EFF nie deel van verkiesing van nuwe president

Julius Malema tydens die perskonferensie.

Die EFF het  Donderdag uit die Nasionale Vergadering gestap toe die nuwe president vir Suid-Afrika gekies is.

Julius Malema, leier van die EFF, het gesê hulle sal nie deelneem nie, aangesien “ons nie geloofwaardigheid aan enigiemand van die leidende party wil gee nie. Ons sal met die eerste geleentheid ʼn beroep doen vir die ontbinding van parlement ten gunste van vroeë verkiesings”.

Die EFF het Jacob Zuma se bedanking verwelkom. “Die EFF is bly dat die man wat ons nie meer as president erken het ná hy ʼn eed verbreek het nie, ingegee het onder politieke druk waarvan die EFF in die middelpunt was vir die afgelope drie jaar.”

Malema het tydens ʼn perskonferensie aan joernaliste gesê dat die val van Zuma ʼn direkte uitkoms van die parlementêre werk van die EFF is. “Ons genadelose pogings om Zuma verantwoordbaar te hou vir die Nkandla-korrupsie en die uiteindelike bevinding van die grondwethof wat Zuma nie nagekom het nie, is sentraal tot die redes hoekom sy presidentskap voor die einde van die termyn beëindig is.”

Malema het ook beklemtoon dat Zuma nie bedank het as gevolg van sy politieke gewete nie, maar dat hy bedank het omdat hy geweet het as hy nie bedank nie, hy “verneder sou word in die EFF-geleide mosie van wantroue wat met 99% sekerheid sou slaag”.

“In sy onkundige, arrogante en politiese ongeletterde artikulasies het Zuma gesê hy weet nie hoekom hy die kantoor van die president moes verlaat nie. Omdat dié wat met kom geskakel het oor sy bedanking bang is vir hom, sal ons dié geleentheid gebruik om Zuma aan sy sondes te herinner.”

Die EFF het die bewerings dat Zuma gratis hoër onderwys aan die land gegee het van die hand gewys. “Gratis hoër onderwys is as gevolg van die #FeesMustFall-generasie wat Zuma se regering skoppend en skreeuend na die tafel gebring het om toe te gee tot gratis onderwys.”

Malema het Zuma verder as ʼn “post-koloniale ramp” bestempel. “Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om nie vir Zuma se krokodiltrane te val elke keer as hy verkeerd is nie. Die hele nasie was vir byna ʼn dekade ʼn slagoffer van ʼn kulkunstenaar.”

Malema meen verder die ANC is nie ʼn organisasie wat Suid-Afrika verder as politieke bevryding kan lei nie. “Die ANC het ʼn belangrike rol in die politieke bevryding gespeel, maar is geensins in staat om die samelewing na gelykheid en voorspoed te lei nie. Hulle kan ook nie korrupsie en wanadministrasie binne die organisasie beveg nie.”

“As die ANC van Cyril Ramaphosa ernstig is en waarlik ʼn nuwe en stabiele toekoms soek, moet hulle toegee tot die beroep vir vroeë verkiesings.”

Malema het bygevoeg die ANC het Zuma beskerm toe die hele Suid-Afrika gesê het hy is ʼn probleem, en die oplossing sal volgens hom wees om die ANC heeltemal uit die politiek te verwyder. “Die EFF het geen vertoue in die leierskap van die ANC nie en glo selfs Zuma se opvolgers sal net plaasvervangers vir dieselfde korrupsie en kompetisie word.”

Volgens Malema sal die EFF wel deelneem aan die staatsrede. “Die mense van Suid-Afrika begin nou verstaan dat die EFF nie net ʼn opposisieparty is nie, maar ʼn massabeweging met ideologiese en politiese en taktiese kapasiteit om die samelewing te lei.”

Malema het ook laat hoor dat die EFF die DA se aansoek vir ʼn mosie om die parlement te ontbind sal ondersteun. Volgens hom moet daar nie ʼn verkiesing van ʼn nuwe president plaasvind nie, maar eers ʼn gesprek oor die ontbinding van die parlement.

Op ʼn vraag of Malema dalk sal oorweeg om terug te keer na die ANC noudat Zuma nie meer in die prentjie is nie, het Malema vurig geantwoord dat hy nooit, ooit terug sal keer na die ANC nie. “Ek sal eerder die politiek verlaat.”

“In Desember het mense gesê ná Ramaphosa is die opposisiepartye irrelevant. Nou kom julle meester, julle ster van die Lucky Packet, en sê hy maak staat op die opposisiepartye om Zuma te verwyder. Watter demokraat sal die irrelevansie van ʼn opposisie in ʼn multiparty-demokrasie vier? As dit nie vir die opposisie was nie, sou ons nie gewees het waar ons is nie.”

“Ons kan nie toelaat dat Ramaphosa verkies word as president onder Baleka Mbete, die mees korrupte speaker, met geen respek vir reëls nie.” Hy meen ook Malusi Gigaba, minister van finansies, moet afgedank word omdat die begroting wat hy gaan lewer uit “Zuma se kabinet” kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zoom zoom ·

Eish. Ek stem 100% saam met jou. DA is van die swakste party al is hulle die opposisie. En het niks om op trots te wees.

Jona ·

Ek stem 100% saam Eish, die DA en ou Mmusi is net daar as die veld reeds voorbrand het, hy steek sy gesiggie net uit as hy teen sy eie party draai en dan weer wanneer hy goeie nuus versprei. Vlieg uit om n paar bottletjies water aan te paas in CT, maar doen in werklikheid nie veel nie.

Disabled ·

Julius is soos ‘n skoot hondjie wat nou sy eie baas in die hakskeen wil byt. Hy wil hom ook nou self krediet gee vir iets wat al die opisisie partye gedoen het en waar hy maar net saam geblaf het. Wil graag weet wat het die EFF of Julius in persoon gedoen om die land te verbeter, behalwe om homself te verryk. Volgens my het hy geen visie nie en is eerder besig om verdeeldheid te saai en beleggers te verwilder en hoort daar nie eers oor hom berig te word in enige koerant nie. Seker net in Suid Afrika het ‘n rebellie groep vryheid van spraak en vryheid om geweld aan te moedig.

pieter ·

Ai EFF doen ons n guns en ontbind die EFF gaan soek ander werk.O julle sal goed doen om te plunder en ander mense op te sweep. Julle mors die belastingbetaler se geld om in die parlement te wees want julle werk net so 5 minute dan loop julle uit en toy toy en ons moet julle salarise betaal so gaan asb.

Marius ·

Die EFF is n potensiele monster wat vroeer eerder dan later onder bedwang gebring sal moet word. Hulle rassistiese ideologiee en destabiliserende effek mag nie onderskat word nie. Hulle mag nie toegelaat word om enigsens verder te groei nie. Julius Malema is in wese die einde van ‘n demokratiese, veelrassige Suid-Afrika.

Hans ·

Stem saam met jou. Malema self is maar n mantel draaier, onthou nog ruk terug toe hy op jakaranda was. Luister net wat het hy kwyt geraak met die overvaal skole ding en wat hy altyd doen en sê. jaag net geweld en nog meer verdeeldheid aan dit is al wat hy doen.

PJC ·

Die EFFis niks anders as ń gevaarlike spul oportuniste nie. Ek dink nie die publiek besef watter gevaar hulle inhou sou hulle genoeg steun kry nie. Hulle hoof teiken gaan die blankes wees. Hulle haat vir die blankes ken geen perke.

Lollall ·

Verlaat dan eerder die politiek Malemma! Jy is n skaamte vir ons land en n uiterse slegte voorbeeld vir ons land se jong generasies. Jy wil praat van ANC wat nie sal kan lei nie, maar jy kan nie eens maniere aan die dag le of met wysheid kommunikeer, sonder om jou speelgoed uit die kot te gooi en alles te brand en moor! Hoe wil jy dan kastig leiding neem? Niemand het respek vir jou nie en dink jy is n gedrags probleem kind.

Die Kryger ·

Dan kan ek nie glo dat n gesinstydskrif Malema as n liewe gesinsman uitbeeld. Wat n klap in my gesig. Daardie tydskrifvsal weer in my huis gekoop word nie

Eddie de Jager ·

Die EFF is beslis die party wat die mees strategiese benadering het tot politiek sedert 1994. Net ‘n paar punte:
Die EFF bou hulle magsbasis alleen op. Nie soos die DA wat gevorm het uit die samesmelting van kleiner partye of die ANC met die aliansie vennote nie.
Die EFF demonstreer in die publiek hulle gevoelens oor kwessies wat hulle sterk oor voel. Met dit gesê moet enige blanke maar lig trap vir die party. Die EFF openbaar ‘n byne NAZI gesindheid as dit by blankes kom. Die minagting vir wet en orde is duidelik na voorvalle soos H&M en Overvaal. Meneer Malema kies sy woorde slim afhangende van die gehoor. Die EFF kaap gewoonlik massa oomblikke veral in die parlement of buite howe waar hulle hul politieke propaganda kan bevorder. Die uitloop voor die verkiesing van Meneer Ramaphosa was weer ‘n voorbeeld daarvan. Dit was ‘n gulde geleentheid vir die EFF om te wys dat hulle in die parlement wil deelneem maar helaas weer soos kinders wie nie hulle sin kry uitstorm.
Die geskiedenis wys dat partye soos die EFF gevaarlik is. Nie aan die begin nie, maar eers as mag verkry en gekonsolideer is. In die woorde van Meneer Ramaphosa, ‘Passop.’ Hierdie mense is wolwe in oorpakke. As jy blank is hou hulle nie van jou nie. Dis telkemale bewys. Moenie vet op daardie rooi vlammetjie gooi nie.

Shame ·

O hel en jy is so geloofwaardig en doen alles reg en sonder enige oortredings? Jy hits geweld onder rassegroepe aan en dat praat jy oor ander se integriteit? NOG IETS, WAT HET VAN JOU SARS saak geword? Laas toe ek gekyk het toe het jy nog R6 miljoen vir SARS geskuld .. het jy toe betaal Malema? Want met die vorige verkiesing het jy gesukkel om die geld vir jou party te betaal om te registreer? OF was daai jou persoonlike besittings – want mens is mos deel van die ‘poorest of the poor’ as jy R6 miljoen skuld aan SARS ne?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.