EFF oorweeg toekomsrol in koalisies

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi. (Foto: Facebook)

Die EFF-leierskap het vandag vergader om die uitwerking van die chaos binne die DA op opposisiesamewerking teen die ANC te bespreek.

Die EFF steun opposisiekoalisies om die ANC uit magsposisies te hou oral in die land behalwe in die Nelson Mandelabaai-metropool in Port Elizabeth, waar die DA geweier het om met die EFF saam te werk.

Uiteindelik het die partyleierskap ná vandag se vergadering besluit om ʼn wag-en-sien-benadering te volg om te kyk in watter rigting die DA gaan, en watter uitwerking dit op plaaslike regeringsvlak sal hê.

Na verstaan word, is daar tans geen aptyt hoegenaamd binne die EFF-leierskap om met die ANC saam te werk nie. Die voorkeur bly om die opposisiekoalisies te steun, maar die EFF wil graag ʼn paar posisies op burgemeesterskomitees hê om te wys dat hy die vermoëns het om regeringspligte uit te voer en die wil om ʼn konstruktiewe bydrae te lewer.

Binne die EFF is daar egter ernstige kommer oor die invloed wat die klaarblyklike oorname van die Zille-groepering op die DA gaan hê. Daar is voorts ook kommer dat die Zille-groepering die DA so ver regs en so hardvogtig onwillig om ander partye se voorkeure in ag te neem gaan maak, dat dit opposisiesamewerking onmoontlik gaan maak en die ANC gaan versterk.

Die EFF het dus, luidens ʼn verklaring deur die party se nasionale woordvoerder, dr. Mbuyiseni Ndlozi, besluit om die DA tot 27 November ruimte te gee om tot verhaal te kom.

Die EFF sal met belangstelling kyk watter kandidaat die DA vir die burgemeesterspos van Johannesburg stel en wat die DA koalisiegewys beplan.  “Die EFF sal in daardie stadium besluit wat sy voorkeur is om die inwoners van Johannesburg se belange ten beste te dien en voort te bou op die uitstekende fondament wat die uittredende burgemeester, mnr. Herman Mashaba, vir die vooruitgang van die stad gelê het,” het Ndlozi gesê.

Die EFF het Mashaba se uittrede as burgemeester betreur, maar gesê hulle respekteer sy beginselvastheid om te bedank uit die DA omdat hy hom nie met die gedrag en beleidsvoorkeure van die Zille-groepering kan vereenselwig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JP ·

Dit is voor die hand liggend dat daar nie meer plek is vir witkleuriges in Suid Afrika nie, ou kan die spanning met ‘n mes sny

Swanna ·

JP ek is bly jy is een van die min wat die ligte sien flikker. Daar is baie wat dit sien maar hulle oë toe hou.

aj ·

Malema het lankal die politieke “doodsvonnis”vir Mashaba onderteken toe hy (Mashaba) bestempel is as EFF gunsteling vir die pos van burgemeester.

Mashaba het soos ‘n Trojaanse perd die DA van binne uitgehol.

GOOD RIDDANCE!

Dries du Toit ·

Zille het vir die eerste keer opgekom vir die blanke so paar maande gelede. Net omdat sy dit aan haar bas begin voel het. Daarna het sy pak gekry by haar partygenote en nou gaan sy maar weer saamtrek. Sy is verseker nie te vertrou nie

daniel ·

Niks nuuts van die EFF se kant nie, aangesien enigiemand met een breinsel weet dat die eff alles haat wat wit is. Hulle is natuurlike vyande van reg en regverdigheid.

AndrewL ·

Daardie koalisies lyk ook of dit meer om geldelike gewin vir die leiers moet inhou as vir die kiesers.

Gert ·

Die DA het so hard gevry na swart stemme, nou is daardie stemme besig om die party te skeur. Die lewensuitkyke verskil eenvoudig te veel.

John ·

Die VF Plus se verbetering was bloot te wyte aan Afrikaners wat teleurgesteld is dat die DA sy ondersteuners in daardie groep die rug draai… Afrikaans afskryf, grondvergrype nie teenstaan nie en die verengelsing van skole goedsmoeds toelaat sonder ‘n kwè. Die wit kleuterskoolonnie se lyding is bloot net geìgnoreer. Die rol van kolonialiste en hul bydrae wat deur die leier afgeskiet is, is ‘n verdere koeèl deur die voet. Die DA se vreeslike betrokkenheid net in die Kaapprovinsie, van water tot Dr Lille se kaperjolle, terwyl die DA in Johannesburg gedurende die verkiesing deur die ANC met twakstories gelooi is, sonder ondersteuning uit die leierskap van die party, eis sy tol. Nou daag Musi op met groot lofbetoon en nou daag Zille ook skielik manhaftig op. Sonder ‘n goeie oppossie hol die ANC loshande voor. Die Mulder-nepotiste droom verniet…

HetMari ·

Hoekom die Eff aanhoudend mediablootstelling gee. Eff kry meer as 70 persent v politieke beriggewing. Dis hoekom hy groei, selfs d vergrype van die Eff word onderbeklemtoon, terwyl negatiewe beriggewing teen ander partye aangeblaas word.

Michiel ·

Vir mense wat DA stem omwille ewewig: is jy getik?
Stem tog Vryheidsfront+ dit is ONS mense!!

K P ·

Laat die eff gaan. Hulle beteken niks vir Pretoria behalwe om hulle self te verryk met ons belastinggeld en dit is om saam met die duiwel in die bed te wees. VF plus is miskien klein maar skop nie die witmense in die tande soos die da nadat jy vir hulle gestem het. .

Attie. ·

In SA is dit duidelik dat soort by soort hoort.Jy gaan nerens kom om saam met vreemdes te probeerstaan nie, daarvoor is die kultuurverskille te groot. Daar bestaan baie Engelssprekendes wat goed inpas by die Afrikaanse kultuur en selfs anderskleuriges. Julle is almal welkom by die VF+. Ek doen ‘n beroep op die mense wat afgewyk het van die regte pad, kom ons staan ons man by een party nl die VF+

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.