen die vuilwerk vir die anc. Die president skuil gerieflikheidshalwe agter die eff as skerm en sorg vir n beter beeld aan die buitewereld. As die anc hom soos die eff skuldig sou gemaak het aan revolusiestokery sou dit beslis sy beeld in die internasionalewereld skade berokken het.

Des ·

Die EFF is ‘n front van die ANC. Die EFF is daargestel om te sê wat die ANC nie mag sê nie. Omdat dit beleggings in SA sal skaad. Die regerende party kan ook nie prontuit die goed kwytraak wat die EFF sê om rasse onmin te saai en anargie te bewerkstellig nie.

Oom Boer ·

‘n Mens moet sekerlik oogklappe aanhê as daar nie gesien kan word dat daar ‘n band en strategie van handevat bestaan tussen ANC en EFF, Die EFF is al destyds ge-ondersteun en ge-finansieër deur die cANCer kaders tot eie party en wat hul doelwitte gaan behels. Dit is alles ooglopend met onstabiliteit, geen optredes of inmenging tot orde en om die teleskoop visier weg te draai van Oom Zumtas se party. Sou hierdie “mosie van wantroue” enige doel vir EFF gedien het dan sou hul weldra tot ondersteuning van ander partye opgetree het. Die cANCer party is so bewus dat hul alle monopolie het en niks en niemand kan enige dienende skuif maak om die mat bietjie skoon te vee nie. Die toekoms lyk werklik bleek indien hierdie huidige trant van anargie en korrupsie sy loop verder neem.

Leans ·

Oom Boer wat jy sê maak sin. Die EFF wou ook nie meedoen met #zumamustfall veldtog nie. Hier kan ons mos nou 1 + 1 bymekaar tel.

Hein ·

ANC en DA het ook dieselfde verkiesingbeleidsrigtings. DA is die ANC lite

Liewe Heksie ·

Natuurlik gaan EFF nie deelneem nie dit kos baie geld om daai liggaam so te hou hulle is net daar om die aandag van die ANC af weg te hou My ou kraalliedjie

Han ·

Ek huldig al baie lank die standpunt dat die EFF (“Everything For Free”) ‘n frontorganisasie van die ANC is, wat laasgenoemde se vuilwerk vir hom doen. Dink hulle werklik die publiek is so onnosel om nie daardeur te kan sien nie? Om net een voorbeeld te noem: Julius Malema skuld die SAID R20 miljoen en dit wil voorkom asof nie veel daaraan gedoen word nie. As ék soveel geskuld het, sou ek dalk reeds agter tralies gewees het!

Jacob Zuma se (volgens hom) se ‘gevatte’ antwoorde aan die opposisie, het hy nie self uitgedink nie, dit is aan hom voorgesê net soos al sy toesprake wat vir hom geskryf word; en dan sit hy daar soos ‘n kat wat ‘n piering room gekry het. Hy moenie dink dat hy ad infinitum met al sy korrupsie gaan wegkom nie. Elke hond kry sy dag en sy “dag” is dalk nader as wat hy dink . . .

ben ·

DA is verlengstuk van ANC
Werf blank stemme en werk dan vir die agter geblewendes

Dee ·

En ‘n massa van die Maroela-bydraers wat voorgee om konserwatief te wees stem DA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.