EFF ontwrig wéér parlement

Foto: @Sentletse op Twitter.

Foto: @Sentletse op Twitter.

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdagmiddag geweier om die Nasionale Vergadering te verlaat selfs nadat Baleka Mbete, speaker van die parlement, hulle beveel het om dit te doen.

Die EFF-lede het die verrigtinge ontwrig terwyl president Jacob Zuma vrae geantwoord het.

Mbete het Julius Malema, leier van die EFF, en sy mede-LP’s beveel om die Nasionale Vergadering te verlaat, aangesien hulle “nie ernstig is” oor die verrigtinge nie.

Zuma was besig om ʼn vraag te beantwoord of hy ʼn gedeelte van die geld wat vir die opgraderings aan Nkandla spandeer is, gaan terugbetaal.
Malema was ontevrede met Zuma se antwoord.

“Ek sal julle uitskop as julle nie luister nie,” het Mbete vir die EFF-lede gesê voor hulle begin sing het: “gee terug die geld”.

Mbete moes later die sitting verdaag en veiligheidswagte ontbied om die EFF-lede te verwyder.

Terwyl Zuma en ander LP’s verdaag het, het die EFF-lede egter agterbly en geweier om die Nasionale Vergadering te verlaat.

Floyd Shivambu, die EFF se hoofsweep, het vir Mbete geskree: “Jy sal ons nie verwyder nie!”

EFF-lede het meer as ‘n uur nadat hulle gevra is om die saal te verlaat, steeds geweier.

Talle polisiebeamptes het in die saal rondgestaan terwyl ministers Siyabonga Cwele en David Mahlobo met Malema probeer onderhandel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HEVW ·

n Lekker lat vir sy eie sitvlak gesny. Maar nouja, dit is ons toekoms. Voel die mense nie in die verleendheid met n besef dat die buiteland na hulle kyk nie. Miskien tog iets buite hul vermoe.

Peter Says ·

Hy werk goed op iemand se senuwees, ek sien iemand raak lekker maer.

Ant ·

Hier kom dit…. hulle ignoreer die reels van die parlement. Wat stop hulle om die lands wette te ignorer. Hulle maak eenvoudig soos hulle wil want niemand stop hulle nie.

En wat soek hulle?… Ekonomiese Vryheid, m.a.w. hulle eie besighede en plase sodat hulle nie vir die wit beheerde besighede hoef te werk nie. En ons weet hulle is nie van plan om dit te koop nie.

Die swart jonges van SA is besig om ‘n punt te maak, en die hededaagse swart jonges het nie die respek vir hul ouers wat ons in die verlede in SA gesien het nie. Hier kom Zuma se moeilikheid.

Zuma, of wie ookal nou die besluite maak, het twee keuses; gee hierdie klomp wat hulle wil he en bespoedig die verval in die land, terwyl die gravy trein ryers die nagevolge probeer vermy, of staan hulle tee en verlaag die ANC se ondersteunings groep. Ons weet almal waar die swart elite se belange le…..

Theresa ·

Kry vir jou Zuma!! Ons sal sien hoeveel keer word daardie bril teruggedruk en jou keel skoongemaak voor jy antwoord. Ek dink nie jy weet wat om te antwoord nie. Ek skaam my dood. Dink net hoe lag die buiteland vir Suid-Afrika.

Thinus ·

Dis wat gebeur as jy onopgevoede, ongeletterde, ongemanierde idiote stemreg gee. Hierdie ouens is groot gemaak met een doel en dit is om te vernietig. Nou is hulle aan bewind en hulle moet bestuur en hulle kan nie. Hulle het nie die vermoe nie want dit is nooit aan hulle verduidelijk nie. Hulle het nie beplan vir die dag wat hulle sal moet regeer nie net vir die sg. “struggle”. Nou is die struggle verby en hulle probeer nog steeds die regering van die dag omver werp. Enigste verskil is dat die regering nou uit hulle self bestaan. Dit kan net een rigting gaan……afwaarts.

Duiker ·

Zuma en Malema is besig om ons land in die afgrond te dwing sonder sonder om dit te weet. Hoe kan j net 1keer vir die jaar in die parlament was. joooh pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.