EFF se besware bring nasionale vergadering tot stilstand

EFF-LP's tydens hul inhuldiging Foto: GCIS

EFF-LP’s tydens hul inhuldiging Foto: GCIS

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en sy mede-LP’s het Woensdag verhoed dat mosies in die nasionale vergadering aangehoor word.

EFF-LP’s het dit glo gedoen nadat een van dié party se LP’s Dinsdag verhoed is om ʼn mosie in te dien. Die ontwrigting het begin nadat Kevin Milleham, DA-LP, probeer het om Bafana Bafana sterkte toe te wens voor hulle wedstryd teen Nigerië.

Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, het Milleham in die rede geval en sê dat die EFF ʼn e-pos uitgestuur het aan verteenwoordigers van al die politieke partye waarin hulle meegedeel is dat die party sal verhoed dat mosies aangehoor word.

“Ons leer julle ʼn les my broer,” het Malema aan Milleham gesê. Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker, het sy hande vol gehad om orde te probeer handhaaf nadat die DA en ANC daarop aangedring het om hulle mosies in te dien.

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het tussenbeide getree. “Van ons mag dalk dink wat nou gebeur is plesierig en vermaaklik maar die meerderheid mense daarbuite wat hunker na dienste verwag van ons om ernstig te wees,” het sy gesê.

Pandor het voorgestel dat Tsenoli die verrigtinge opskort en ʼn vergadering met die partye se hoofswepe reël om soortgelyke situasies in die toekoms te voorkom. Tsenoli het die verrigtinge opgeskort en die saak na Baleka Mbete, die speaker, verwys.

Die EFF het reeds verskeie kere die nasionale vergadering ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Aitog die arm Malema kind gaan hy ooit groot word as dit so aangaan wanneer gaan die Parlement begin met hulle werk gee hom n slaappil

Grassie ·

Dit is duidelik dat Malema & Kie die beoog om die hele land onregeerbaar te maak – van die nasionale vergadering af tot by die kleinste munisipaliteit. Eers dan sal die land reg wees vir die res van hul agenda.
Alet – as daardie slaappil van metaal gemaak is met ‘n deursnee van 9mm sal dit dalk help, anders nie. Daar is geen salf aan die man te smeer nie.

vuilbaard ·

En wat het Siener van Rensburg gesê oor “kinders” wat gaan regeer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.