Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het gesê Moses Sake het in Mei vanjaar beweer dat hy nie kan werk toe kom nie aangesien hy sy siek kind moet dokter toe vat. Sake is egter gesien waar hy aan ʼn betoging deelgeneem het buite die Alexandra-landdroshof.
Malila het destyds gesê dat sowat 300 betogers buite die hof bymekaargekom het en motorbande aan die brand gesteek het. Hulle het betoog oor mense wat tydens die verkiesing vir openbare geweld in hegtenis geneem is.
Volgens Malila was Sake een van die persone wat tydens die betoging met die polisie probeer onderhandel het. “Hy is aan die voorval verbind deur beeldmateriaal wat ons van die betoging geneem het. Ander polisiebeamptes het hom ook geïdentifiseer.”
Malila het gesê benewens die feit dat Sake gejok het oor hoekom hy nie by die werk was nie, was hy ook nie veronderstel om aan ʼn politieke aksie deel te neem nie. “Ons kan nie aktief by die politiek betrokke wees of gesien word dat ons lede is van ʼn spesifieke party nie,” het Malila gesê.
Sake het voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn voor hy verlede week ontslaan is.
Ok. Wat dan nou van die duisende ANC polisiebeamptes wat NIE hulle daaglikse verpligting nakom nie, maar eerder MET staatsvervoer inkopies doen? OOOOOO = Jammer – hulle is die pligsgetroues wat die Nasionale Polisie Kommissaris aanvoer kwaliteit is en bevorder moet word!
Ontslaan vir n dag se werk steel maar wat van die honderde kriminele wat skuldig is aan moord, verkragting, diefstal, afpersing ens wat nog steeds in die diens is, of is dit soos Henk se dat hulle ANC lede is en dus nie hardhandig behandel mag word nie.