EFF: ‘Niks onwettig aan Pta-grondgrype nie’

Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus

Die EFF het Woensdag gesê daar is niks onwettig aan die grondgrype by Nellmapius, oos van Pretoria, nie.

“Daar is niks fout daarmee nie. Indien die regering sloer om grond aan mense toe te ken, moet hulle dit beset,” het Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, aan verslaggewers by die parlement gesê. Julius Malema, leier van die EFF, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Jabu Mabona, hoofsweep van die Tshwane-metroraad, het intussen gesê dat Precious Marole, die wyksraadslid in Nellmapius, se huis geplunder is. Hy het gesê inwoners het die huis se vensters en deur gebreek en verskeie items gesteel. Die polisie kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie.

Die Tshwane-metropolisie het vroeër Woensdag met rubberkoeëls op inwoners van Nellmapius losgebrand nadat hulle plakkershutte in ʼn oop stuk veld wou oprig.

Die skare het metropolisielede met klippe bestook waarna die metropolisielede met rubberkoeëls op hulle losgebrand het. Die klipgooiers het na die nabygeleë informele nedersetting gehardloop en die metropolisie het hulle in ʼn Njala-pantservoertuig agternagesit. Die Ou Bronkhorstspruit-pad is vroeër met klippe en takke versper en daar is ook motorbande aan die brand gesteek.

Vusi Msiza, woordvoerder van die EFF se Nellmapius-tak, het vroeër gesê die grondbesetting het Sondag begin. “Ons het mense hier op die stuk grond aangetref waar hulle besig was om plakkershutte te bou. Ons het besluit om hulle te ondersteun, aangesien ons almal hierdeur geraak word.” Hy het gesê mense is moeg daarvoor om vir HOP-huise te wag en dat hulle grond soek waar hulle hul eie huise kan bou.

Dumisa Ntuli, woordvoerder van die ANC in Gauteng, het gesê die spesifieke stuk grond is geoormerk vir laekostebehuising. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se nasionale woordvoerder, het vroeër gesê die party ondersteun grondonteiening maar wou nie spesifiek kommentaar lewer die gebeure in Nellmapius nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nina ·

WTH!!! So MAG ons OOK nou maar enige plek plak?? Goeie genade! GOD red ons, want niemand anders gaan nie!!!!!! :(

Theresa ·

Stem met jou saam Nina. Hierdie leë doppe redineer ‘n pazzer…….al om hulle &$#@

monika ·

hulle verwag net hulle moet huise kry. dit is waar hulle is soos groot lee blikke, help n volk met sulke mense

Ghost ·

Nog n bewys hoe bebaars hulle is. Wil wet in eie hande neem en maak soos hulle wil, en dan as daar teen hulle opgetree word dan raak hulle agresief en brand en breek alles af. Dink ek moet vir my ook n oopstuk grond gaan opeis. Dis mos die nuwe beleid in SA.

jjobson ·

Lee blikke soos die EFF maak die meeste lawaai. EFF is aggresiewe intemiderende molesboewe wat noual grond steel. Dit kan jy van die korrupte party verwag en hul opposissie ANCrimenals moet die mense huise gee.

zahn ·

Onthou, dit is wat vir hulle belowe is. Die huidige EFF was daardie tyd almal deel van die anc, wat die beloftes gemaak het, nou hits hulle die mense weereens aan, die slag om goedkoop propoganda teen hul vorige keiser te kry. Hul huidige keiser was, soos verwag, nie beskikbaar om kommentaar te lewe nie.
Niks gaan veander voor die spul wat dans, nie agterkom hulle word gebruik nie. En dit gaan nie gou wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.