EFF onttrek van tugproses

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en ander LP’s van die party het Dinsdag opgestaan en uitgestap tydens hul parlementêre tugverhoor.

“Dit is ons oorwoë mening dat Baleka Mbete [speaker van die parlement] voor die komitee moet verskyn, aangesien sy onwettige dreigemente teenoor lede van die EFF gemaak het,” het Malema in sy voorlegging aan die parlement se komitee oor regte en voorregte gesê.

“Dit is ook ons oorwoë mening dat sy aangekla moet word, aangesien die Nasionale Vergadering in duie gestort het weens ʼn gebrek aan geduld en leierskap en sy toegegee het dat sy dit ‘verloor’ het.” Volgens Malema wil die parlement en die ANC bloot die EFF verneder.

Die EFF-LP’s het gesê hulle wil niks verder met die tugproses te doen hê nie waarna hulle opgestaan en geloop het.

Die LP’s het verlede maand chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl Zuma besig was om vrae te beantwoord oor Nkandla. Hulle het “betaal die geld terug” begin dreunsing. Die EFF se LP’s kan vir tot 14 dae geskors word indien hulle skuldig bevind word.

Die EFF het vroeër die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn dringende interdik te bekom in ʼn poging om die proses vir eers te keer. Die aansoek is egter van die hand gewys.

Kliek hier vir vorige artikels oor die EFF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jjobson ·

EFF–EFFEKLOSE FLENTERSE FAMILIE, hulle moet opleiding in RESPEK en DISSIPLINE kry, want dit kom hulle kort. Los ZUMA se here woning uit, en bepleit werk vir die werkloses en behuising want ons mense krepeer in ARMOEDE.

Drieks ·

jjobson ek stem vir die werk en om mense werk te gee. Maar hoe kan jy zuma se wooning verdedig. Hoe moet Malema respek betoon teen iemand soos zuma. Ons moet begin reg dink en werk sal meer word. zuma jaag beleggers weg.

Kosie ·

Mooi Julius, gooi daai slang in die duiwehok dat daai Zuma en sy pionne goed geskud word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.