EFF sê De-Klerk stigting is deel van ‘1652-bende’

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

ʼn Voorlegging deur die FW de Klerk-stigting aan die grondwetlike hersieningskomitee in WAAR oor die moontlike wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak het Vrydag in ʼn vurige woordewisseling tussen LP’s ontaard.

Hoewel Theuns Eloff, uitvoerende direkteur van die stigting, gesê het die stigting erken die status quo oor grondeienaarskap is nie ideaal nie, behoort die Grondwet nie gewysig te word nie.

Eloff meen die mislukkings van grondhervorming moet eerder voor die deur van onbevoegdheid van die relevante regeringsdepartement en korrupsie gelê word.

Volgens die stigting is die kwessie van kardinale belang vir die toekoms van Suid-Afrika, nie net vir suksesvolle grondhervorming nie, maar oor vir die toekoms van eiendomsregte, die toekoms van die ekonomie en die toekoms van rasseverhoudinge in die land.

“Indien die bespoedigde grondhervormingsprogram die wysiging van artikel 25 in so ʼn manier insluit dat onteiening sonder vergoeding ʼn werklikheid word, kan dit lei tot grootskaalse sosio-ekonomiese onluste, grondgrype en die onwettige bewoning van enige grond ten spyte van wie die eienaars is,” het hy gesê.

Eloff meen as die ondoeltreffendheid en gebrek aan kapasiteit van die polisie in ag geneem word, is daar ʼn werklike moontlikheid dat eienaars die wet in eie hande gaan neem. Dit kan volgens die stigting lei tot ernstige agteruitgang in rasseverhoudinge en selfs anargie en bloedvergieting.

LP’s was egter nie oortuig nie en Vincent Smith van die ANC het aangevoer as daar geen verandering in grondeienaarskappatrone is nie daar ʼn gróter risiko vir politieke onluste is gegewe die “honger” na grond in die land.

Tebogo Mokwele, LP van die EFF, het Eloff en die res van sy afvaardiging gebrandmerk as deel van “die bende van 1652”.

“Hulle beweer hulle beywer hulle vir vrede en eenheid. Nou hoe gaan ons vrede in Suid-Afrika hê as meeste van die kwesbare gemeenskappe van Suid-Afrika – wat toevallig swart is – nie toegang tot grond het nie?” wou Mokwele weet.

“In jou voorlegging het jy genoem daar sal ʼn oorlog wees; jy waarsku ons waarvoor jy jouself voorberei, jy berei jouself voor vir oorlog. Ek het bewyse daarvan,” het hy bygevoeg.

Ander LP’s het in die bres getree omdat Mokwele volgens hulle “verdelende” opmerkings gemaak het.

Annelie Lotriet, DA-LP, het gesê dis baie ongemaklik om saam met iemand te sit wat sulke soort opmerkings maak. ʼn Ander het gekla dat Mokwele die platform misbruik.

Lewis Nzimande, medevoorsitter van die komitee, het bevind Mokwele was buite orde en het by haar gepleit om duidelike vrae te vra en nie die debat te begin voordat die beraadslaging tussen LP’s in erns begin nie.

Vandag is die laaste dag wat individue en organisasies verbale voorleggings aan die grondwetlike hersieningskomitee kan maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Santjie ·

julle is soos hierdie klein hondjies wat net heeltyd blaf en geraas maak.

groot geraas ·

Lee blikke maak die grootste geraas! Niks pitte wat kan raas nie!

FPVZ ·

Nonsens. Almal het toegang tot grond. Jy moet dit koop. Niemand het reg rot gratis grond nie. En as jy grond vat gaan jy oorlog veroorsaak. Jy dink nog jy vat witman se grond dan kom ander groepben vat joune. Zilikatse vanvoor af.

Hoe nou....... ·

Ja Bra…..as dit nie vir die 1652 bende was nie het jy nie nou met jou X5 rond gejaag nie! Dan het jy nog met n beesvelletjie rondgedwaal en in n modder hut gebly. Maar dis die 1994 bende wat die meeste akkies aanjaag.

Hoc est bellum ·

As die grond nie bewerk gaan word nie, gaan julle nie grond kan eet nie. Die lafhartige oorlogvoering het lankal begin toe die boere op hul plase aangeval was. Nou maak die EFF geraas om die aandag van Shivambu se miljoene af te trek. Weerligafleierparty! Hulle kitaar het net een snaar. Dis so lekker om die TV se afstandbeheer na ander kanaal oor te skakel as hul gesigte op die skerm verskyn.

Irene ·

So moeg vir die koolkop wat niemand kan uit los nie soek liewer die geld

koos1 ·

Die nou die EFF wat nie behoorlik kan verklaar waar hulle hul geld vandaan kry nie. VBS?
En Smith van die ANC wat se huis R200 000.00+ se kameras sommer net gekry het.
Die nie leë blikke nie, hierdie blikke is baie vol geld wat nie eerbaar bekom is nie!

wet ·

Is dit nie basies dieselde mense wat in 1994 gese het dat daar gaan oorlog wees as die land nie oorgegee word nie?

Essie ·

As hul mooi neem het die blankes die land kom mak msak en plase bewerk die swartes het dit so kom kry na hul trekking suidwaarts

Anoniem ·

Hierdie eff everything for free mannetjies is net so korrup soos oom zuma

Lollie ·

Noem my 1 ding waar die EFF betrokke was wat goed afgeloop het!
Hulle is SA se terroriste!
Hulle is met niks tevrede nie, soek rykdom en als net vir hulself en gun niemand anders ń plekkie in die son nie!
Solank hulle in ons midde is sal swart en wit beslis nie langs 1 vuur sit nie!

Netso ·

Wat wil julle nou eintlik bereik met hierdie skrywe ? Is daar nie iemand wat weer ñ skande kan maak iewers dat ons nuus het om te lees nie asb?

Sarel ·

1652 se geskenk aan Afrika anders was hier steeds niks en moontlik net n klomp mekaarvreters.

Nelia van Zyl ·

Nou toe nou – en watter bende is julle? Die Louis Vuitton- bende? Of die BMW-bende? Of dalk Trompie en sy VBS-maters? Verduidelik eerder aan die armstes van armes wie julle regtig is.

Die Reiger, die Tyger en die Titanic ·

Kyk nou hoe skel die Tsotsi daai Duusman uit vir ‘n gangster.

John ·

Die ou spreekwoord lui: Om iemand agter die deur te soek as jy self daar staan. Fluitjie het die geld vir sy grootbaas bekom om sy belasting te betaal vandaar dat die twee steeds bedmaats is.

Adam ·

Beide die EFF en die De Klerk stigting is totaal irrelevant vir SA se toekoms. Die De Klerk stigting se mense is darem ten minste beter gemanierd.

Fryingfrog ·

Nee, net sakemanne wat ‘n flentertjie grond gesoek het vir ‘n halfwegstasie vir die verbyvarende skepe na Indië waar die handel floreer het. Hulle het hul misgis met die groot agterstand in beskawing hier aan die suidpunt. Hul sakke was vol geld, en hul was bereid om te betaal, maar niemand het belanggestel nie. Toe bly hulle maar om die armes te voed en te klee. Tipies Nederlander.

jan ·

julle afrikanerkies onderskat die eff, hulle werk saam saam met die anc om julle te vernietig,….

Plesierig ·

En in watter kampietjie is jy dat jy jou so verlekker in die misnoë van die Afrikanerkies?

Alida ·

In 1652 was die EFF nog nie eers in hul oor oor grootjie se gedagtes nie. Ignoreer die spul en maak hulle met Zuma en al VBS se geld teruggee.

Michael ·

so agter die klip. het ook nou eers uit gevind wat die woord bende beteken

Nikita ·

Ag man, word tog groot eff en klim uit julle babygrows….julle kan bly wees dis nie die Ossewabrandwag nie…die pro-Nazis. So siek & sat vir hierdie hele spul rooi narre. Hoe lank moet ons nog pause druk.

Ek dink ·

Die EFF se nooit enigiets van die feit dat swart mense grond by die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika, die Koisan, afgevat het nie. Hulle kom oorspronklik van baie ver noord in Afrika en het die Koisan vermoor en verdryf. Maar dit verswyg hulle- of dalk weet hulle nie eers daarvan nie. So hulle is net skuldig aan die dinge waarvan hulle ander mense beskuldig.

Gatvol ·

Sjoe, die EFF sal almal ‘n welkome blaaskans gee as hulle net kan ophou praat!

Swannie ·

Hoe praat Eloff van die De Klerk stigting dan nou van bloedvergieting ? FW en sy maatjies het dan juis die land weggegee om bloedvergieting te voorkom.

Toe ek destyds voorspel het dat bloedvergieting slegs uitgestel word, wou niemand my glo nie.

Waarheid ·

Jip de klerk hierdie is jou maatjies .
Wat se jy nou? Jy moes mos die visie oor hulle gehad het? Jy en ramapaddapot en roelfie en ander meelopers van die de klerk bende.

mini ·

ai gee tog fopspeen vir die arme man in rooi, die De Klerks was al in sa sedert 1668…..3 broers het in sa ingekom….so al die De Klerks is al van vroeg hier….

jandre ·

Hey Maroela-pit! Jy gee die swape n podium deur hulle aandag te gee.

Dienkie ·

Jan, NIEMAND kon nog ooit daarin slaag om die Afrikanervolk te VERNIETIG nie. Daarvoor het ons Hemelse Vader gesorg. Het die Britte dit reggekry om die Afrikervolk te vernietig – NEE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.