EFF-raadslede wat ANC stem in die sop

Argieffoto

Die EFF wag op ʼn formele verslag voordat hulle dissiplinêre stappe teen raadslede sal doen wat hulle by die ANC geskaar het in ʼn onlangse begrotingsverkiesing in Mogale City naby Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF, het gesê die party het kennis geneem van die feit dat EFF-raadslede vir die ANC-begroting gestem het. “Dit is die hoogste vorm van verset vir revolusionêre lede van die EFF,” het Ndlozi gesê.

Hy het gesê volgens raadslede se mandaat mag hulle nie saam met die ANC stem nie. “Hierdie vegters het teen die resolusies van die EFF gegaan en die ononderhandelbare pilaar van teenkorrupsie nutteloos gelaat. Deur vir die ANC te stem, het hulle aandadig geraak daaraan om korrupsie en misdadigheid te normaliseer. Die EFF wag vir ʼn formele verslag waarna die dissiplinêre proses teen hulle sal begin.”

EFF- en IFP-lede het saam met die ANC gestem om die begroting te laat goedkeur, nadat die DA uitgestap het. Ndlozi het gesê dit is een van die EFF se voornemens om nie in die parlement, die wetgewers, metrorade of munisipaliteite saam met die ANC te stem nie.

“Die ANC steel die mense se geld en doen dit al vir die afgelope 23 jaar. Dit is ons plig om met die res van die opposisie te verenig om hierdie parasitiese regime van ANC-kleptomane te verwyder,” het Ndlozi gesê.

Intussen het die DA gesê ten spyte van die feit dat sy lede die stemproses geboikot het, is die party toegewyd om die inwoners van Mogale City te dien en die ANC aanspreeklik te hou. Die ANC het onlangs met ʼn mosie van wantroue teen die DA-burgemeester weer beheer van die munisipaliteit oorgeneem.

Makashule Gana, DA woordvoerder vir samewerkende regering, het gesê groot dele van die begroting sluit egter aspekte in wat die DA voorgestel het terwyl hulle steeds aan die stuur van die munisipaliteit was.

“Die mense van Mogale City kom eerste. Stabiliteit in die raad is noodsaaklik vir dienslewering en inwoners kan gerus wees dat enige oortredings deur die ANC sterk optrede van die DA-leierskap in Mogale City tot gevolg sal hê,” het Gana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael ·

Dit is die rede hoekom ek VF+ stem hulle sal nooit die regerende party word nie maar in n koalisieregering het die DA hulle nodig om te regeer en my belange word na omgesien.

Hennie ·

Dankie tog nog iemand weet hoe dit werk. As die FF+ nie die DA en ANC paar keer gestop het in die parelment nie, was ons nou baie slegter af.

Johan. H. ·

Micheal ek stem volkome saam . Nooiet weer da nie,,,, Zille se geval is te vars in my geheue..

al ·

Zille was nie verkeerd nie, maar dis soos ñ opmerking wat iemand gemaak het, indien ons sou sê die konsentrasiekampe was nie net sleg vir die Boere gewees nie, sou Afrikaners geaffronteer gevoel het?
Sy weet daar is ñ vendetta teen wit mense en dat die DA op alle maniere aangeval word deur ANC en Kie – daarom was haar uitsprake onwys in hierdie huidige bedeling.

$ ·

al, watter “goed” het uit die konsentrasiekampe gekom? jy kan nie appels met lemoene vergelyk nie…

Hennie ·

$, die engelse kan redeneer, ja die Afrikaners was in konsentrasie kampe, maar die engelse het die geld in die land gebring en die Afrikaners het later voordeel getrek daaruit en self ryk geword. So ek stem saam met al.

John ·

Die ANC plant waar moontlik in al die opposisie-partye informante om diesulkes se strategiee uit te vis. Die stryd gaan veel erger word. Die DA is so oorangstig om ‘n paar stede te beheer dat Malema reeds groot aansien in die proses bekom het. Oppas vir oorgretige oorlopers…

Jurie Blanche ·

Net weer n bewys ivp niks anders as anc nie. stem saam met anc as daar ooit koalisies moet plaasvind sal ivp vir anc daar hou. immers disiplineer eff hul lede en ivp sit soos dinges aan ń wol kombers soos in parlement loop nooit uit nie seker omdat Buthelezi moeilik opstaan en ook klou aan posisie.

Pieter ·

Miamane en trawante se aanvuurende heksejag op onkorruptbare en deurgaans suksesvol eerbare DA leier Zille, via die media, het grootliks bygedra tot die
onnodig DA geskade visa vi ANC gewin gemors. Ja, die DA kon en moes baie beter binnenshuis sagkens, kalmerend en saamstaand opliggend opgetree het.

Jaco ·

Ag Asseblief. As die ANC genoeg geld gehad het om nog na EFF te gooi sou die hele spul ANC gestem het. Hulle (ANC en EFF) se siening van radikale ekonomiese transformasie is om te kyk na wat nog finansieel suksesvol is en dit dan te plunder sodat hulle hul self kan verryk.

snoefie ·

kry vur jou Julius. as v verkiesing so anoniem is soos almal wil hê onsiet glo, hoekom het stembriewe nommers op? hoecweet die EFF en IFP hulle lede het anc gestem?

Gert ·

Da, vf, anc, eff is een en dieselfde ding. Wanneer gaan julle dit besef?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.