EFF sal geld gee vir Amcu-stakers

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag gesê sy party sal geld aan die stakende platinummyners gee.

Malema ondersteun die staking deur meer as 80 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) by Amplats, Implats en Lonmin.

“Ons sal geld bydra tot Amcu,” het Malema tydens ʼn perskonferensie gesê. “Die geld sal die myners wat finansieel sukkel, ondersteun.”

Hy het nie aangedui watter bedrag die party sal skenk nie. Hy het vroeër die stakers aangemoedig om die staking te verskerp en nie moed op te gee nie. Klik hier om meer te lees.

Amcu-lede staak al sedert 23 Januarie en eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Onderhandelings om die staking tot ʼn einde te bring het ʼn dooiepunt bereik. –SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hier kom die eerste probleem hou so aan en jy het jou stadskas leeg in n dag se tyd

Peter Says ·

Met geld wat jy waar gaan kry…Ek weet maar mag my nie hier uitlaat nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.