EFF ontwrig Grondwetvieringe

Pres. Jacob Zuma lê blomme neer by die Sharpville-gedenkteken tydens die Grondwetherdenkingsvieringe. Foto: Twitter via GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma lê blomme neer by die Sharpeville-gedenkteken tydens die Grondwetherdenkingsvieringe (10 Desember 2016). Foto: Twitter via GovernmentZA

Raadslede en ondersteuners van die EFF het Saterdag probeer om pres. Jacob Zuma se toespraak by die 20ste herdenkingsviering van die Suid-Afrikaanse Grondwet in Gauteng te ontwrig.

Kort voordat Zuma die skare by die George Thabe-sportterrein in Sharpeville tussen Vereeniging en Vanderbijlpark sou toespreek, het 20 EFF-lede geklee in EFF-drag opgestaan en anti-Zuma-slagspreuke begin dreunsing. Zuma se presidensiële beskermingseenheid het vinnig gereageer deur dadelik die EFF-lede na buite te vergesel van waar hulle voortgegaan het om Zuma te beledig.

Zuma het aan die skare gesê mense moet ander se regte respekteer, ongeag hul verskille. “As jy wil hê jou regte moet gerespekteer word, moet jy ook ander se regte respekteer.”

Die EFF het vantevore al herhaaldelik gesê die party erken nie Zuma as die president van die land nie omdat hy sy ampseed oortree het. Zuma moes in Maart aan Suid-Afrika om verskoning vra nadat die konstitusionele hof bevind het hy het sy ampseed oortree deur die Grondwet te verontagsaam en nie die regstellende stappe soos in die openbare beskermer se Nkandla-verslag uiteengesit, uit te voer nie.

Daar was Saterdag weer ʼn gespanne atmosfeer by die viering toe EFF-lede geweier het om op te staan en Zuma te erken toe hy by die markiestent ingestap het om sy toespraak te lewer. Terwyl die skare die nasionale volkslied gesing het, het EFF-lede ook dadelik gaan sit toe “Die Stem”-gedeelte gesing word.

Vandag is 20 jaar nadat die Grondwet deur voormalige pres. Nelson Mandela by Sharpeville op 10 Desember 1996 onderteken is.

Zuma het vroeër tydens die viering by Sedibeng se Constitution Square in Vereeniging sy toegewydheid aan die Grondwet belowe.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het Zuma se deelname aan die viering veroordeel en gesê Zuma het tydens sy termyn as president “nog net teen die Grondwet gewerk”.

Hy het gesê die samestellers van die Grondwet het ʼn eerlike en verantwoordbare president in die vooruitsig gestel, asook ander instansies waarvan die gesag direk uit die Grondwet afkomstig is. “Dit is daarom ʼn jammerte dat daar bevind is dat pres. Jacob Zuma, wie se gesag uit die Grondwet afgelei is, die einste Grondwet wat hy belowe het hy sal handhaaf en verdedig juis ondermyn en oortree het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lance ·

eff breek net af en ontwrig …wat het hulle al opgebou ….noem net een ding asb ….ja NIKS !

Verıtas ·

Lance jy het skynbaar vergeet van dıe huıs wat hulle vır ‘n ou magog gebou het, buıte Nkandla. Moet darem ook byvoeg dat dıe plek na 3 maande, uıtmekaar begın val het.

De Villiers ·

Zuma se oggend en aandpraatjies stem weereens nie ooreen nie. Hy praat van respek vir onder ongeag verskille, maar hy self wat die voorbeeld van sy uitsprake moet uitleef, doen dit dan nie eens self nie. Hy het dan geen respek vir ander bevolkingsgroepe, soos die blankes, of vir die landswette nie. Respek word verdien, daarom kan hy nie respek verwag nie.

Jan ·

Uiters ironies dat iemand soos hy die woord voer by die geleentheid. So oneindig vêr van die realiteite.

GES ·

EFF was maar van die begin af dekonstruktief. Sou hulle verander sal niemand hulle ooit vertrou nie.

Moeg ·

Ou stortkop dink seker die grondwet het iets met erfbelasting te doen.

Verıtas ·

Moeg, wat laat jou dınk dat hy ooıt weet van ıets soos erfbelastıng? As hy Afrıkaans magtıg was, sou hy ın elk geval gedınk het dat ‘erfbelastıng’ ıets ıs wat sy kınders gaan betaal wanneer hy dıe emmer skop.

Johanna Botha ·

Snaaks ja die huis het self uitmekaar geval so ook afgebreek so daar is net mooi niks nie

Eddie de Jager ·

Mnr. Zuma se teenwoordigheid en huldiging van die grondwet is ‘n klap in die gesig van almal. My kommer is egter nie net Mnr. Zuma en sy binnekringe nie. Die EFF moet ons as blankes se fokus word. Die persentasie stem wat die EFF tydens die nasionale verkiesing en plaaslike verkiesing op hulleself verenig het wys hoeveel haat, onvergifnis, wraak en rassisme nog heers in SA. Hulle gedrag tydens die funksie weerspieël hulle houding op ‘n baie subtiele manier. Dit maak alles waarvoor die grondwet staan onklaar. Laat vaar die pittige grappies en parodieë oor Mnr. Zuma dit dra tot niks by behalwe ‘n aandag afleibaarheid van die werklike kwessies. Solank as wat die EFF doen wat hulle doen en sê sal geweld, haat, onvergifnis, wraak en rassisme seëvier. Dis geen resep vir ‘n goeie toekoms nie.

*Bestudeer die Kubaanse revolusie

Jan maak n Plan ·

Ek is so trots op die EFF. Hulle doen dieselfde dinge as wat die ANC doen net baie vinniger.

PMB ·

Die EFF se vlerke moet geknip word. Niks wat hulle doen is tot op bouing van ons land. Hulle kritiseer net en stook kwaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.