EFF sê Sanef versuim om op te tree oor ‘spioenasie’

Pravin Gordhan. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) veroordeel vir hul versuim om op te tree oor beweerde intimidasie en spioenasie op twee verslaggewers.

Independent Media-verslaggewers Mzilikazi Wa Afrika en Piet Rampedi voer aan hulle word agtervolg deur onbekende persone. Hulle verbind dit met hul verslaggewing oor die bestaan van ʼn “onwettige intelligensie-eenheid”, ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in 2007 toe Pravin Gordhan aan die hoof gestaan het van die belastinggaarder.

“Ons veroordeel Sanef se stilswye oor die spioenasie op hierdie verslaggewers,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, in ʼn verklaring gesê. “As dit wit verslaggewers was, sou Sanef dadelik verklarings uitgereik het en ʼn strafregtelike saak aanhangig gemaak het.”

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het verlede week ʼn verdoemende verslag uitgereik wat die bestaan van dié intelligensie-eenheid bevestig het.

Die twee verslaggewers voer aan daar is individue wat hulle agtervolg en van hulle en hul motors foto’s neem. Die EFF beskryf dit as die “perfekte werk van spioenasie-agente”.

Ndlozi het gesê mediavryheid is noodsaaklik vir die demokratiese gesondheid om diegene wat aan bewind is, aanspreeklik te hou. “As verslaggewers onderdruk word, sal die waarheid versteek word en magsmisbruik sal ongestraf bly.”

Hy voeg by die EFF doen ʼn beroep op Wa Afrika en Rampedi om strafregtelike sake aanhangig te maak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens sodat die nodige ondersoek gedoen kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christa ·

Wonder Wie is die “everything for free” om te praat van Provan. Hulle is 90 Keer erger

FvR ·

Die laaste paragraaf sê presies dit. Maak ‘n klag en kyk of dit ook ‘n muis baar soos met sovele ander bewerings deur EFF.

KP ·

Dit lyk vir my die EFF is gepla met wit mense want hulle gebruik selde n sin waar die woord wit nie in genoem word nie

Cherokee ·

Dit het al ‘n rympie geword in ons forums “maar wat as mense dit gedoen het…” Nou sing die EFF dieselfde vervelige rympie “As dit wit verslaggewers was …”.

aj ·

Die EFF prakseer publisiteitsfoefies deur rassehaat aan te blaas. En die breindood media laat toe dat hulle GEMELK word!

Kom ons ignoreer die aandagbehepte EFF!

Dan sal hulle kwyn en uiteindelik verwdwyn.

Henry ·

Hou julle maar eerder by duur drank en los lappies. Durban curry en perde. Parties en geld mors want van enige iets anders weet julle niks. Dis dalk twee verslaggewers wat deur hulle vuilgoed wil gaan of deur hulle belasting strokies wil werk. Wie weet

Mossie ·

Dis die EFF wat bekend is daarvoor om verslaggewers te viktimiseer. Nadat hul die hofsaak verloor het teen Brown sing hul skielik n ander deuntjie! Ai shame, dis seker maar nie lekker as n party soos hulle tyd-om-tyd in die openbaar as onnosel uitgewys en bewys word nie, siestog!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.