“Nou dat daar bewyse is, doen die EFF ʼn beroep op die SAID om Lonmin en sy direkteure te ondersoek met die doel van kriminele vervolging in gevalle waar daar bevind is dat daar opsetlike belastingontduiking was,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.
Ndlozi het verontwaardig reageer op berigte dat Lonmin sowat R200 miljoen se kommissies betaal het aan ʼn maatskappy in Bermuda, waar geen regulasies en belasting voorkom nie.
“Wat dit beteken is dat Lonmin, waar mynwerkers vermoor is en Cyril Ramaphosa ʼn direkteur is, beweer het dat hulle nie geld het om werkers ʼn minimumloon van R12 500 te betaal nie, terwyl hulle in realiteit miljarde rande na belastingtoevlugoorde verskuif,” het Ndlozi gesê.
Dit volg na ʼn berig in die Mail & Guardian oor getuienis wat by die Farlam-kommissie aangehoor is. ʼn Beampte van Lonmin het vroeër die week getuig dat die maatskappy tot en met 2012 kommissies aan die maatskappy in Bermuda oorbetaal het. Die betalings is stopgesit weens weerstand van Lonmin se plaaslike filiaal Incwala. Volgens die berig het Ramaphosa se Shanduka-groep ‘n beherende aandeel in Incwala.
Die Farlam-kommissie is op die been gebring om ondersoek in te stel na die voorval in Augustus 2012 waar 34 mynwerkers by Marikana doodgeskiet is.
Is daar al bewys dat Malema sy uitstaande belasting betaal het? Bermuda is ‘n belasting skuilplek…Wie het almal daar rekeninge ? maar die ontduiking t.o.v. die betalings moet hier betaal word sonder versuim of summier beslaglegging op eiendomme en privaat besit van die skuldiges.en ook die name moet bekend gemaak word.