EFF reageer ná Gerrie Nel vervolgingsplanne bekendmaak

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Die EFF het Donderdag die burgerregte-organisasie AfriForum en adv. Gerrie Nel, hoof van die organisasie se private vervolgingseenheid, as rassiste bestempel nadat dit bekendgemaak is dat Nel beplan om Julius Malema, die EFF-leier, privaat te vervolg indien die staat dit nie gaan doen nie.

Nel het dié planne Donderdag by ʼn mediakonferensie in Centurion aangekondig. Hy het gesê die vervolgingseenheid sal Malema en Kie. vervolg indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie toegee aan AfriForum se eis dat die saak teen Malema, rakende die destydse korrupte bedrywighede van die maatskappy On-Point Engineering in Limpopo, heringestel word nie.

“Hoewel ons weet dat dit wettig is in Suid-Afrika om privaat te vervolg, weet ons met sekerheid dat AfriForum nié die EFF-leier wil vervolg op grond van die wet nie – dit gaan eerder oor ʼn poging om die aandag af te trek van die EFF se stryd vir ekonomiese bemagtiging en ook [die mosie van] grondonteiening sonder vergoeding,” het Tebogo Mokwele, nasionale woordvoerder van die EFF, gesê.

“In plaas daarvan om deel te neem aan ʼn demokratiese debat oor grondhervorming, doen AfriForum wat hul koloniale en apartheidsvoorvaders aan vryheidsvegters gedoen het: kriminele vervolging en vervolging vir politieke redes. Daar bestaan geen twyfel dat AfriForum se private vervolging deel is van ʼn aanslag teen die EFF nie.”

Mokwele het die burgerregte-organisasie daarvan beskuldig dat hy weer lewe probeer gee aan ʼn hofsaak wat reeds van die hofrol geskrap is.

“Die EFF staan ten volle agter hom [Malema] en sal nie afgeskrik word deur reaksionêre regse formasies van wit mense nie – mense wie se primêre doel is om wit bevoorregting en oppergesag te beskerm. Wat AfriForum nie weet nie, is dat die rassistiese vervolging van die EFF-leier net sal lei tot verdere massa-steun vir grondonteiening sonder vergoeding.

“AfriForum en al sy [ondersteuners] moet weet dat hul rassistiese pogings ons net meer vasbeslote sal maak. Grondonteiening sonder vergoeding sal in Suid-Afrika gebeur en geen mate van intimidasie of gemene spel sal dit keer nie.”

Malema het vroeër op sosiale media gesê hy is nie bang [vir AfriForum] nie, en is “gereed gebore”. Malema het in reaksie op AfriForum se aankondiging getwiet: “Bring it on bloody racists, you don’t scare me at all. I’m born ready! No white man will decide my destiny, the poor masses of our people will”.

Nel het Donderdagmiddag gesê dit is onaanvaarbaar dat die NVG meer as 30 maande laat verloop het sonder om die korrupsiesaak teen Malema verder te voer. “AfriForum se private vervolgingseenheid is juis gestig om te help toesien dat gelykheid voor die reg geskied en dat die NVG sy werk doeltreffend doen. Die NVG het sy plig versuim deur die saak teen Malema te laat sloer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

MJ ·

Hoe is die vervolging van korrupsie nou ‘rassisme’? Dis omdat mnr Malema geen ander kaart het om te speel nie.. rassisme is al woord wat hy ken!

Petro ·

As hulle niks intelligent het om terug te sê nie, dan kom die rasse kaart altyd uit. Pateties! Sit hom met sy rassehaat waar hy hoort asb Gerrie.

Boerseun ·

Nou weet jy hoekom hulle elke keer die rassekaart gebruik.

Oom Kalahari ·

Hierdie raak nou ernstig en neem ‘n dreigende toon aan. Weereens wys dit wat Mnr Malema se agenda’s is, sy haat teenoor die minderheids groep en opsweep van massas waaragter hy wegkruip. Hy weet hy het almal in sy sakkie en almal het al ‘n vrees vir hom en is te bang om teen hom op te tree. Hy tokkel die kitaar snare en almal moet ja en amen. Ek is amper oortuig en van opinie hy is deel van ANC. Die kaartmannetjie gaan nog chaos veroorsaak met sy eie “EK” houding en almal moet inval wat hy spreek.

Callie ·

Waar kom julle nederige houdinkie vandaan om van mnr Malema te praat. Hy praat van julle wittes asof julle gemors is. Hoe betoon julle respek aan iemand wat geen respek betoon nie. Magtag, asb

PLP ·

Ja magtag man moet glad nie vir die man respek toon nie hy verdien geen respek van die wittes of die swartes nie

HPV ·

Soos 6% Malema aangaan, sou mens sê die seuntjie regeer die land. Die media blootstelling is besig om hom letterlik groot te maak, ‘n faktor om mee rekening te hou. Hoe mens ook al daarna kyk, hy is ‘n skepping van die media. Sonder die blootstelling was hy niks.

Koos ·

Hoede af vir hierdie inisiatief. Lankal tyd dat hierdie mannetjie se tjank afgetrap word.

Bra t. ·

Die gevreesde witman het 1989 die grensoorlog in Namibia verlaat.. Waar is die manne.. Ek vra marnet.

PLP ·

Ons is hier en ons gaan nerens, en niemand gaan vir ons se waarheen om te gaan nie

Robert Naude ·

Gemiddeld 30 jaar ouer. Nou op pensioen. Waar is die nuwe generasie….

Hannes ·

ons is almal hier maar moet net saam staan dis al ons voor vaders het dit gedoen ons kan ook

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou wil dit lyk asof Malema besig is om dit wat FW de Klerk kamstig “verhoed” het, voor te staan?

Pastoor ·

In my 33j in Bediening het ek geleer en die bewys daarvan gesien, dat GOD HET ALTYD DIE FINALE SE!
HIERDIE IS PROPOGANDA VIR MALEMA SE EIE VERKIESINGS VELDTOG.Tyd het gekom dat die Blankes besef wie is hul God en dat 1Joh4:4 verklaar dat Hy wat in my is, is groter as hy wat in die wereld is. En ons het reeds oorwin. Ps 24 Die aarde en alles daarop behoort aan die Here. Selfs die eiendomme en grond gebiede, die hele SA!

PLP ·

Hoekomk altyd die Bybel inbring as daar van die man gepraat word????

Dalene Lamprecht ·

Die Bybel is die middelpunt van ALLES. Dit is hoekom ons sit waar ons sit. Probeer volgens eie denke handel… dis ons val..

bgj van der westhuizen ·

al wat die eff kan doen is om met die mense se koppe te smokel en goed te beloof wat nooit sal gebeur nie wand hulle sal nie ryk word deur plase af te neem of die wit man se eiendom nie wand daar s te veel van hulle en dit is net soos die anc net n handvol raak ryk en na 23 jaar sit die meeste nog net waar hulle is vervolg die man dat hy ook in slag in die bek geruk kan word

anton ·

Ja ek sal ook graag wil sien of Nel so sterk teen malema gaan wees en nie terugdeins as die hoof nar en sy volgelinge gaan terug baklei nie.

Kobus ·

Ek sal graag wil weet hoe die WET werk? Hoe is dit moontlik dat kriminele soos hy en sy mentors, die kaders in die ANC, so lank wegkom met bewerings van korrupsie sonder dat daar ondesoek ingestel word. As Jaques Pauw al die bewerings in sy boek maak, dan het hy verseker bewyse. Moet hý nou eers die klagtes teen die beskuldigdes gaan lê om die bewerings te laat ondersoek? Verseker moet die polisie of die NVG seker uit hulle eie bewerings van ʼn misdaad kan ondersoek? Of is ek verkeerd.?

Lana ·

Jy’s reg, Kobus. Hulle sleep net voete om te probeer wegkom. Wanneer iemand (soos Nel in dié geval) druk op hul plaas kan hul nie anders as om iets daaraan te doen nie. Wanneer daar geen druk van buite is nie, sterf dit ‘n stille dood.

Francois ·

Jou ‘destiny’ is reeds bepaal Malema….gee net kans!

Jaco ·

Ek het nie geweet dis rasisties om vervolg te word vir bedrog nie.

Neels ·

Hier ga’t ons nou weer n klomp sms’e kry vir geld donasies. Fokus eerder op iets wat julle kan doen. Nie eens SARS kon Malema agter tralies sit nie, maar julle gaan? pfft..asseblief.

Lana ·

Neels, moenie vergeet – Nel is ‘n “insider” van die NVG en dis presies hoekom Malema sy rieme gaan styf loop.

Hennie ·

Nee, grondonteiening sonder vergoeding in Suid Afrika sal NIE plaasvind nie, dit sal NOOIT gebeur nie.
Dis hoogtyd dat die woord “rassis” verban word net soos die sogenaamde k-woord. Dit word so maklik misbruik, gewoonlik deur die grootste rassiste.

PLP ·

Stem saam Hennie, sal nooit gebeur nie. Malema gaan nie meer te lank n party he om dit aan te wakker nie, sy dae is getel toe hy die ANC in Noord Wes van planne van sluipmoord teen hom beskuldig het. Dit is n ernstige aantuiging om sonder bewyse te maak

Anoniem ·

Ag en daar gaan ons alweer………lyk my as dinge te warm raak vir Juju, dan speel hy al te gretig die rassekaart! Regtig!! Wat de hel het rasisme met die vervolging uit te waai? Dis ook al eentonige deuntjie wat hy ken. Hoop maar Nel is sy sout werd en staan sterk teen die rooipet nar en sy surkus.

erika ·

Hoe sê die spreekwoord:”Elke hond kry sy dag!”
Genoeg is genoeg, geen mens (wit & swart) kan onder Malema se rassime meer hou nie en hy kom niks oor nie…maar as jy enige iets sê ruk die media alles uit verband uit..Hulle gee elkgeval vir Malema te veel publisiteit… ek is nie lus om na sy twak gedurig te kyk en te luister nie. Ander kry paar sekondes op nuus..Malema kry 3minute!!! gee hom gas Gerrie!!

PLP ·

Die strop trek nouer vir die man, eers die kamtige sluipmoord planne teen hom, nou vervolging teen bedrog en korrupsie teen hom, die pakslae in PE wat hy en die EFF gekry het. Wat is volge malema jou verskonings en opsies raak al hoe minder, waar gaan jy volgende simpatie soek. Jou dag kom vining nader

Cherokee ·

Dit behoort nie moeilik te wees om sy twiet as rassisties te bewys.

Rooikop ·

Go Gerrie Go !!!! Hoog tyd dat iemand iets doen teen hierdie man ……………….

marous ·

Benjamin Netanyahu se woorde aan die Palystyne was dat daar kennis geneem word van hul voorneme en erns om Israel van die aarde af te vee. Hy het hulle egter gewaarsku dat Israel net so ernstig is om dit vir hulle so moeilik moontlik te maak . Dit het tyd geraak dat daar reguit vir die leier van hierdie land in sy gesig gese word dat hy moet pasop waarvoor hy en sy lakeie vra….

Jerry ·

Malema is n lafaard wat agter die onverdraagsame massas skuil. Hierdie massas is net so lafhartig want hulle hardloop sodra die skote klap. Die probleem egter is dat hulle weer en weer terugkom totdat die ammunisie opraak en die weerstand verkrummel. O, ja Brat, jy vra waar is die manne wat 1989 uit Namibie onttrek het. Hulle het hulle oorlog klaar baklei en smag nou na vrede, hier of in die buiteland! Dit is nou Afri-Forum jeug se beurt om te kry waarna hulle en hulle leiers so smag! Diegene wat konflik of oorlog veroorsaak is op hulle eie en sal dit alleen baklei

Reguit ·

Aan die Pastoor hierbo wil ek sê: U mag dalk net in die nabye toekoms sien hoedat u uself teen ‘n oormag bloeddorstige hordes gaan vasloop wanneer hulle dalk u woongebied omsingel en u dalk oorrompel. Miskien vind u dat die Here (soos per talle voorbeelde in die Bybel opgeskryf staan) hierdie massas gaan gebruik om die wittes van SA te straf. Ek hoop maar dat ek verkeerd is. Nota: Ek wil vir seker nie ‘n godsdiens debat begin nie. Dit is maar net ‘n opinie.

Liewe Heksie ·

Die Malema nar weet hy kan enige iets doen of sê hy sal nie tronk toe gaan nie, want al kom hy ook skuldig sal hy nie tronk toe gaan nie. Almal weet dit, so hoekom jou tyd en geld mors om hom aan te kla. Gebruik dit liewers op iets meer positief.

Casper Labuschagne ·

Een persoon se wetstoepassing is ‘n ander persoon se rassisme, en die bepalende faktor hierin is die slagofferstatus wat die ras van daardie tweede persoon bied.

PLP ·

Malema en sy trawante, en die ANC moet maar lig loop oor grond vat. Die swarman is tradisioneel nie n “boer” nie, sy vrou is n landbouer en bewerk n stukkie grond om aan die gesin se behoefdes te voorsien en die res van haar hande arbeid word of verkoop of veruil vie ander benodighede vir die huis gesin. Die man pas beeste op en sit in die koelte. Nou kom ek by my punt wat ek wil maak. Malema het jy al n honger kind gesien huil en n desperate ouer gesien planne maak vir kos. Nou as jy en jou handlangers insluitende die ANC wil anargie he in hierdie land moet julle die boer uit hierdie land nee. Binne n jaar is daar hongersnood, n kind wat huil en n desperate ouer. Dink jy Malema daai ouer gaan jou vra vir kos, nee kom ek se net dit. Daar is al meer mense se kele in die wereld afgesny oor hongerte as enige ander tipe moord. So pasop vir wat jy en die ANC wens. Jy word alreeds nie vertrou deur enige burger wit of swart in hierdie land nie

Joshua ·

Malema moet in die hof bewys dat Afriforum en sy ondersteuners-spesifiek wie en hoekom- rassiste is en rassisme beoefen-sy aanhoudende valse beskuldigings en uitlatings moet aangekla word,dit kan nie net daar gelaat word nie.

Anoniem ·

Reguit – die God wat ek dien is magtiger as Malema of die EFF/ANC.

Cherokee ·

Ek geniet dit om te dink hoe die EFF-vertalers alle hulpmiddels gebruik om hierdie kommentare te vertaal.

Estel ·

Ons het lankal vir Gerrie nodig gehad. Gaan GROOT Gerrie ons staan agter jou. Dis nou tyd om die opsweeper op sy plek te sit

Dalene Lamprecht ·

Demokratiese debat? Wat weet Malema van so ‘n debat af? Die strop word nouer en ons blankes laat ons nie dreig nie. Geen grond sal sonder vergoeding gevat word nie. Gerrie Nel gaan jou op jou hêrrie gee. Be worried, very worried..

Daan ·

Gerrie as malema dinge van ongeregtigheid, bedrog en so aan as rasisties maak, blikemmer eet die man op soos ‘n mielie man, daai mannetjie verstaan nie, wanneer mens klappe uitdeel, word daar gewoonlik terug geklap. Ek is ok nie bang vir hom nie.

Eliza ·

Love ons nasie ! Ons kan tog so goed saamstaan. Ek sien lig in die donker tonnel.

Daan ·

Gerrie nou is malema besig met afpersing, dagvaar hom somme vir afpersing ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.