EFF ontwrig openbare sitting oor onteiening

(Foto: polokwane.gov.za)

ʼn Openbare sitting oor voorgestelde onteiening sonder vergoeding is Sondag in Polokwane gekanselleer, nadat ʼn groot skare mense op die perseel toegesak het en talle van hulle geweier het om aan afsonderingsregulasies te voldoen.

Die leier van die afvaardiging in Limpopo, adv. Bongani Bongo, het gesê LP’s en veiligheidswagte het aanvanklik ʼn oplossing probeer vind. “Die sitting sou aanvanklik om 11:00 begin het, maar weens die groot skare geklee in T-hemde van die EFF wat hul weg tot in die saal gedwing het, het die komitee besluit om die verrigtinge tot 14:00 uit te stel. Die saal het in daardie stadium reeds volle kapasiteit ingevolge vlak 1-regulasies bereik,” het Bongo gesê.

“Volgens die aanvanklike berig wat ons gekry het, het ʼn groot skare ondersteuners geklee in ANC-T-hemde die oggend eerste by die saal aangekom. Soos die reëls bepaal wat tot dusver by alle openbare sittings gevolg is, is hulle toegelaat om te registreer en die saal binne te gaan.”

ʼn Groep mense, geklee in EFF-drag, het later opgedaag, besef die saal is bykans heeltemal vol en hul weg tot binne gedwing, het hy gesê.

Die vergadering is daarna tot 14:00 uitgestel. Die skare het egter steeds geweier om aan die regulasies te voldoen en mense geklee in rooi het die ingang na die perseel versper. Daar was ook berigte dat iemand ʼn wapen ingeneem het.

Bongo sê die sittings het tot dusver ordelik plaasgevind en dat Sondag se gebeure ʼn uitsondering was.

“By die vorige drie verhore het EFF-ondersteuners vroeg opgedaag, die saal volgepak en is hulle toegelaat om vryelik te praat. Ander deelnemers moes buite wag vir ʼn spreekbeurt.

“Ek dink dit sou net regverdig van hulle gewees het om dieselfde hoflikheid waarmee hulle behandel is, aan ander te bewys.”

Bongo sê hulle het begrip dat die kwessie van onteiening sonder vergoeding ʼn sensitiewe en emosionele saak is en dat die meeste politieke partye wat die voorstel steun, in die voorste linies gesien wil word.

“Wat [Sondag] gebeur het, is beslis nie die manier om dit te doen nie. Dit moet ten sterkste veroordeel word omdat veiligheid- en gesondheidsbepalings oortree is en menselewens in gevaar gestel is,” het Bongo gesê.

Hy sê daar is net twee partye in die parlement wat die voorstel oor onteiening steun – die ANC en die EFF – en dit was dus verrassend dat ondersteuners geklee in EFF-drag die sittings ontwrig het.

Die ANC se parlementêre koukus het die EFF se ontwrigtende optrede intussen ten sterkste veroordeel.

Pemmy Majodina, hoofsweep, sê die EFF voer aan dat hy mense se aspirasies verteenwoordig, maar dat anargie en ongebreidelde wetteloosheid gesien kan word in die manier waarop die EFF private ondernemings ontwrig en grond onwettig beset.

“Dit is ʼn gevaarlike patroon wat die oppergesag van die reg probeer ondermyn en deur wetstoepassingsowerhede in die kiem gesmoor moet word,” het Majodina gesê.

Die ANC sê sy eie lede het by die regulasies gehou. “Die ANC veroordeel die skandelike optrede van die EFF in Polokwane, wat gekies het om verrigtinge te ontwrig nadat hulle laat opgedaag het, ten sterkste.

“Die EFF het ʼn verantwoordelikheid om die oppergesag van die reg in ʼn konstitusionele demokrasie te beskerm en moenie ʼn bespotting van openbaredeelname-platforms maak wat daarop gemik is om historiese ongeregtighede reg te stel, deur onregmatig op te tree nie.”

Bongo het gesê ʼn besluit oor of die openbare sitting in Polokwane nou in ʼn latere stadium gehou gaan word, sal later geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Die rooi petters kan hulself net NIE gedra nie! Geen respek vir enige iets nie en ontwrig altyd als. Wonder wie het die vuurwapen in gevat mmmmmm

Jakes ·

Wetteloosheid en onordelike gedrag is aktyd die norm van die

Jakes ·

Wetteloosheid en onordelike gedrag is altyd die norm van die EFF. Die ANC wat die gedrag veroordeel beteken niks nie want Malema en sy party mag doen en se net wat hulle wil en niks gebeur met hulle nie.

Trotse Boervrou ·

“Rent a crowd” sal die inding wees in die toekoms. Enige iets vir ‘n T-shirt, hamburger, ens. Hulle het met Clicks daarmee weggekom, hul het in Senekal daarmee weggekom en hulle gaan vorentoe daarmee wegkom aangesien daar GEEN gevolge vir hul aksies is nie. Welkom by SA se “nuwe Regering” want die huidige een bestaan nie meer nie! Nou is dit elke ou vir homself!

Adam Adriaan ·

Ja die EFF kan alles venietig en breek tot ‘n Anvil(Aambeeld)

Blikke ·

En in die proses kon hulle glad nie agterkom dat hulle hulleself so pas in die poot geskiet het nie. Daars nie pille vir die soort van redenasie nie.

Hennie J ·

Ja swaer dis swaar swaer.
Heel moontlik die woorde van die voorsitter aan sy Another Naughty Culprit pelle op die komitee to hulle gesprek voer oor die kleintjies se swak gedrag.

gatgogga ·

Die hele idee van openbare verhore is Ramaphosa se manier om gemoedere op te jaag.

Pieter ·

Maar eintlik pas dit die anc perfek. Ek is steeds oortuig die eff and anc werk saam “bad cop, worse cop”.

Pieter ·

bheki cele hat dan so mooi langs malema gaan in die hof by die nuutste plaasmoord.

Tokkel ·

Ek kan net nie glo dat die EFF ALTYD wegkom met hul openbare geweld nie. Wanneer gaan die howe hulle laat begin betaal??? Dit is ‘n skande dat ander mense volgens wet moet handel, maar die rooinarre kom weg.. Lyk my Cele en sy manne is bang om hulle vas te vat en die howe ook!!

Dries ·

Die EFF sal moet mooi trap van nou af, want hulle het ‘n standaard gestel in Senekal, waarby hulle nou sal moet hou. Ontwrigting en vandalisme is sterk veroordeel deur hulle leier. So wat nou?

Mariana ·

Met watter geleentheid ooit het die EFF bewys dat hulle ordelik en ordentlik kan optree. Hulle word gehuur en aangesê om hulle swak te gedra. Hulle is soos stout kinders. Tyd dat hulle ook die gevolge dra van hul optredes.

Jack ·

ANC en EFF, twee kante van dieselfde munt. ‘n Slim spel wat deur die swart massas gespeel word om die oë van die bal af te trek en die publiek te mislei. Verder kan die ANC hulleself as redelik en gematig voordoen en aan hulle stemvee en die buitelandse linkses voorgee dat hulle die goeies en redelikes verteenwoordig terwyl die EFF die revolusionêres is. Intussen sit ANC en EFF leiers saam in dieselfde bank en maak grappies oor hoe hulle die Boere mislei.

LiveAndLetLive ·

“Die ANC veroordeel die skandelike optrede van die EFF”

Mooi woorde, ons wag vir aksie, julle moes lankal iets aan Malema en EFF gedoen het – dit is nie langer aanvaarbaar dat hulle doen net wat hulle wil en selfs moord aanhits nie, skrik asb wakker en raak ontslae van die mal Malema en sy rent a crowd kriminele.

J ·

Blykbaar is Malema sélf ‘n ‘settler’ … sy regte familienaam is MAREMA … ‘n Zimbabwier? … ander bron sê hy is ‘n Ethiopiër van geboorte!

Ondersoek bietjie sy geboorte
sertifikaat en sy ouers?

Mrs H ·

Obstruction of Democracy!!! Terroristies. Krimineel. Hoort iemand nie in die tronk nie?

Derek ·

Dit is nie eens die moeite werd om enige kommentaar te lewer nie, eie belang is beide in die ANC en EFF optrede sigbaar.

Erika ·

En die ANC “spreek hulle sterk uit..Openlik ” .oor die EEF se gedrag Ne Terwyl hulle bloot twee verskillende takke van dieselfde Verotte boom is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.