EFF ruk op na Eskom

Verskeie vragmotorbestuurders neem ook aan die EFF se optog deel. (Foto: EFF/Twitter)

Dis die EFF teen Eskom, met ʼn groot afvaardiging polisielede in die middel.

Lede van die party ruk na verwagting Vrydagoggend na Sandton in Johannesburg op vir ʼn betoging voor die kragvoorsiener se hoofkantoor. Hulle maak kapsie teen die beurtkragstelsel wat Eskom toepas.

Die militante EFF protesteer nie net teen die gewraakte stelsel waaraan Suid-Afrikaners, weens Eskom se onvermoë om genoeg krag op te wek, nou al maande lank onderwerp word nie, maar ook teen voorgestelde herstrukturering wat die EFF beskou as planne om Eskom te privatiseer.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het gesê verkeer in Sandton sal tydens die betoging na ander paaie herlei word.

“ʼn Groot afvaardiging wetstoepassers sal aan diens wees om die EFF-betoging dop te hou,” het hy gesê.

Die EFF maak kapsie teen die beurtkrag-stelsel en die sogenaamde privatisering van Eskom. (Foto: Eskom/Twitter)

Die verkeer sal tussen 10:00 en 15:00 geraak word en motoriste word gemaan om die gebied in dié tydperk liefs te vermy.

Die EFF het op sy Twitter-rekening gesê “witmonopoliekapitaal neem Eskom oor en beperk die rol van die staat in die ekonomie, wat dan weer nywerheidsontwikkeling gaan beperk”.

“Ons moet dit nooit toelaat nie,” het die EFF gesê en mense uitgenooi om by die optog aan te sluit.

Die EFF het vantevore al herhaaldelik geëis dat pres. Cyril Ramaphosa die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, die trekpas gee. Die EFF voer aan Gordhan doen nie genoeg om sukkelende staatsbeheerde ondernemings reg te ruk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Magda ·

Sien – HULLE is net GOED vir NIKS BEHALWE CHAOS – Haal hulle vd Politieke Party LYS af – Verdien NIE om 1 te wees nie. WIT / WIT WIT – Goeie hemel Mal enetjie – kyk waar is SA na net SWART / SWART EN SWART – Nog nooit was SA in die gemors met WIT soos jy dit noem nie – Soek nie ent WIT op enige vlak nie – Soek BEVOEGDE / NIE SKELM SWART / WIT in poste wat WEL die werk kan doen. Julle is seker die grootste probleem in SA.

Dries ·

Ek wonder of die EFF se skielike intense belangstelling in Eskom iets te doen het met Eskom se nuwe baas? #wondermaarnet

J ·

“Protesteer” se voet!

….. ‘ontwrig …. saboteer …. teister …. terroriseer …’

Tyd dat die ‘speelsoldaatjies’ en hulle ‘kamma COMMANDER IN CHIEF” reggesien word deur die land se REGTE SOLDATE !

Werner ·

AJ die probleem is die land het nie meer regte soldate nie

J ·

Verbeel ek my of is die ROOI oorpakke se kleur besig om te verdof na ORANJE?

Hulle gaan binnekort moet verduidelik … oor die VBS en vele ander misdade!

Gewoonte misdadigers!

Leon ·

Wel, wat gaan hulle doen as die kragstasies inkonk weens oorlading. Dan neem dit maande om hulle weer aan die gang te kry. Dan moet hulle een vir een aan ge-skakel word en dan word die krag een area vir een area bygebring. Sal hulle dit geniet?
Hoekom gaan die EFF nie en foeter die mense wat oorspronklik verantwoordelik is hiervoor op nie. Die pêlle van hulle wat ESKOM so ondergrawe het.

Jaco ·

waarom deporteer hulle nie net al die houers van wit monopoliekapitaal nie? dit kan nie so moeilik wees nie. en selfs wanneer ons met NIKS in Europa en Amerika aankom, sal ons wel weer aan die gang kom, omdat ons dan regeer sal word deur regerings wat nie skaam is oor hulle wit monopoliekapitaal nie.

Johanncb ·

Die EFF se optrede sal uiteindelik lei tot Eskom se algehele ineenstorting! Ons het kundige persone nodig om dinge weer aan die gang te kry!

Snowball ·

Hartlik dik vir anargie en lieplappers met plakaatjies wat ‘demand’ maar sweet blue kan bydra tot enige iets.

Nie Verbaas ·

N mens moet eintlik op n manier jammer voel vir mense wat nie die insig het om te besef dat daar mense is wat maar net nie in die intellek besit om wyse besluite te maak nie. Niemand sal ooit die EFF ernstig opneem nie, bloot oor die manier wat hulle hulself en hul ideologie probeer afdwing. Dis niks minder as n reuse grap nie.

Gawie ·

Dit is alombekend dat ‘witmonolopiekapitaal’ ‘n niksseggende term is wat tydens die Zuma-Gupta-tydperk opgedis is aan die bevolking, spesifiek om tweespalt te stig. Net jammer die EFF klou daaraan vas, want hulle weet dat hulle aanhangers enigiets sal opslurp wat anti-wit is.
Ek vermoed egter baie sterk dat vandag se optog na Eskom se kantore meer te doen het daarmee om die aandag van die EFF se eie probleme (VBS ens.) af te lei as om werklik ‘n oplossing vir Eskom se probleme te vind.
Sover het ek nog net gehoor wat die EFF sê nié gedoen moet word nie, maar nog nie eenkeer het hulle ‘n werklike werkbare oplossing voorgehou nie.

J ·

The EFF seems to be all about ‘Bells and Whistles’?

Is it to compensate for lack of SUBSTANCE?

J ·

While the ANC and EFF spend all their energy at ‘redefining apartheid’ … (long dead!) … the rest of the planet is preparing for the imminent devastating pandemic that may wipe out 60% of the world population.

Our leaders are ‘clueless’?

daniel ·

Malema moet eintlik om verskoning vra vir sy mense se wanbestuur van Eskom oor meer as n dekade.
Die beurtkrag wat jou toegepas word is noodsaaklik om die onderhoud te doen wat nooit gedoen was nie.
Mnr Malema moet eerder dankbaar wees en ook besef dat Eskom aan AL die burgers van SA behoort, swart en wit.

daniel ·

Ag toggie. Kan hulle nie aan n beter slagspreuk dink nie . Soos bv Indiermonopolie kapitaal?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.