EFF: ‘Parlement heul met polisie’

Julius Malema (Foto: Twitter)

Die EFF beskuldig die parlementêre sekerheidsafdeling daarvan dat hulle in die geheim saamsweer om polisielede in die parlement in te smokkel om met geweld op te tree teen lede van die EFF gedurende die staatsrede.

“Die EFF het bewus geword daarvan dat die parlementêre hoof van sekerheid, Deon van der Spuy, geheime vergaderings hou met die doel om Suid-Afrikaanse polisielede, aangetrek as parlementêre beskermingsbeamptes, in die parlement in te smokkel,” lui ʼn verklaring deur die party.

Die EFF beweer die plan is om polisielede, geklee in swart en wit, tydens die staatsrede op 13 Februarie in die parlement in te bring. Dit terwyl die reëls van die parlement duidelik sê dat lede van die Suid-Afrikaanse polisie nie toegelaat word om parlementêre lede te verwyder nie.

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede in Februarie 2019 (Foto: Phando Jikela/ANA)

“Die arrogansie om die Grondwethof en die reëls van die parlement so vroeg in die termyn te omseil, net om ʼn besluitelose en onbevoegde president te beskerm, gaan veroorsaak dat die behoorlike werking van die parlement inmekaarval,” lui die verklaring.

Die party sê hulle sal “beslissend en radikaal” optree teen enige poging om opposisiepartye te onderdruk. “Die EFF wil dit duidelik stel dat ons nie geïntimideer sal word nie en sal die uitvoerende gesag op alle moontlike wyses aanspreeklik hou. Indien pres. Cyril Ramaphosa wil voortgaan om Pravin Gordhan te verdedig, sal ons hom hanteer op dieselfde wyse as wat ons die korrupte en misdadige [oudpres.]  Jacob Zuma hanteer het,” sê die party.

Die party het weereens gedreig om die staatsrede te ontwrig sou Pravin Gordhan steeds in sy pos as minister van openbare werke aanbly. “Wanneer Cyril Ramaphosa praat, sal ons ook praat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oujongvrou

Trek n diere pak aan dan is jy reg vir die sirkus. Rerig, dit raak nou lagwekkend belaglik. Die EFF wil dikteer (en dit is in orde) en as hulle nie hulle sin kry nie breek hulle af, brand af en veroorsaak gaos. En dis nou hoe hulle die land wil regeer.

Nie Verbaas

Ou Julius, raak jy nou bang vir nagevolge van ongedisiplineerde optrede? Julle wil onaangeraak intimideer? Dit werk mos nou nie so nie.

Magda

Wat verwag jy – JOU NAR – as jy soos n ongemanierde gemors wil gedra dan moet jy maar die gevolge vat – Hoop hulle sluit julle almal toe,, vir 48 – 72 uur. Julle sal dit 100% verdien want julle veroorsaak ent Chaos en is GOED VIR NIKS.

RyanSA

Die parlement beter ontslae raak van hierdie ouens.. Hulle gaan uiteindelik die land se afgrond beteken. Ek weier om enigsins deel te wees van die land opbou as hulle bestaan.. Wat help dit ek en jy dra by en dit word in ons gesigte terug geklap.

Pampoen

Die EFF teer op die soort van ding. Hulle het niks intelligent om by te voeg nie, geen bydrae om te maak nie – so dis die enigste manier hoe hulle hulself in die kalklig kan stel. Ek wonder hoe naby is Ace en Julius aan mekaar?