EFF: ‘Ons is verstom oor wetteloosheid in SA’

EFF (Foto: Facebook)

Die EFF het Saterdag teen die regerende party uitgevaar en onder meer gesê hy is “verstom oor die wetteloosheid” in Suid-Afrika.

Mbuyiseni Quintin Ndlozi, ʼn woordvoerder vir die party, het in ʼn verklaring gesê daar is geen polisie-doeltreffendheid in die land nie omdat die polisiediens disfunksioneel is. Hy het ook gesê die ANC slaag nie daarin om ʼn voorbeeld te stel of gesag af te dwing nie omdat die party bestaan uit ʼn groep “misdadigers”.

“Die wetteloosheid is sigbaar van die leiers in die hoogste posisies in die regering wat openbare fondse steel en niks oorkom nie tot en met die laagste boewe op die strate wat die land se wette oortree ten aanskoue van duisende en met wie daar óók niks gebeur nie.”

Ndlozi het die ANC gekritiseer omdat niemand nog in verband met die moord op Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris van die ANC-jeugliga, in hegtenis geneem is nie. Magaqa is vandeesweek dood ná ʼn skietvoorval in Julie. Hy was een van drie ANC-raadslede van die uMzimkhulu-munisipaliteit in KwaZulu-Natal wat op 13 Julie geskiet is terwyl hulle saam in ʼn plaaslike winkel was.

Hy het ook die polisie gekritiseer omdat hulle nog nie iets aan die konflik en geweld tussen Uber-bestuurders en metertaxis gedoen het nie. Hy het verwys na die voorval waarin drie voertuie Donderdagaand in Sandton aan die brand gesteek is te midde van die konflik tussen die twee partye.

Ndlozi het gesê om alles te kroon het die ANC ook steeds niks gedoen aan Bheki Ntuli, Ethekwini se streeksekretaris, wie se lyfwagte gewere rondswaai en gewelddadige uitlatings in ʼn video op sosiale media gemaak het nie.

“Op grond hiervan sê ons daar is geen polisiedoeltreffendheid nie omdat die regering in wese disfunksioneel is,” het hy gesê. “Gewone mense op straat is gefrustreerd omdat misdaad aan die orde van die dag is. Die ANC is bang vir kriminele omdat hy bestuur word deur kriminele en kriminele boonop beloon. Die ANC gee die samelewing oor aan kriminele.

“Die samelewing moet verdedig word van ʼn kriminele regering en misdadigers wat ons mense hul basiese dienste en vryhede weier. Ons is op ons eie want die departement van polisie stel net belang in sosiale media.”

Die polisie het nog nie gereageer op die EFF se uitlatings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Boland ·

Nou kom julle by maar dis te laat julle het almal vir JZ gestem.Moenie nou kla nie.

Adam ·

Vanwaar die helder oomblik in die geledere van die EFF. Hulle is verbaas oor die wetteloosheid en ek is verbaas oor hulle reaksie. Waaragtig een van die mooiste voorbeelde van waar die pot vir die ketel daarop wys dat hy nie “skoon” is nie. UIters komies.

Johanna Botha ·

Julle se dan beset grond onwettig en kyk hoe tree julle op in die parlement …en luister na wat julle leier se …hoef mens meer te se !

Arie ·

Jip as jy dalk te na aan die waarheid kom word dit nie geplaas nie

Protes ·

Net soos in die apartheidsjare,komunistiese Rusland waag dit om n ander mening te lug en jy word gesensor

Hanna ·

The pot calling the kettle black?! Die EFF is mos n mooi voorbeeld v wet en orde. Ek lag sommer hardop.

JWM ·

Dit klink kompleet soos n veldtog om stemme/ondersteuners te werf?

Toppie ·

EFF is dan die toonbeeld van wetteloosheid – hoe praat hulle dan nou!!!

Apache ·

Hulle praat mos nou met gesplete tong. hulle het die boog gespan en skiet hulself nou in hul agterwerk.

Johan ·

Malema se ondersteuners is verantwoordelike vir die geweld op die universiteite en plaasaanvalle.

Buitestander ·

ANC veroordeel net die geweld en doodslag en saak is gesluit.

Sputnik ·

Hoe het ‘n vriend van my nie altyd die gesegde verdraai met “Mense wat in glashuise woon . . . . . . moet in die donker uittrek!” nie.

Toppie ·

EFF veroordeel moorde op raadslede en Uber bestuurders maar was nog altyd doodstil oor plaasmoorde wat deesdae allerdaags is.

De Villiers ·

Ses van die een en ‘n half dosyn van die ander. Die EFF se leier moes hierdie jaar al ‘n paar keer in die hof verskyn oor sy uitsprake wat geweld en wetteloosheid aanblaas. Nou hoe nou, EFF?

Stan ·

Ag ASSEBLIEF!! Dit is nou nie asof die EFF onskuldig is nie. Hulle is die grootste sonnebokke. Dit is frustrerend as waardes en die werklikheid verdraai word om hulle persoonlike agenda te pas.

Boetman ·

Hulle is die grootste aanhitsers van wetteloosheid. Hulle is so verward, daarom praat hulle so deurmekaar.

Akademi Buktu ·

Liewe EFF, moenie die bydrae van POPCRU die afgelope 20+ jaar vergeet nie. Hulle het immers voorgeloop om slegtigheid in die Polisiediens te laat vestig.

FM ·

Amper lag ek nou hardop vir die eff stelling. Wragtag. Ek het baie jare gelede so n
skynheilige stelling gelees. Eff is die voorloper as dit by wetteloosheid kom. Vertel daai grappie vir mense wat eff sal glo. Het sir malema al ooit n woord gerep oor plaasmoorde. Nee, stellig nie. Eff saai die meeste anargie. Pla jul gewete julle nie as julle sulke snert kwytraak nie. Begin eers by julle self. Geen skaamte. Blaffende honde maak die meeste geraas!!!!

Eish ·

Julius was bietjie uit sirkulasie met die eise van die huwelik asook die honneurs in filisofie.
Welkom terug in die helhool.

jennefer ·

Ek ervaar die wetteloosheid selfs by ons. Mense stop nie meer by stoptekens, jaag asof die duiwel agter hul aan is, padwoede,n geskel en gevloek.kinders wat dink dit is “cool” om in eksamens oneerlik te wees………..

DS ·

Hypokrate!!!! Wat van al die boere wat vermoor is – wat al jare niemand in hegtenis geneem is nie- maar nou verwag julle die polisie moet onmiddelik spring omdat julle so se? Regtig!!

Adrian ·

O ja en wie stook studente op, wie gooi petrolbomme in kampus geboue jul leef vir geweld tot in die parlement , nee wat EFF julle is die voorbokke met geweld en misdaad

Vuisfoos ·

EFF is reg. As die ANC (dan volg die polisie ook) die korrekte Etos onderskryf dan sal selfs die EFF tweekeer moet dink voordat hulle iets aanvang. Dit sal n wonderlike dag wees.

Adam ·

Vanwaar die helder oomblik in die geledere van die EFF. Hulle is verbaas oor die wetteloosheid en ek is verbaas oor hulle reaksie. Waaragtig een van die mooiste voorbeelde van waar die pot vir die ketel daarop wys dat hy nie “skoon” is nie. UIters komies.

anoniem ·

Ek was op die punt om `n verskriklike lang kommentaar te skryf maar wat help dit,soos julle sê van die “pot” en die “kettle” en gesplete tonge en glas huise….maar laat ek julle een ding se ek is bly ek is nie hulle wat eendag moet antwoord nie…

Wat nou ·

Was dit 1 April of verbeel ek dinge . Sorry moes seker virkeerd gelees het

donker duiwel ·

Wat noem jy ‘n krimineel wat ander kriminele kriminele noem ?

Afrikaanse Knaap ·

En gelukkig het hy en sy party darem nog nie ons “Afrikaner Boys” begin uitmoor nie. Kan jy die wetteloosheid wat gaan volg indink.
En die EEF steel klaar grond.
Hulle het geen plek op die “moral high ground” nie.

Uvonka ·

Iemand moet ‘n JOKE party stig, daar sal baie lede wees! Ai kan net kop skud!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.