EFF ontwrig Gautengse provinsiale rede

Argieffoto

Argieffoto

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag David Makhura, Gautengse premier, se provinsiale rede ontwrig.

eNCA het berig die ontwrigtinge is deur EFF-LPW Mandisa Mashego gelei.

Speaker Ntombi Mekgwe het probeer om ʼn einde aan die onderbrekings te bring. EFF-lede het egter hardop gelag terwyl ander die woorde “punt van orde!” geskree het.

Een van die EFF-LPW’s het geskree: “Die premier lieg!”

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, se provinsiale rede moes Vrydag onbepaald uitgestel word nadat ANC-lede haar toespraak twee keer onderbreek het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Laat hulle vir hulle kry!!! Wat jy saai sal jy maai. Nou kry hulle hulle eie medisyne terug.

Hendrik ·

Dit lyk nie vir my of die demokrasie so goed werk nie. Die minderhede het geen invloed op die demokratiese bestel nie. Is Selfbeskikking die enigste oplossing en die middelpad waarvan Professor Danie Goosen van praat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.