EFF sê Ramaphosa moet verlof neem

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ‘n mediakonferensie Sondagaand oor die OB se verslag. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die EFF het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om verlof te neem terwyl die Openbare Beskermer (OB) se verslag aan hersiening in die hof onderwerp word.

Ramaphosa het Sondagaand Mkhwebane se bevindinge teen hom dat hy die parlement opsetlik mislei en die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het, as feitlik verkeerd en irrasioneel bestempel. Hy gaan die verslag dringend in die hof laat hersien.

Ramaphosa het by die Uniegebou in Pretoria gesê hoewel hy Mkhwebane se bevindinge in ʼn ernstige lig beskou, is dit “fundamenteel en onherroeplik gebrekkig”.

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi sê in ʼn verklaring Ramaphosa moet verlof neem tot sy naam in ere herstel is. Ndlozi het ook op Twitter gesê Ramaphosa is geensins anders as sy voorganger, oudpres. Jacob Zuma, nie.

Die Opbenbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. (Foto:
Phando Jikelo/ANA)

Die party sê Suid-Afrika het genoeg presidente gehad wat die Grondwet en wetgewing minag.

“Ramaphosa het bewys, ná skaars twee maande in sy amp, dat hy geen belangstelling het om die Grondwet en wetgewing te eerbiedig nie. Hy moet verlof neem en ander met integriteit toelaat om die land te lei.”

Die EFF sê Ramaphosa se mediakonferensie gisteraand, waar hy “sy integriteit probeer herwin het”, was net ʼn gejaag na wind.

Die EFF sê iemand wat verkies is op grond van die belofte van deursigtigheid, moes bekend gemaak het wie sy veldtog gefinansier het om ANC-president te word. Ramaphosa moes ook aanvaar het dat hy ʼn fout gemaak het deur nie al die geld te verklaar nie, soos deur die wet vereis.

“Hy ontken nie dat die geld in sy naam en vir hom ingesamel is nie. Hy het self R30 miljoen geskenk vir bedrywighede wat verband hou met die veldtog om ANC-president te word en het geldinsamelingsgeleenthede daaroor toegespreek,” sê Ndlozi.

(Skermgreep: Twitter)

Die EFF sê Ramaphosa het nie die geld verklaar nie en dat dit teenstrydig met die Grondwet en ander wetgewing is.

“Ons doen ʼn beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag, die parlement en die Valke om die remediërende optrede van die OB oor Ramaphosa in werking te stel. Deur die verslag in ʼn hof te laat hersien, skort nie die remediërende optrede van die OB op nie. Die Valke moet die geldwassery wat verband hou met die CR17-veldtog (Ramaphosa se verkiesingsveldtog) ondersoek. Die vermoede dat ʼn misdaad gepleeg is, is genoeg rede vir ʼn ondersoek,” sê Ndlozi.

“Geen dienende president moet in direkte botsing met ʼn hoofstuk 9- grondwetlike instelling wees vir dinge waaraan hy skuldig is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andreas ·

Mens kon dit sterker gestel het, maar waar kry mens dan ‘n nuwe president, dalk Me ambassadeur Mandela, of dalk haar broer. Ten minste val die van soet op die tong.

PK ·

Die EFF is die laaste wat van integriteit kan praat. Hulle het nog net vaagweg daarvan gehoor en ken geensins die definisie nie.

Anoniem ·

Indien die land op die MANIER regeer word is daar groot vermorsing van GELD en MANNEKRAG ! Die regering van die dag moet HULLE net bepaal by die 1ste rede hoekom daar ‘n regering is : Die Mense en Suid-Afrika se behoeftes KOM EERSTE !

OP DIE OOMBLIK IS DIT ‘N SIRKUS

honourable member ·

Hierdie man is net so onbekwaam soos Zuma. Hierdie land gaan daagliks net verder in die gutter in oor hierdie onbekwame mense.

Johan Maritz ·

Ja en malema eerbiedig die grondwet ne ,dit is mos nie hy wat die mense aanmoedig om grond te gryp nie. Hierdie is net een groot sirkus en wat sleg is ons wil nie deel wees nie maar moet nog steeds betaal.

Anoniem ·

Indien die land op die MANIER regeer word is daar groot vermorsing van GELD en MANNEKRAG ! Die regering van die dag moet HULLE net bepaal by die 1ste rede hoekom daar ‘n regering is : Die Mense en Suid-Afrika se behoeftes KOM EERSTE !

OP DIE OOMBLIK IS DIT ‘N SIRKUS

potlood ·

Hierdie hele land is deesdae soos een groot “movie” waar ons sit ek kyk hoe almal absoluut absurd optree… Dis amper onwerklik belaglik nou al…

marous ·

Die brousel wat hulle almal saamgeflans het is nou suur ….. lekker smul tot in lengte van dae !

DeVill ·

Ek stem saam met die EFF. CR moet sy pos ontruim tot na die hele saak opgelos is.

Hennie ·

Dis hoogtyd dat die EFF besef hulle moet eerder stil raak, Hulle is en verteenwoordig die heel laagste klas in ons land, met elke uitspraak wat hulle maak adverteer hulle hul laagste vlak en onvermoee.

Anoniem ·

Die EFF se arrogansie verstom my. Hulle oortree self feitlik elke Wet en Reël, praat voortdurend van Wit Monopoliekapitaal wat die land beheer, maar kuier en bedel al te lekker by die Ruperts vir befondsing.

Wurmpie ·

Wanneer gaan al daai korupte EFF lede bietjie op verlof. Dit kan nogal ń lang verlof wees as ons moet wag vir hof uitsprake????

Swart Pot ·

Mens gaan net met verlof as jy ‘n werk het. Dié EFFer-wesens hang rond en stook kwaad; nie eintlik ‘n werk nie, so hulle kwalifiseer nie eers vir verlof nie.

George ·

Dink Trump moet bietjie kom om as president te kom optree!

Lana ·

Die OB moet ook verlof neem. Laat haar en CR uit die sisteem totdat ons weet wie nou eintlik vir ewig kan wegbly. Die sisteem sal beslis nie één van hulle mis nie.

Lou ·

Daar is ‘n gesegde in Engels wat sê “Carefull what you wish for it might come true”
CR is dalk nie die redder waarvoor SA gehoop het nie maar as hy uitgeskop word sit ons met Mabuza of miesies Zuma en dan is ons regtig 1000% in ons maai.

Kiepie ·

Hoekom kry die EFF en hulle menings so baie mediadekking? Meer as enige ander party word alles wat die EFF sê deur die media (insluitend MM) aan die grootklok gehang. Die media is mede-verantwoordelik vir die opgeblase ondersteuning wat EFF geniet want as die media dit nie uitbassyn nie sal die massas dit nie hoor nie.

Koos ·

Ok, maar dan hoort Floyd (vir die VBS allegasie) en Malema (vir hopeloos te veel om neer te pen) ook mos op verlof of hoe, EFF?
Julle vertel vir al wat leef en beef dat die grondwet gerespekteer en nagevolg moet word (onskuldig totdat skuldig bevind word), maar tel dit net vir die regerende party of vir elke SA burger? Of is daar, soos met rassisme, weer twee stelle reels?

Gert van Wierdapark ·

Die EFf moet eerder konsentreer op hul VBS en roomier-Parlementere probleme, en die res vir diegene met insig en “common sense” los!

EO ·

Ek wens die EFF wil op permanente verlof gaan. Dan is ons ten minste ontslae van hulle!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.