EFF ontken betrokkenheid by VUT-geweld

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Verskeie jeug- en studente-organisasies het Donderdag die geweld op die kampus van die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) se Vanderbijlpark-kampus veroordeel en die EFF beskuldig dat dié party verantwoordelik is vir geweld by die instansie.

Die ANC-gesinde Sasco en die Young Communist League of SA (YCLSA) het gesê betogings by tersiêre instansies gaan gereeld met geweld gepaard sedert die EFF drie jaar gelede die politiek betree het.

“Vandat die EFF die politieke ruimte betree het, het hulle onderrig-ruimtes as hul primêre plek vir anargie geteiken. Sasco is ʼn voorstaander van wettige betogings om ons ontevredenheid weer te gee, maar ons is uiters bekommerd oor die sub-kultuur van vernietiging van eiendom wat gedurende die betogings gesien word. Hierdie is ʼn berekende taktiek wat daarop gemik is om onstabiliteit in die land te veroorsaak, aangesien hulle [gewelddadige betogers] geen belangstelling in die strewe na akademiese uitnemendheid en sukses het nie,” het die organisasie gesê.

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Sasco het gesê die geweld by die VUT moet ondersoek word en die skuldiges moet vervolg word. Die universiteitbestuur moet terselfdertyd aandag gee aan die studente se ontevredenheid om sodoende studente toe te laat om in ʼn veilige omgewing vir eksamens voor te berei.

Maroela Media het vroeër berig die VUT het alle lesings Donderdag gestaak nadat betogende studente geboue en ander kampuseiendom aan die brand gesteek het.

Khaya Xaba, die sekretaris van die YCLSA, het Donderdag gesê die EFF se studentekommando (EFFSC) is “bekend vir sy anargistiese optrede”.

“Die YCLSA vermoed dat die EEFSC, wat bekend is vir sy anargistiese optrede, by die VUT-betoging betrokke was. Ons veroordeel die gebruik van verwoesting om belangrike kwessies te opper en eweso veroordeel ons die persone wat ware studente-kwessies kaap vir hul eie politieke agendas,” het Xaba gesê.

Mpho Morolane, president van die EFFSC, het die bewerings teen die organisasie ontken en gesê Sasco “gebruik enige taktiek” om universiteite terug te wen. “Hierdie is nie die eerste keer wat bewerings teen die EFFSC gemaak word nie. Sasco soek die universiteit [VUT] terug nadat hulle dit verloor het en sal voortgaan om die EFFSC af te kraak,” het Morolane gesê.

“Die studente identifiseer met die EFFSC en ons beleid. Ons respekteer die wet en die grondwet in hierdie land en keur nie enige beskadiging van eiendom goed nie.”

Hy het gesê pogings om Donderdag met Irene Moutlana, vise-kanselier en hoof van die universiteit, te vergader was onsuksesvol nadat sy die studente en personeel opdrag gegee het om teen 14:00 die kampus te ontruim. “Ons sal voortgaan om by die VUT te betoog totdat daar gehoor gegee word aan ons eise, maar ons sal nie die beskadiging en brand van universiteiteiendom duld nie,” het Morolane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Ja sure …wys my net 1 ding wat eff opgebou het ….afbreek is hulle kenteken en kultuur van vewoesting en anargie

genoeg is genoeg ·

Waar is die minister van onderwys oor die eff wat net plunder en afbrand. Het daar al ooit enige blanke kinders enige skool of universiteit geplunder en aan die brand gesteek. Van die anc aan bewind is het ons land net meer en meer agter uit gegaan om nie eers van onderwys te praat nie

Oom Kalahari ·

Die EFF leierskap en volgelinge is alom bekend vir hul negatiewe benaderings en optredes en sal geensins verbaas wees dat hul betrokke is en of verbind kan word met die VUT geweld. Oral waar die EFF Studente Kommando’s betrokke raak is dit geweld, dreigings, beskadigings, brande en hul saai net onmin en opstokery.

Theresa ·

Ek glo nie die EFF nie. Die geweld, wanorde en vandalisme is tiperend. As mens nie so uitgeken wil word nie, moet jy dit nie ‘n gewoonte maak nie en beslis nie so luidkeels ‘n show gee oor als nie.

Oosie ·

Ek werk by ‘n baie groot Univ. in Pretoria wat een van die skoonste en netjieste plekke in die land is. Verlede jaar was ek oppad na ‘n toets toe ek verby ‘n lokaal loop waar die EFF studente vergader het. Ek kon nie help om te hoor hoe negatief die spreker was nie en hy het baie duidelik gese dat dit nou lank genoeg vreedsaam op hierdie kampus was en dat hulle gaan sorg dat die hel hier losbreek en dat akademiese instellings landwyd onregeerbaar gemaak moet word. Hulle kan dus nou maar walgooi soos hulle wil, ek het dit met my eie ore gehoor. Hulle beskik nie oor die vermoë om die waarheid te praat nie want hulle is absoluut geweldadig georiënteerd, presteer akademies uiters swak en dit is ‘n groot bron van kommer dat hulle die arbeidsmag met hierdie oortuigings gaan betree. Hulle is beslis nie deel van die intelligensia nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.