EFF se dreigemente oor sluit van skole veroordeel

(Argieffoto: ANA)

Die drukgroep Action Society veroordeel die dreigemente deur die EFF rakende die sluiting van skole.

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag tydens ‘n perskonferensie by die EFF-hoofkwartiere in Johannesburg geëis dat skole moet sluit. “Skole moet onmiddellik sluit omdat ons kinders gaan sterf. Ons gee die minister sewe dae om skole te sluit. As sy dit nie doen nie, sal ons skole self moet toemaak,” het hy gesê.

Daleen Gouws, woordvoerder van Action Society, het in ʼn verklaring gesê in ‘n land waar geweldsmisdaad algemeen voorkom en die lewens van alle Suid-Afrikaners, veral dié van onskuldige kinders bedreig word, maak die EFF roekelose opmerkings oor die sluiting van skole weens die Covid-19-pandemie.

Volgens Action Society moet skole en hul onderskeie bestuursliggame eerder die geleentheid gegun word om sélf op grond van hul eie meriete te besluit of hulle ʼn skool wil sluit, aangesien elke skool se omstandighede verskil. Daarom moet hulle die geleentheid gegun word om self te besluit hoe hulle die Covid-19-situasie sal hanteer tot die beste belang van beide leerders en onderwysers.

“Gedurende die afgelope jaar is daar baie lesse geleer en hindernisse oorkom met betrekking tot die pandemie,” het Gouws gesê. “Die EFF en die departement van basiese onderwys kan nie verwag dat alle skole op dieselfde vlak geëvalueer word nie.”

Sy sê die EFF vergeet dat ongeveer 9 miljoen leerders daagliks gevoed word deur skoolvoedingskemas, en die sluiting van skole sal hierdie kinders sonder hul enigste maaltyd laat. “Dit is ook nie al kwessie wat oorweeg moet word as jy pleit vir die sluiting van skole nie. Met ‘n sukkelende ekonomie kan min ouers kinderoppassers bekostig. Kinders moet dan noodgedwonge alleen tuis bly terwyl ouers gaan werk, dikwels word hulle in die onbetroubare sorg gelaat van individue wat hulle mishandel.”

Volgens Gouws is leerders besig om voor te berei vir die Junie-eksamen en dit is noodsaaklik dat ons kinders nie van hul basiese reg tot onderwys ontneem word nie. “Die impak wat Covid-19 reeds op die 2020-skooljaar en opvoedkundige prestasie van leerders gehad het, sal nog lank ’n negatiewe uitwerking op leerders en skole hê. Ons verstaan ​​dat dit ‘n ingewikkelde besluit is om al die risiko’s in gedagte te hou. Ons prioriteit is egter die welstand en veiligheid van skoolgaande kinders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cecilia

Ongeletterde mense sal skole sluit sodat die land nog meer agter uit gaan ons as ouers weet hoe om die situasie te hanteer sou ons gekonfroteer word met iemand wat positief is. En dis nie sy besluit wat vir my kind goed is of nie dis myne so hy kan uitskei en ons los om besluite te neem. Wel as hy dit graag wil sluit betaal jy die skoolgelde en sommer n toe laag vir almal wat oppassers moet kry. Pffff oor die rooipetter en sy demands

Philip

Dit sal eerder voordelig vir SAwees as ons daardie smoel van jou permanent kan toemaak gaan dreig eerder Qur People wat in toordokters glo.

Winnie

Waar is Langenhoven as ons hom nodig het. Leë vat draai toe jou kraan dalk sien ons jou vir ‘n volle aan. Hierdie man is soos ‘n druppende kraan erg frustrerend

Persheks Adri

Irritasie die knaap! Toe ek laaste gehoor het mag jy nie dreig nie so hoe nou? Wens sy groot mond kan toe gemaak word! Hier kom sports…

Renier johannes

Hy is bang die kinders word slimmer as hy