EFF ontken skeuring

Julius Malema spreek ondersteuners toe in Marikana, Noordwes Foto: Economic Freedom Fighters

Julius Malema spreek ondersteuners toe in Marikana, Noordwes Foto: Economic Freedom Fighters

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag mediaberigte oor ʼn skeuring in die party ontken.

“Die EFF verwerp bewerings dat die oprigting van algemene vakbonde tot ʼn skeuring in die party gelei het,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, in ʼn verklaring gesê. “Dit is moedswillige berigte wat die waarheid verdraai.”

Ndlozi sê die persone wat ʼn vakbond op die been gebring het, het die publiek mislei, aangesien die EFF geen besluit geneem het om ʼn vakbond te stig nie. The Times het berig dat Eddie Mothiba, die tussentydse uitvoerende hoof van die National Trade Union Congress, geskors is. Die koerant het berig dat lede van die EFF die vakbond verlede maand gestig het, maar leier Julius Malema het homself hiervan gedistansieer.

Benjamin Disolwane, die EFF se sameroeper in Pretoria, het Saterdag aan Mothiba gesê hy is uit die party geskors en word verbied om aan enige EFF-bedrywighede deel te neem, volgens die Times-berig.

Ndlozi het gesê die party gaan nie ʼn vakbond op die been bring nie, maar sal eerder by vakbonde van sy keuse aansluit. Die party steun steeds openlik die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) in die mynbedryf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kelly ·

Everything you fear, will come over you..By destroying ‘all white’ history, their fear is seen and heard everywhere. By denying it, doesn’t make it less believable. Running scared and being threatening, not working my ou. Ons sien deur jou! Die Afrikaner speel die speletjie al baie jarre…dit krap ons net meer om. Skeuring …ons laaik kwaai! Wie laaste lag, lag die lekkerste en die langste en hardste.
At the moment we are smiling out loud! Elke hond kry sy dag maar ‘n straatbrak, ‘n lang naweek.Aan alle ons mense, sit terug en geniet die show. Every moment a fool is born again, and again and agian and again don’t get tired yet. It is just the beginning of their end!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.