EFF se besoek aan Mbeki ‘niks spesiaals’, sê ANC

Mbeki en Malema. Foto: EFF

Mbeki en Malema. Foto: EFF

Die ANC het gesê daar is niks spesiaals aan Julius Malema en ander leiers van die EFF se besoek aan oudpres. Thabo Mbeki nie.

“Die ANC se benadering is om met almal kontak te maak. Daar is niks spesiaals aan Mbeki se ontmoeting met die EFF nie,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Malema en ander EFF-leiers het Mbeki Maandag by sy huis in Johannesburg ontmoet as deel van hul stemwerwery voor Woensdag se munisipale verkiesing. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê die party se leiers het Mbeki om twee redes besoek.

“Die eerste rede was om sy stem te werf en tweedens om die leierskap van die EFF aan hom voor te stel aangesien die EFF ʼn betekenisvolle rolspeler in die politiek in Suid-Afrika is. Pres. Mbeki het ons baie goed ontvang en selfs saam met ons uitgestap en vir ons drukkies gegee toe ons gery het.”

Mbeki is glo uit verskeie oorde in die ANC versoek om deel van hul verkiesingsveldtog te wees. Hy is egter nog nie by hul byeenkomste opgemerk nie.

Die ANC se leierskap in Gauteng het verlede week gesê hulle het aanvaar dat Mbeki nie deel van hul veldtog is nie, maar dat hulle hom nie gaan smeek om stemme vir die regerende party te werf nie.

Mbeki het in September 2008 bedank nadat die ANC hom as president wou herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan maak n plan ·

Pappa en boetie baba. Mbeki het vir Malema die weg gebaan in die politiek in en toe verraai Malema hom in Pietersburg.

Maria van Dieweeck ·

Wys jou net, almal kop in een mus. Ek kan nie glo zuma verwag enige iets van Thabo nie, hy sukkel nou nog om zuma se dolk uit sy rug te kry!

snoefie ·

nog n man wat n bells verdien. die mbeki. hy het genoeg integriteit gehad om te bedank. as hy maar die huidige pres n porsie kon los.

Johann ·

Jipedeedodaa…hys was meer as gereeld jolig van de sopies…eintlik n groot skaam vir RSA gewees. En nou janter hy Afrika vol. Wonder hoekom?

CHRISTA ·

Mal-ema is erger as Judas Iskariot!! Eers sweer hy saam om van Mbeki ontslae te raak en nou wil hy Mbeki as ‘n “sleeping partner” hê. Hoe kon jy so-iemand OOIT vertrou – NOG MINDER OM ‘N LAND TE REGEER! Hy en Mugabe kon tweelinge gewees het (Mugabe het dieselfde met Nkomo gedoen – al verskil is dat hy Nkoma PERMANET uitgeskop het!!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.