EFF sê nee vir koalisies, maar…

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag aangekondig dat sy party geen koalisies met ander partye sal aangaan nie, maar wel sekere partye sal steun in die onderskeie munisipaliteite waar geen party ʼn meerderheid gekry het nie.

Malema het gesê die EFF sal vir die DA stem in die Tshwane-, Ekurhuleni-, Johannesburg- en Nelson Mandelabaai-metro’s. Die EFF het egter ʼn voorwaarde gestel vir sy steun in Johannesburg maar Malema wou egter nie die voorwaarde bekendmaak nie.

Die EFF sal sy steun aan die IVP toesê in KwaZulu-Natal. Die EFF sal dus tydens die verkiesing van raadslede, burgemeesters en verteenwoordigers sy stem aan die betrokke partye soos genoem, verskaf. Die partye sal dus saam met die EFF se stemme genoeg steun hê om hul raadslede tot magsposisies te verkies. “Ons het niks met niemand onderteken nie, ons het net ons steun aangebied sonder enige voorwaardes,” het Malema gesê.

“Die ANC sal nie ʼn enkele stem van die EFF af kry nie. Die ANC moet uit die mag verwyder word. Die ANC is verskriklik arrogant. Hulle maak of daar niks gebeur het nie, al het hulle swak gevaar in die verkiesing,” het Malema gesê.

Hy het bygevoeg die party het besluit om vir sekere partye in sekere munisipaliteite te stem aangesien hulle nie dienslewering wil vertraag oor ideologiese verskille nie. “Ons wil nie posisies hê nie, ons wil net die opposisie wees. Ons was vasgevang tussen twee duiwels en ons moes die beter duiwel kies. Die ANC moes tussen pres. Jacob Zuma en die metro’s kies en hulle het Zuma gekies.”

Volgens Malema wil die EFF nie “met kortpaaie” bo uitkom nie en sal hulle eerder hul plek in die opposisiebanke inneem en wag tot hulle self kan regeer. “Die EFF gaan nie neutraal wees nie. Ons sal nooit weer na die ANC toe teruggaan nie.”

Malema het gesê die EFF het met die DA en ANC gesprekke gevoer oor koalisies, maar dat die partye mekaar nie kon vind nie.

Volgens Malema het sy party tydens die gesprekke met die ANC oor ʼn moontlike koalisie verskeie voorwaardes gestel waaronder die wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, die nasionalisering van banke en myne, gratis onderwys, die verwydering van Die Stem uit die volkslied, ʼn kommissie van ondersoek na die Gupta-familie en die herroeping van Zuma se presidentskap.

Volgens Malema het die ANC se topbestuur, waaronder Gwede Mantashe, Jessie Duarte en Jeff Radebe, die gesprekke bygewoon. Die ANC het glo ingestem tot van die voorwaardes maar het onder meer geweier dat Zuma herroep word.

“Ons het soortgelyke voorwaardes aan die DA, die party van wit rassiste, gestel. Hulle het egter nie die mag om die Grondwet te wysig nie, maar ons het hulle gevra om saam met ons ʼn mediakonferensie toe te spreek waarin hulle hul steun uitspreek vir grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van banke en myne wat hoofsaaklik deur wit mans besit word.”

Volgens Malema het die DA ook ingestem tot van die voorwaardes maar kon die partye nie ooreenkom nie en het die EFF daarna besluit om nie in ʼn koalisie met enige party aan te gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Simon ·

En daar het jul DA ondersteuners nou self gehoor waarvoor hul instem. Grond onteining en nasionalisering van banke. Jul witmens DA stemme veraai die blankes. Die DA is self EFF in blou. Sterkte aan die land waar blankes verder gemartel en afgebreek word. Die DA sal almal verraai vir magsposisie en saam die duiwel stem om te regeer.

Karolis ·

Simon, verduidelik asseblief die verskil in jou kommentaar tussen “witmens en blankes” vir my.

Kobus Strydom ·

Simon, jy praat twak. Die DA het tot niks wat jy noem ingestem nie. Jy weet kennelik niks van die politiek nie en wil seker maar net jou ou naam op die internet sien. Leë vat hou toe jou kraan, dan sien hulle jou straks vir ‘n volle aan.

JC ·

En daarmee saam eindig ‘n stukkie geskiedenis, van hier af gaan die EFF in die bladsye van geskiedenis in verdwyn, met net ‘n klein kerngroepie lojale ondersteuners, net so vinnig as wat hul gekom het…die meerderheid Suid-Afrikaners is van nature nie radikaliste nie. Al die geharwar was dus vir niks. Hopelik besef die ANC nou die apartheid argument gaan nie meer op nie en dat hul nie meer ‘n “liberation” party is nie maar nou vir almal en veral die armes moet begin werk om stemme te behou en te verkry; wat net goed kan wees vir die land en sy mense. Indien nie, gaan hulle net meer val en die DA aanhou groei. Dit was beslis ‘n wekroep-al maak die ANC of dit hul nie traak nie-hul is tot in hul fondamente geskud! Simon, jy glo veels te maklik wat Mnr Malema se oor die DA- jy kan hom nie vertrou en glo nie, nes sy stiefpa Zuma. Nog ‘n verblydende teken was die sterk minderheidstem van die VF Plus. Mag dit net nog meer groei kom 2019!!

Koos Koek ·

So Simon, wat is dan die alternatief as ons nie vir die DA mag stem nie?? Vir wie moet ons dan stem? Die FF Plus? Ten minste weet ons as die DA Johannesburg en Pretoria beheer sal daar ten minste beter dienste gelewer word. Water en krag rekening sal reg wees. Die stadsraad sal sorg dat die strate skoon bly. Die stadsrade sal nie belasting geld mors soos die ANC dit op hulself gemors het nie. Dit is vir my BAIE MEER belangrik as om vir ‘n klein party soos die FF Plus te stem wat in elk geval niks kan doen nie en dan op die einde van die dag nog met die ANC in die bed wil spring soos Constant Viljoen gedoen het net sodat hy sy geldtjie kan verdien. Ten minste weet ons ook nou die EEF soek nie koalisie met die DA nie maar sal die DA eerder ondersteun. Dit is BAIE beter as enige alternatief daar buite. Behalwe as jy nou ‘n Oranje wil stig… Dan is jy vry om te gaan.

Beureun ·

Koos maar tog gaan VVplus saam DA werk so wat is die issue om VV plus te stem. Ek het wel nie die DA gesien die reg tot Afrikaans steun by univesiteite nie.

Stan ·

Simon, ek stem saam met jou. Blankes binne die DA gaan net so aan die slaap gevang word soos die NP in 1994! Meer respek vir die EFF want hulle weet waarvoor hulle staan en probeer nie almal gelukkig hou nie.

Christo ·

Simon dalk moet jy net weer die laaste deel van die berig lees voordat jy jou toys uit die kot gooi. Die DA het nie gese ja vir die voorwaardes nie, maar in gestem vir n paar van dit. Nie al die voorwaardes word hier genome nie, en hoe weet jy wat het die DA saam gestem, was jy daar? Ek dog ek vra net……

Morne ·

Christo jy steel die woorde uit my mond. Ek wou presies dieselfde ding aan Simon vra. Dankie

Deon ·

So Christo en Morne – watter van die voorwaardes was nou vir julle aanvaarbaar? As hulle dan nou nie alles aanvaar nie – watter kommunistiese en rassistiese voorwaardes was vir julle aanvaarbaar? DA/ANC-Lite het al sy kleure gewys toe hulle nie kon wag om Penny Sparrow en soortgelyke gevalle aan te kla, maar doodstil is oor omgekeerde rassevoorvalle nie.

TM ·

Simon het ‘n punt. Net die idee dat die DA met die EFF vergader het wys vir my gevaarligte. ‘n Benoude kat gee benoude spronge en mense sal enigiets doen vir mag. Ek het nog nie veel gehoor van die groter partye wat met veel kleiner partye wat nog waardes het wil saamsmelt nie, maar ek staan onder korreksie….maar dit wys jou net.

Columbiana ·

Almal up in arms oor die DA met die EFF gepraat het. Wat van die VF se eie lewer wat in die bed gespring het met die Zuma deur in sy kabinet te dien. Dis nou ‘n strong vir mag vir jou daai hoor

Columbiana ·

Duidelik wil predictive text sy eie ding skryf.
Dis moet lees wat van die DA se leier was saam met Zuma in die bed gespring het. Dis nou ‘n sprong vir mag daai.??

Columbiana ·

Ag nee laat sak maar my tik vinger vir die dag!!!!
Magtig dit moes lees wat van die VF leier wat saam met Zuma in die bed gespring het. Dis nou dit gee nou maar boedel oor

PH ·

Columbiana – jy kan nie getik kry nie omdat jy nonsens skryf…dis hoe die blinde sambok werk. Dis nou oor in-die-bed spring met die ANC snert…nou dat hy nie meer daar is nie, en die DA niks anders kan gebruik om hom af te kraak nie, gebeur die eerste hou – jy kan nie meer tik nie.

Columbiana ·

??sukkel ek nou om sin te maak van hierdie skrywe. Wat probeer jy nou eintlik se?

Oosie ·

Wees maar liewer versigtig om dadelik wilde gevolgtrekkings te maak. Kan nie noual kommentaar lewer nie, want hierdie is net ‘n deel van die prentjie….

Patriot ·

Stem saam met jou Simon. Ons is weereens uitverkoop aan politieke partye wat geen insig toon in ekonomiese groei en geen sentimente het vir dit wat vir (wit) minderhede lief en dierbaar is nie. Waar gaan die betrokke partye beleggingsvennote vind? Eiebelang word weereens voorop gestel-politiek is ‘n vuilspel! Hoop die mense wat van mening was dat die DA hul verlossers is, skrik wakker voor die volgende algemene verkiesing!

Karma ·

@Patriot ….. Ja-nee wat, ek sit hier geduldig maar op my ou draadjie. Ek het nie en gaan nooit weer stem nie. Dan kan ek ten minste eerlik sê ek het nie ‘n aandeel in die ondergang van die land gehad nie. Net soos ek vandag sê Zuma is nie my president nie, want ek het nie vir hom gestem nie. En twak! aan diegene wat vir my sê dat elke stem wat nie vir die een of ander party behalwe die ANC gegaan het nie, is ‘n stem vir die ANC. Niemand het my stem nie, so niemand kan dit kry of verloor as ek nie gestem het nie.

Columbiana ·

As jy nie stem nie het jy nie ‘n stem nie. Jy mag nie kla kerm of gelukkig wees oor enige verwikkelinge in die land nie. Jy mag net op jou stoep sit en voor jou uit staar.

Kiepie ·

Hoe kry ‘n party wat 8% van die steun in die land geniet dit reg om 90% van die nuus te oorheers? Daar word baie meer aandag aan die EFF gegee as wat hulle waardig is en sodoende word hulle gesterk in hulle kwaad.

Karma ·

@Columbia – nee alla maggies Columbia. Ek het nie ‘n stem nie, dit weet ek, daarom worry ek nie daaroor nie. Maar heeldag op my stoep sit en voor my uitstaar? (1) Ek het nie ‘n stoep nie en (2) ek moet werk om te kan leef, hoe kan ek dan heeldag op my stoep sit en voor my uitstaar? Ek is net realisties genoeg om te weet dat g’n politieke party vir my kos op die tafel gaan sit, my geld gaan gee, my ‘n huis gaan gee, my kar betaal, my medies betaal ens. ens. ens. nie. Waarvoor moet ek dan gaan stem? Nee, foeter julle maar aan, los my maar net uit. Ek werk vir wat ek het en vir wat ek wil hê.

Columbiana ·

My liewe Karma as jy weier om te stem gaan die land onder dan is op die stoep sit en staar ons almal se voorland.

Bloues ·

Baie slim EFF. Kry die mag weg van die ANC deurdat die DA daarmee help. Wanneer ANC totaal tot niet is, veg dan teen die DA. Voor Malema 60 is, is hy president. Sy doeltreffende strategie is opmerklik. Glad nie dom nie.

Karma ·

@Columbiana ……. Ek het nie gaan stem nie, want weet jy wat? Die party vir wie ek SOU stem, het nie eens ‘n verteenwoordiger in my Wyk nie. Nou ja, wat en hoe dan nou???

Donovan ·

Ai Simon, ek kan nie glo jy glo Julius se uitlatings nie… ek kan ook nie glo dat jy so naief is om daai beursiebek ooit te glo wat hy se nie… Die DA is die enigste party in die land wat n Geestelike leier het wat hom lei… ons het almal gebid vir n Godsman on RSA weer te lei en nou dat ons hom het, nou kruisig jy die man… Word wakker en ruik die koffie, hou ook op om jou vel kleur te gebruik oor jou onvermoeens… dit het tyd geword dat jy verby kleur en ras kyk en begin sien dat ongeag wat se ras/kleur ons saam sal moet staan om die land op koers te hou… en volgens jou wie anders is daar as die DA om ons land vorentoe te vat…

Koos Koek ·

Presies Donovan. Wat was die alternatief? Dat die EFF liewer met die ANC saamwerk? Dat ons liewers vir die FF Plus moet stem wat dan met sy 1% miskien nog ‘n koalisie vorm met die ANC? Ek’s bly dat Pretoria en Johannesburg nie meer deur die ANC in beheer is nie en dat ons nie nou moet gaan agteroor le nie maar uit haal en wys. Die harde werk le nou voor om vir al die mense in Pretoria en Johannesburg te wys hoe word ‘n stad goed beheer en dat ons tax geld sal gaan waar dit nodig is en nie verdwyn op ANC partytjies en ander gemors nie. Die harde werk le nou voor. Sterkte DA!

Tokkie ·

Donnavan — Geestelike Leier – rêrig ???? Hoe weet jy???

Gerhard ·

“Geestelike leier…Godsman”….bietjie te dik vir n’ daalder

Andrea ·

Stem saam, Donovan.
Dis my plig as burger om te stem. Ek moet dit doen vir my land en my kinders en hul kinders. Nou is dit maklik om nie te gaan stem nie, omdat daar nie n party is wat my presiese sienswyse deel nie. Maar ek moet stem, dus probeer ek die beste van n slegte saak maak deur vir die party wat die meeste impak teen die ANC kan hê, te stem. Daarom sal ek nie vir die VF Plus stem nie. Dis n mors van my kosbare stem.

Deon ·

Janee – geestelike leier since when? Feit is – hier is nou weer een charismatiese voorganger, wat deur almal opgehemel word, maar wat soos die opghemelde Nelson van ouds, ook maar sy kaders in magsposisies sal sit, en wanneer hy uittree, het ons weer ANC van voor af, indien nie erger nie. Waar dink julle kom die ANC-lite storie vandaan??

PH ·

Nee wat Donovan, jou uitlating oor “Geestelike Leier” is so onvanpas en belaglik, mens kan niks verder wat jy se enigsins oorweeg om erenstif op te vat nie. Die VF+ en ACDP is die ENIGSTE twee partye wat die 3-Enige God formeel, en sonder om te skroom, in hulle formele beleidsverklarings het. En jy wil ook aan ons staan en verkoop dat ‘n party met ‘n leier wat geen problem het met kindermoord (aborsie) “Geestelik” is? Van watter “gees” praat jy? En van watter “god” praat jy? Ek sal weer en weer SLEGS vir ‘n party, ongeag hoe klein hulle is, stem wat die 3-Enige God erken en Jesus Christus as enigste Saligmaker. Dit is die eerste ding waarna ek kyk…as daar dan geen so party is nie, stem ek nie in die wereld nie, en sal aanhou slegs stem vir Jesus, of ek nou ‘n kruisie trek of nie. Mooi media verkoops en breinspoel tegnieke oor kastige pastore flous my nie.

jaco ·

Verklaar asseblief hoe hierdie zogenaamde Godsman-leier v.d. DA ten gunste van aborsie en gay huwelike kan wees? Of is hy maar nes die ou NG en Dopper dominees in die ou Nasionale Party wat apartheid en rasseskeiding goedgepraat het?

LOUIS ·

Maar bly dat daar geen kwalisie tussen die EFF en die DA gevorm gaan word nie. Die pad vorentoe gaan met BAIE stampe en rof wees

EJ ·

Ai, almal bid dat SA n beter land moet word. Noudat kla almal nog steeds. God wil ons help want ons bid v hulp maar nou gooi jul al Sy hulp terug in Sy gesig…. ek dink jul wat kla oor die DA ens moet eerder kyk na julle self. Jul is die hopelose skakel in die sameleweing.

PH ·

EJ, dis nou interresant – ek het na myself gekyk en gebid, en sal nooit weer DA stem nie agv dit. Wat nou? LOL!!! Nee boet…miskien is dit tyd dat jyself ook begin doen wat jy preek. Glo my, dit kan baie bevrydend wees.

Patriot ·

Kobus, Karolis, JC, Christo en ander, niemand is so blind as die een wat nie WIL sien nie-julle is sprekend van kortsigtige mense wat maar net nie wil erken dat julle weereens ‘n groot ordeelsfout begaan het deur te heul met die opposisie-weereens ‘n Piet Retief/Dingaan-ooreenkoms! Wanneer gaan julle leer om nie teen jul beter wete te stem nie?

Deon ·

Presies… geskiedenis herhaal en herhaal en herhaal, maar dink jy die mense leer daaruit??

Patriot ·

Koos Koek, ja die VF Plus sou iets kon doen as mense soos jy eerder ‘n stem van welwillendheid en vertroue teenoor jou eie mense kon uitbring. En dis VF Plus, nie FF Plus nie!

Columbiana ·

Eie mense? Suid Afrikaners is my eie mense. Wie is jou net?

Karma ·

@Patriot – Maar toe het die VF+ nie ‘n verteenwoordiger in my Wyk nie, so hoe maak mens dan?

Cherokee ·

Die DA-stemmers keer vir ‘n vale vir hul wickets. Lank voor die verkiesing, tye gelede, het ek twee voorspellings gemaak. Gesê die DA gaan een word met die EFF in koalisie en al wat nou daarvoor keer is die EFF. Die DA wil by hulle inskakel – hou selfs vergadering met hulle.
My tweede voorspelling was dat net soos niemand behalwe FW ‘ja’ gestem het nie gaan mense vorentoe ook te skaam wees om te erken dat hulle DA gestem het. Dit gaan ook bewaarheid word.

Moegviraldiebeloftes ·

ek verstaan nie waaroor die bohaai is nie. Die VF+ het nie eintlik veel gewen met hierdie verkiesing gewen nie. Jan Alleman wil net in vrede lewe, ‘n huis hê, kos om te eet en ‘n werk. Hierdie verkiesing het gegaan oor jou dorp se bestuur en vooruitgang en niks anders nie. al die kiesers wat nie nou gestem het nie kan nie nou entlik kla oor dienslewering nie. Al die ander kwessies is vir die toekomstige verkiesing in 2019 want dan stem ons vir ons provinsiale en nasioenale regering. Inteendeel ek sou definitief nie VF+ in my dorp gestem het nie want hulle doen niks hier nie dis ‘n DA beheerde een – as ons almal vir “blank” (haat die woord en “afrikaner” sou stem het ons weer met ‘n korrupte anc moes stoei (het daai paadjie klaar geloop (nee dankie nooit wweer as ek dit kan verhelp)- tog sekerlik is ons nie so dom nie!!! Indien die DA wel ‘n stem of twee in jou dorp gekort het om die dorp te kon bestuur en jy het vir die VF+ gestem wel dan is jy die verraaier en nie ons nie.

Loeis ·

Dit is bitter moeilik, Moegviraldiebeloftes, om veel uit te rig wanneer jy min setels het. As jy nie vir VF+ gestem het nie, dan is dit jou skuld dat VF+ se slaankrag ingeperk is. As jy of jou kinders nie werk het nie, dan is jy aandadig omdat jy vir die DA wat swart bevoordeling steun, gestem het. En as jy van “verraaier” wil praat: dit is Helen Zille en haar Black Sash wie so hard geveg het om die ANC in die eerste plek aan die bewind te kry! As jy vir die DA gestem het, dan is jy die verraaier!!!

Deon ·

Dankie Loeis – ek is bly om te sien hier is mense wat kan dink ook en nie net blindelings die massas volg en verdedig nie…

Lee-anne ·

Liewe Cherokee, ons kon nie aangaan soos voor ’94 nie, daar was nie ‘n ander opsie as om ‘ja’ te stem nie. Ek is verseker nie skaam om te sê ek het ‘ja’ gestem nie. Dit was die regte ding nou ook om DA te stem. Sodra dit begin lyk asof ANC krimp en DA kry die land min of meer op koers, dan stem ek (dalk) weer VFplus. Vir nou moes ons almal saamstaan, ek dink dit het gewerk. Die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie, maar ek het moed…

Cherokee ·

Iemand vra hierbo êrens ‘wie anders daar is as die DA om die land vorentoe te vat’. Ek is in alleen in my kantoor en het hard daavoor gelag. Kort voor die veelbesproke referendum het ‘n volslae nasionalis wat NP gepraat het waar hy gegaan het, by ‘n vleisbraai by sy huis in Carletonville vir my gevra en ek herhaal hom woordelik “Wie in die land dink jy kan ‘n beter leier wees vir Suid Afrika as Marthinus van Schalkwyk?” Ek het daaroor ook gelag.
******
******
In August 2004 it was announced that Van Schalkwyk would become a member of the ANC, and that the NNP would be disbanded in 2005 or 2006 at the latest. This decision was finalized on 9 April 2005, when the party’s federal committee overwhelmingly endorsed its regional committees’ recommendation to disband the party as soon as municipal election results were finalised.

Colombiana ·

Dankie vir die geskiedenis les maar dit antwoord dan nog steeds nie die vraag hier in die here and now?

Karma ·

Jaaa …… ou Jan Kortbroekie het sy party en die blanke stemmers van die 90’s sleg in die steek gelaat. Gelukkig was ek ‘n “Nee”-stemmer en het ek nie NP gestem nie en ook nog nooit NNP/DF/DA nie, want na daardie een jaar wat ek in die ‘nuwe’ SA gestem het, het ek – en gaan ek – ook nooit weer stem nie.

Deon ·

Janee, DA, oftewel ANC-Lite, soos hulle lankal gedoop is, kon nie wag om hulle ware kleure te wys en na anargistiese bedmaats te vry nie. Ons is almal bly dat die DA die ANC op baie plekke opdraende gegee en selfs gewen het, want die ANC kan nie langer geduld word nie, maar ek stem heeltemaal saam met die menings hierbod dat DA stemmers vorentoe ook nog gaan skaam kry. Die wat so graag wil sê dat die VF+ niks doen nie – maak bietjie julle ogies oop en erken wie is die enigste party wat rassisme daadwerklik aanvat? Wie is die enigste party se lede wat self moue oprol en slaggate regmaak? Watter party is die enigste wat sake soos kulturele erfenis probeer beskerm? Raak eerder ingelig as om persoonlike onkunde so wyd te vertoon en jou “ja-stem/skies DA stem” op te hemel net omdat dit die “in-ding” is.

LS ·

@ Bloues, ek deel jou siening. Die standpunt wat die EFF in neem beteken dat hulle geen direkte verantwoordelikheid het teenoor dienslewering en gevolglik ook nie tot verantwoording geroep kan word. Dit hou die deur wawyd oop om voort te gaan om slegs ander te kritiseer om sodoende steun te wen. Die tempo om op openbare platforms liberale steun op die wyse te versamel is baie makliker as om self die “juk” te dra en te hoop dit vind die nodige aanklank.

Zuleike ·

En terwyl julle almal so baklei, kondig Peter Mulder van die VF+ ‘n koalisie ooreenkoms aan met die DA. Wat se julle nou? Ek glo die DA kan vir ALLE Suid Afrikaners ‘n beter toekoms gee.

Deon ·

As VF+ ondersteuner, keur ek dit goed – sou jy die VF+ eerder saam met EFF of ANC wou sien? Hierdie gaan oor beheer van stadsrade en VF+ het alreeds met sy bondgenote Afriforum en Solidariteit gewys dat hy meer as bereid is om sy deel te doen om vooruitgang vir almal in die land te bewerkstellig. Dit is duidelik dat ‘n paar oningeligdes die VF+ as ‘n eksklusief blanke, Afrikaner en dus rassistiese party wil voorhou- hoekom kry julle nie eers die werklike inligting voordat julle julle onkunde so wyd adverteer nie?

PH ·

En terwyl jy ‘n punt probeer maak…sou jy verkies het hy moet dit met die ANC of EFF doen? Toe hy Adjunk-minister was toe “klae” al die DA mense omdat hy iets vir die boere probeer doen van binne die regering. ‘n Beter toekoms vir ALLE Suid-Afrikaners onder die DA, terwyl hulle se my kind is te wit om werk te kry? Nee wat – ek is bly hy het dit gedoen…iemand moet die DA op hulle tone hou sodat hulle nie nog meer teen jou en jou kinders kan draai sonder dat jy dit weet nie. Good on him!

lettie ·

Genade ons Afrikaners kan darem kla en kerm! Selfs wanneer daar positiewe verandering kom.! Mmusi Maimane is n geestelike leier en dit is wat ons land nodig het. Ons het gebid vir uitkoms, en dit is nou in ons hande om die land te help vorm met positiwiteit.

PH ·

Lettie – is dit nou die Mmusi wat op 702 gese het, en ek haal hom direk aan: “South Africa is a constitutional country and not a Christian country”? Oppas vir die valse profete ook – die Bybel waarsku dat tot die uitverkorenis deur hulle uitgevang gaan word. Deon – die nuwe wereld orde media, meestal gelei in SA deur News24 en Naspers koerante, het uitbasuin dat Mmusi op ‘n stadium geswot het om pastoor te word. Toe is die arm natuurlik afgeruk daaroor! Wag tot hulle begin oor hy met ‘n WIT vrou getroud is…dit maak hom ook “the white savior”. En DAN is daar natuurlik GEEN probleem daarmee om velkleur op te bring nie. LOL!!

Maddox ·

In die week ‘n politikus en die naweek ‘n pastoor, wat ‘n anti-thesis is dit nie. Kom ek help jou ook sommer reg, die DA is ook ten gunste van ateisme, en aborsies. Glad nie goed wat pas by iemand wat sogenaamd ‘n ” geestelikke leier” is nie.

Retha ·

Goeiste! Onteiening sonder vergoeding ens??? nou is ek EERS bly ek het maar vir die ‘klein’ partytjie gestem.

Deon ·

Dit is eintlik komies hoe die massas aanvaar dat die DA kandidate “die land gaan regruk”. Die kandidate wat ek sien wat deur die DA as nuwe leiers voorgehou word, is maar dieselfde name wat onlangs nog vir ANC en partners gewerk en gestem het – waar sou hulle dan almal nou skielik al die nuwe insigte, vaardighede en selfs vroomheid vandaan gekry het wat soveel verskil van hulle vorige “indelings”. ‘n Blou hempie is nie eintlik ‘n stralekransie nie….

Koos Koek ·

Wel Deon as jy nog nie gesien het dat Kaapstad duisend mal beter lyk as Johannesburg en Pretoria ten opsigte van dienslewering, skoon strate ens dan is jy regtig blind. Afrikaners kla en kla en kla net. Geen wonder ons sit waar ons sit nie want niemand wil saamwerk of mekaar help nie.

Deon ·

Koos ek moet eerlik erken: ek reis baie en nee, Kaapstad lyk NIE vir my beter nie. Inteendeel, ek dink die bendebedrywighede, misdaad “agter die berg”, sosiale krisisse op die plase ens. word net beter verbloem. Miskien is Gauteng se joernaliste maar net skerper en rapporteer misdaad en swak dienslewering beter, maar nee, dit lyk eintlik vir my slegter in die Kaap, veral as mens so langs die pad kyk van die lughawe af stad toe…

Gerda ·

Mense kom ons bid vir ons leiers dra hul op aan die Here dat Hy hul lei en sodat hul die regte besluite vir almal kan maak.

JC ·

Die DA het gewys HY HET ruggraat en nie geluister na die belaglike en kinderagtige stories van die effers nie! In 2019 stem ek DA nasionaal!(ek het VF Plus gestem in die munisipale verkiesing en is baie ingenome oor my keuse)

PH ·

Ek het ook VF+ gestem munisipaal, en gaan in 2019 OOK weer VF+ stem – nasionaal en provinsiaal! Daarsy – nou weet almal dit JC…hopenlik voel ons beide nou beter en goed oor onsself.

Eugene ·

Viva Malema! Viva! En hier kom red hy julle VF+ ondersteunders en ons DA! Dr Pieter Mulder het nou n kans om julle saam te bring by ons wenners! Julle Gautengers is nou Blou saam met julle Blou Bulle!

Joh ·

Magtig mense, julle venynigheid onder mekaar is om van siek te word! In plaas daarvan om net objektiewe kommentaar oor die onderwerp te lewer, verslind julle mekaar! Ek skaam my oor sommige Afrikaners se kleinlikheid. Word tog volwasse!

Joh ·

Magtig mense, julle venynigheid onder mekaar is om van siek te word! In plaas daarvan om net objektiewe kommentaar oor die onderwerp te lewer, verslind julle mekaar! Ek skaam my oor sommige Afrikaners se kleinlikheid. Word tog volwasse!

Deon ·

Joh, politiek het hom nog nooit tot objektiewe kommentaar verleen nie. Jy kies ‘n kant en verdedig jou keuse…

AJ ·

Opmerklik hoe persoonlik kommentaar raak as mense uit objektiewe argumente raak. Vat die saak aan en los persoonlike aanvalle

Andre ·

Daar is een ding wat ek met Malena saam stem en verwyder asseblief die Afrikaans deel uit hulle “stem” uit,my Volkslied verdien beter as om saam met hulle stem verenig te word ,dit verdien n plek op sy eie

Christine ·

Bravo Andre. die volkslied deel van die afrikaner nalatenskap en behoort op sy eie te staan

JC ·

PH, miskien stem ek tog wel VF Plus in 2019!!!
Kom ons staan saam en vier ons Afrikaner kultuur en TAAL en VAT Suid-Afrika SO vorentoe!
Ons is op ons eie in die stryd!! Ons moet dit nou begin besef.
Kon ons STAAN SAAM STERK!
KOM ONS VAT WAT ONS S’N IS EN WAARVOOR ONS VOORVADERS VOOR GESWEET, BAKLEI EN GEBLOEI HET!!
Vorentoe Afrikaners, Vorentoe Afrikaans, Vorentoe Orania (en ander moontlike volkstate)!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.