EFF sal ‘baasbrein’ agter Guptas-sage bekendmaak

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die EFF het gesê dié party sal binnekort bekendmaak wie die “hoofskuldige en baasbrein” agter voorvalle van korrupsie, geldwassery en bedrog is, waarby die invloedryke Gupta-familie na bewering betrokke is.

Die EFF het in ʼn verklaring gesê die party het Sondag strafregtelike aanklagte in dié verband teen Atul Gupta, Ajay Gupta, Rajesh Gupta, Duduzane Zuma, Chetali Gupta, Verun Gupta, Mosebenzi Zwane, Salim Essa en Nazeem Howa aanhangig gemaak. Die aanklagte word ook gebring teen vier maatskappye, naamlik Oakbay Investments, Sahara, Tegeta en Mabengela Investments.

“Die aanklagte hou verband met verskeie oortredings van die Wet op Inkomstebelasting, die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) en SA se geldeenheidwette. Die EFF is al met sy ondersoek na die saak besig sedert ons die eerste keer die Gupta-misdaadsindikaat aan die lig gebring het en ons sal binnekort die hoofskuldige en baasbrein agter die korrupsie, geldwassery, diefstal van openbare fondse en bedrog bekendmaak,” lui die verklaring.

Volgens die EFF het hy die polisie van verskeie bewyse in dié verband voorsien, onder meer ʼn beëdigde verklaring deur Pravin Gordhan, minister van finansies. Volgens die party is die bewysstukke meer as genoeg om te bewys dat daar ʼn prima facie-saak rakende die “Gupta-misdaadsindikaat” is.

“Die EFF doen ʼn beroep op die Finansiële Intelligensiesentrum, die banke wat hul verhoudings met die Guptas beëindig het en die ouditfirmas wat hulself van die Guptas gedistansieer het om hul volle samewerking te gee tydens die polisieondersoek. Die EFF sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die Gupta-misdaadsindikaat ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing vervolg word.”

Die party het gesê hy doen ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om spoedig op te tree in dié verband, omdat die party vrees dat die Guptas se “vriende in hoë plekke” daartoe sal bydra dat daar met die bewyse en belangrike getuies ingemeng word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet ·

Nou ja, ons het reeds gehoor dat ‘n hof bevind het dat ‘n sekere Mr Shaik in ‘n korrupte verhouding was met ‘n sekere mr. Zuma. Dit het toe nie die ANC gekeer om steeds vir Mr Zuma te verkies tot president nie. Nou wonder ek maar net hoeveel korrupte verhoudings moet ‘n mens he voor die ANC besluit jy is nie goed genoeg nie? O ja nou onthou ek, hoe meer korrup hoe beter. Die president kan boonop nie tel nie so hy kannie boekhou van hoeveel die ander steel nie!

Jakes ·

Vir die wat onthou en aandag gee: Nie eerste keer die Julias hul met inligting wat korrek is uitkom? Ander geval was oor blokkasie van seine in die parlement? Hul het beter inligting as Nationale Intelligensie. Laat my wonder.

Popeye ·

Vytjie Mentor het dit alreeds genoem in haar openbaarmaking ” Sy vind dit moeilik om hom President te noem”

Nieverbaas ·

wat mense nie vir n ou extra randjie sal doen nie
selfs ou malema, ook de klerk het dit ook maar gedoen
as daar te veel mag is word die gulsigheid te groot
wonder of ons die queen ook maar soos die guptas kan hanteer
die guptas het ook vir demokrasie vanaf 1993 geveg soos hulle se
die een wat die reels maak wen die spel dis maar so
ons gee die beheersliggaam alle reg tyd om die beheersligaam te review

Klaas ·

Nieverbaas, ek het jou bydrae 5 keer gelees, maar kan nie kop of stert uitmaak van wat jy probeer sê nie! Probeer asseblief weer?

John ·

‘n Paar mense moet lig loop. Me Mentor praat nie nonsens nie. Inligting soos die’ kan lewensgevaarlik wees.

Alida ·

Die baas sit in Indie maar wonder wie het die brein. SA brand en no 1 woon n beraad by waarvan hy nie kop of stert verstaan nie. Ai ai !

M A ·

Wat ons korrupsie noem, is vir sekere mense net hoe hulle al honderde jare besigheid doen. Hulle sien niks verkeerd daarmee nie. Dis daarom moeilik vir hulle om te verstaan waaroor die bohaai nou eintlik gaan. Trek maar net skouers op en ploeter voort. Niks wat ons sê gaan hulle oortuig hulle doen iets verkeerd nie. So ook met die leierskap styl. Dis hoe dit gedoen moet word en basta.

Jakkalas ·

Kry julle popcorn en slush puppies reg vir die show. Dit gaan goed wees.

jippieajei ·

hoekom wag om n skurk aan die kaak te stem? dalk in die hoop dat hulle n aanbod gaan maak te goed om te weier? die enigste manier om so goed ingelig te wees en al die bewyse is as jy self deel was of deur spioenasie en diefstal

John ·

Dit is nou sowaar ‘n catch 9-situasie tussen die duiwel en die diep blou see. Iets gaan spat. Staan ver weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.