EFF: ‘SA’ners het hulself bevry’

Julius Malema, leier van die EFF, kom by die verkiesingsbyeenkoms aan. Foto: @Poplak/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, kom by die verkiesingsbyeenkoms aan. Foto: @Poplak/Twitter

Dali Mpofu, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se premierskandidaat vir Gauteng, sê geen politieke party het Suid-Afrikaners bevry nie.

“Niemand het jou bevry nie. Die mense van Suid-Afrika het hulself bevry,” het Mpofu aan duisende EFF-ondersteuners gesê by die party se verkiesingsbyeenkoms in Atteridgeville, Pretoria. “Moenie dat enige organisasie vir jou sê dat hulle jou bevry het nie.”

Mpofu sê die EFF is ʼn generasie se beweging met ‘n missie. Hy sê elke generasie het ʼn missie gehad wat hulle moes kies om te vervul of te verwaarloos. “Hierdie geslag veg vir politieke bevryding.”

Mpofu het die media daarvan beskuldig dat hulle gunstig is van die regerende party. Hy sê alle televisiestasies het die ANC se verkiesingsbyeenkoms uitgesaai maar nie die EFF se byeenkoms nie. “Moet geen gunste van die media verwag nie. Die revolusie sal nie uitgesaai word nie. Dis in ons harte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Dreyer ·

‘n Mens is slegs vry wanneer jy besef en verstaan dat jou enigste bevryding as mens deur Jesus Christus aan die kruis bewerkstellig is. Dit is ware vryheid. Watter soort vryheid praat hierdie mense van? Apartheid bestaan alreeds vir 20A nie. Waarvan wil hulle bevry word? Landswette?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.