EFF onttrek steun aan mosie om burgemeester in UDM te ontsetel

Mongameli Bobani. Foto: NMB-metro/Twitter

Die EFF in Nelson Mandela-baai het Dinsdag sy steun onttrek aan die DA se mosie om Mongameli Bobani, burgemeester van die metro, in die United Democratic Movement (UDM) te ontsetel.

Die EFF het Dinsdag in ʼn brief gesê daar is geen sekerheid dat Bobani nie deur iemand in die DA vervang sal word nie en het dus tot die besluit gekom om sy steun te onttrek.

Yazini Tetyana, voorsitter van die EFF in die Oos-Kaap, het gesê die party het dié besluit goed deurdink.

Die Patriotic Alliance (PA), die African Christian Democratic Party (ACDP) en die Congress of the People ondersteun die mosie deur DA-raadslid Morne Steyn.

Volgens Tetyana wil die EFF ook nie met die PA verbind word nie. “Hulle kan nie vertrou word met dié aangeleenthede nie,” het hy gesê.

Die EFF in Nelson Mandela-baai sal nou vir verdere opdragte vanaf die nasionale leierskap wag. “Die nasionale leierskap sal die kwessies hanteer ná hy met ander partye beraadslaag het,” het Tetyana verduidelik.

“Daarom sal die EFF nie aan die mosie deelneem nie en moet hy hom daaraan onttrek.”

Die Nelson Mandelabaai-raad sal na verwagting Donderdag ʼn mosie van wantroue teen Bobani bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boetman ·

Dit sal regtig gaaf wees as die NMBM -raad (alle partye ingesluit) ophou met hierdie politieke speletjies en begin aandag skenk aan dienste lewer waarvoor die inwoners betaal. Mens wonder wanneer laas is daar ‘n behoorlike raadsvergadering gehou waarin aandag aan dienslewering gegee is.

Nico K ·

Boetman, dit help nie jy woon vergaderings by as niemand na jou luister nie. Die meerderheid doen wat hulle wil. Hierdie is bloot ‘n poging van die DA om invloed te kry.

Verbysterend ·

Die Beachview vakansie-oord in NMM is verwoes, nou is dit die stad se beurt. Net n kwessie van tyd. Gaan kyk maar self hoe lyk die vakansie-oord , tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.