Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê Gwede Mantashe, ANC sekretaris-generaal, se uitlatings hieroor is “siek waarnemings”.
“Mantashe dink elke dag neerhalende etikette uit en probeer dit aan die EFF toeskryf maar misluk voortdurend daarin omdat die EFF net sterker en sterker word,” Ndlozi gesê.
Matashe het Dinsdag gesê dat die EFF rooi uniforms gebruik om steun te mobiliseer op dieselfde wyse as Hitler se Bruin Hemde.
“Natzi’s het nie begin deur Jode dood te maak nie. Hulle het begin deur beloftes te maak…bruin hemde as uniform te vervaardig, die gemeenskap te mobiliseer en eers toe hulle in beheer gekom het, het hulle Jode begin doodmaak en hulle in konsentrasiekampe gesit.”
Mantashe sê die vergelyking kan geregverdig word deur ‘n politieke analise van Julius Malema se EFF.
Die EFF het egter Mantashe se uitlatings verwerp.
“Hoe op aarde kan ‘n komitee van mense wat veronderstel is om Suid-Afrika te lei tot die gevolgtrekking kom dat die EFF ‘n Nazi-geïnspireerde organisasie en beweging is?” het Ndlozi gevra.
“Die EFF het niks met die Nazi’s te doen nie en word nie deur Hitler geïnspireer nie.”
Die EFF beskryf homself as radikaal, links, anti-kapitalisties, en anti-imperialisties.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Hond eet Hond.
Bejeen maar hierdie tendens met erns. Dit is n werklikheid in ons land se geskiedenis wat baie donker gaan word. Geestelike weerbaarheid behoort ons preoriteit te wees.
Hier kom moeilikheid… met n hoofletter M. Malema gaan nog baie probleme veroorsaak. Die regering sal die ou moet of vasvat of …………
Ou Julius is reg–hulle is nie Nazis nie, hulle metodiek is soos die Nazis. Maar diesefde geld ook vir die ANC. Hulle Regstellende Aksie beleid met BEE voortvloeiend daaruit, is dieselfde as wat Hitler in 1933 in sy Nuremberg deklarasie oor die Jode aangekondig het. Hitler was die uitvinder van regstellende aksie, met die doel om die Jode op alle gebiede , maar veral op ekonomiese gebied te isoleer, sodat hulle uit desperaatheid uit Duitsland sou emigreer. Dit presies wat by ons gebeur. Die wittes is in dieselfde bootjie as die Jode. Hitler het beveel dat die bevolkings samestelling op… Lees meer »
Het Siener van Rensburg nie voorspellings/visioene gehad van die “Rooi Gevaar” nie? Vra ook maar net!