EFF ontwrig staatsrede

Baleka Mbete, speaker van die parlement en Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies

Baleka Mbete, speaker van die parlement en Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies

LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdagaand gepoog om pres. Jacob Zuma te verhoed om sy staatsrede te lewer.

Hulle het verskeie versoeke aan die speaker, Baleka Mbete, gerig, onder andere dat hulle beskerm moet word teen polisiebeamptes wat gereed is om hulle met kabelbindertjies en “biologiese wapens” aan te val.

Zuma was teen 20:00 nog steeds nie in staat om met sy staatsrede te begin nie.

Mbete het tevergeefs probeer om die EFF-LP’s onder beheer te bring en LP’s versoek om die huis te verlaat indien hulle nie bereid is om na die president te luister nie.

Sy het LP William Madisha van die Congress of the People (Cope) versoek om die Nasionale Vergadering te verlaat.
Volg die staatsrede regstreeks

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Al ·

Hoekom beskerm die Parlement die ANC lede deur die mikrofone af te sit toe hul die DA beledig? Hul beskerm hulself!

Alida ·

Wat n gemors! Skandelik. Daar is nou miljoene rande weggegooi. Moet se die parades was manjifiek.

janneman ·

Mikrofone te laat afgesit, Baleka Mbete het hulle honde genoem(Hinja)…..hoop Afriforum vat haar ook MRK toe……

Kobus ·

Wou se ek het so iets gehoor…Janneman…maar was nie seker

Johann ·

Poppekas met poppemeesters galore! Hoop net almal weet wiet watter hand in watter pop…WHAHAHAHAHAHH! KYK WÊRELD…SO LYK DEMOKRASIE IN AFRIKA! Bring julle beleggings sodat die chaos wat julle sien befonds kan word…skuus; sodat julle die toonbeeld van SELFAANGEWESE SELF FUNDING kan finansier! Maar wag; daars meer….wag totdat julle hoor wat die HOOF POPPE MEESTER te braak het? Hys hoogs gekwalifiseer in manupilasie van feite en Staats kas gefinansierde friendskappe!

Kobus ·

Jy bedoel die hoofnar in SA…wat giggel en nie self sien hy is die rede hoekom demokrasie so lyk soos dit lyk…SKAAMTELOOS EN DIKVELLIG….vanaand was die aand dat hy moes doen wat enige mens met intregiteit sou doen….BEDANK

Alida ·

Genade nee dis erg. Wat dink die buiteland van ons. Boswel sirkus kan kom leer.

Alidi ·

Alida,
Vergeet wat die buiteland van ons dink.
Van wanneer af moet ons vir die buiteland in die galery speel.
Ons moet ons eie land regkry en goed regeer ongeag wat die buiteland van ons dink

Wanda ·

Passop waarvoor julle wens. Ten minste weet ons wie regeer die land! Verkeerde persoon as president en ons word rerig afgemaai soos vliee. Better the devil you know than the one you dont know.

Rynhardt ·

Vir jare ontwrig die EFF die staatsrede! Al hierdie goed word beplan agter die skerms.Onthou die EFF ondersteun die Anc se Vryheidsmanifes wat rewolusie uitspel.Beide die Anc en EFF is voorstanders van rewolusie.Parlement is dodelik siek en gaan nog meer siekerig raak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.