EFF sê ANC moet hul tassies begin pak

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sa

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sa

Die EFF is vol vertroue oor sy prestasie in die 2016 plaaslike verkiesing en het Sondag die ANC gewaarsku dat sy dominansie bedreig word.

“Om die waarheid te sê, ons raai die regerende party in Tshwane, Ekurhuleni en Nelson Mandela Bay aan om hul tassies te begin pak,” het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, aan afgevaardigdes gesê tydens die party se verkiesingskonferensie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

Hy het egter voorspel dat geen party al die metropolitaanse munisipaliteite sal wen nie. “Die plaaslikeregeringsverkiesings gaan dissipline van die EFF vereis.

Malema het gesê die toekoms van Suid-Afrika is helder en die party kan die land vorentoe vat. “Ons was op die spits van die berg en het die toekoms gesien,” het hy gesê. “Die toekoms lyk baie helder. Suid-Afrika sal ekonomiese emansipasie bereik danksy die EFF.” Hy meen die EFF is die enigste organisasie wat die land kan bevry.

Hy het egter gemaan dat die land ʼn leierskapkrisis beleef en het verwys na werkloosheid, dienslewering en opvoeding. “Ons is in ʼn krisis omdat die 8 miljoen mense werk soek, en dit nie kan kry nie,” het hy gesê.

Malema het gesê “die regse partye, soos die DA”, het ʼn plafon bereik en sal nie nog swart stemme lok nie. Hy het bewerings, dat die EFF in die parlement saam met die Demokratiese Alliansie werk, verwerp. “Ons werk net saam oor bestaande kwessies.”

Die party se top ses leiers sal tydens die verkiesing aangewys word.

Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, het vroeër die universiteit geprys vir sy onpartydigheid omdat hy die EFF geakkommodeer het. “Dit is ʼn brawe instelling met ʼn sterk leierskap,” het hy gesê. Hy het gesê die Vaal Universiteit van Tegnologie wou nie toegang verskaf aan die EFF om sy konferensie daar te hou nie, selfs nadat hulle die venue bespreek en daarvoor betaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

franklin ·

Tassies in wes -kaap is baie duur wyn. Glo nie die ANC gaan dit saam vat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.