EFF ontken hy finansier #OccupyLuthuliHouse-veldtog

MK-veterane by die #OccupyLuthuliHouse-veldtog op 5 September 2016 (Foto: @eNCA, Twitter)

MK-veterane by die #OccupyLuthuliHouse-veldtog op 5 September 2016 (Foto: @eNCA, Twitter)

Dali Mpofu, voorsitter van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag bewerings deur die ANC-jeugliga ontken dat hy agter die #OccupyLuthuliHouse-veldtog sit en R5 miljoen aan die organiseerders gegee het wat hy van Amerika ontvang het.

“Ek het nog nooit eers gehoor van [ANC-jeugliga-sekretaris Njabulo] Nzuza tot vanoggend nie,” het Mpofu aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Die ANC moet ophou om sondebokke, derde magte en spoke te soek. Die probleem lê binne die ANC, hy is verwerp, nie deur ons nie, maar die mense van Suid-Afrika.”

Nzuza het vroeër aan PowerFM gesê Mpofu het R5 miljoen, wat hy van die VSA ontvang het, aan die organiseerders gegee om pres. Jacob Zuma en die hele nasionale uitvoerende komitee van die ANC te versoek om te bedank.

Die #OccupyLuthuliHouse-betogers het Maandag ʼn blok van die ANC se hoofkantoor vergader om ʼn memorandum van griewe teen die regerende party se leierskap te oorhandig.

Lede van die Umkhonto weSizwe-vereniging vir militêre veterane en die ANC-jeugliga, wat onderneem het om die hoofkantoor teen betogers te beskerm, het opgedaag en voor die gebou revolusionêre liedere gesing wat Zuma se lof besing.

Die MK-veterane het die pad na Luthuli House versper om die betogers te verhoed om die memorandum te oorhandig.

Mpofu het gesê die ANC voer met homself oorlog. “Sy leiers veroordeel daagliks mekaar se uitlatings. Dit is in algehele wanorde. Vryheidsbewegings sterf op dieselfde manier wat die ANC sterf deur van propaganda-instrumente gebruik te maak, soos uitlatings dat hy sal regeer tot Jesus terugkom en so aan. Dan gryp hulle die staat en dan begin die staat verval – tot op ʼn punt waar jy nou kan sien hoe MK-lede party-lede aanval,” het hy bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor #OccupyLuthuliHouse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anti regering ·

Nooit gedink ek sou dit ooit sê nie maar ek stem volkome saam met juju toe hy vroeër uitgevaar het teenoor die Mk lede en die wat nog aan die anc vasklou die skip sink aanvaar dit en wees deel van die oplossing en nie die probleem

Johan Esterhuizen ·

Aitsa dit mos nou die regte plek waar hulle moet gaan vrae stel by die groot koppe wat net vat maak nie saak wie en wat in die slag bly nie

Ouman ·

Die ou spul MKs lyk asof omval hulle voorland is. Hulle is nou vol lawaai en bravade maar as ek reg onthou was hulle enigste suksesse die bomme wat meestal onskuldige mense gedood en beseer het. Wegkruip en weg hardloop was hulle modus operandi. Nooit regtig aan enige veldslae of gevegte deel geneem nie maar nou is almal skielik helde. Wonder hoeveel van die spul wat die ANC kantore “beskerm” het vandag was werklik MK “soldate”

snoefie ·

onthou wie hulle leier was. hulle weet waartoe hy in staat is.

John ·

Die MK’s leef lekker op belastinggeld en met beleggings gemaak in die dae van groot skenkings uit Europa vir die sg onderdruktes; geld wat nooit afgewentel is na ANC-ondersteuners nie: ‘Fat cats’ wat nie hul droomlewe wil opgee nie en soos die’ in Zimbabwe wag vir nog meer lekkertes… Ons weet wie hul nessies veer. Hulle duidelik ook.

Nico ·

Stem saam met ouman hulle was n klomp bang gatte wat weggehardloop het en gaan weg kruip het ek dink die anc se vroue-jeug liga moet ook ondersoek word vir hulle aandeel kyk of hulle onskuldig is

vermeende ·

Jammer ons kan nie foto’s hier deel nie, ek het hordes uit die 80’s

Donovan ·

Se die Bybel nie in die laaste dae sal broer teen broer opstaan nie… Ek moet se die is vir my die selfde gemors as wat hier bo in Afrika aan gaan… waar kom die manne aan hulle uniforms, en as ek so moet kyk lyk daai uniform van daai mannetjie daar voor nog redelik nuut en daai man het ook nog nie eers baard nie, hoe is dit moontlik dat hy n veteran is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.