Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het in ʼn verklaring hulde gebring aan Enoch Sontonga wat Nkosi Sikelel’ iAfrika gekomponeer het. Sontongo is op 18 April 1905 in die ouderdom van 32 jaar dood.
Ndlozi het in die verklaring gesê Sontonga het Nkosi Sikelel’ iAfrika geskryf as ʼn simbool wat die mense van Afrika verenig in gebed. Volgens Ndlozi het die lied Afrikane wat deur Europese kolonialisering onderdruk en verneder is, se lot by God bepleit. “[Die lied] is daarom ʼn magtige pan-Afrika-simbool en -lied, wat nie oor die slegs-wit Suid-Afrika gaan wat deur die Boere-unie en Britse Republiek beoog is nie. Die Afrika van Sontonga beoog ʼn hele kontinent en sy mense as een in gebed,” het Ndlozi gesê.
“Daarom doen ons ʼn beroep op die regering om, ter ere van Sontonga, Die Stem uit die amptelike Suid-Afrikaanse volkslied te verwyder. Die insluiting van Die Stem is nie net ʼn vervalsing van Sontonga se gebed nie, maar dit wek ook die indruk dat Nkosi Sikelel’ iAfrika net volledig is wanneer Europese tale daarby gevoeg word,” het hy gesê.
“Die Stem is ʼn simbool van die regime waarteen Sontonga gebid het en wie se idee van Afrika Sontonga s’n met geweld teenoor die mensdom van Afrikane weerspreek het. Die Stem moet wegval en plek maak vir iets wat ʼn bevrydingstryd-volkslied geword het.”
Dit is nie die eerste keer dat die EFF daarop aandring dat Die Stem uit die volkslied verwyder moet word nie. Ndlozi het onder meer in 2014 tydens ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitee oor kommunikasie en telekommunikasie en die posdiens hierdie uitlating gemaak en die party het dit sedertdien verskeie kere herhaal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
140 Kommentare
Hi Maroela ek sien Roelf Meyer het ‘n eier te le gehad oor Die Stem in Die Burger.
Plaas asb daardie artikel ook op Maroela want ek is seker julle sal ‘n ongekende hoeveelheid kommentare kry van die publiek wat iets vir die man te se het.
Dankie
Ada
Ag nee wat kan DIE STEM maar uit haal hoort nie saam met die sirkus nie
Ai tog die alewige gekerm oor Die Stem, het die mense niks beter om te doen nie.
Hulle kan dit maar uithaal. Niks kan die wit afrikaner se gees demp nie. Ons is mos beter en sterker as dit.
Ek gee ook nie om dat hulle die stem uit haal nie. Want weet nie hoe kan mens die stem wat iets beteken, saam iets sit wat ons Christene min van weet. Dat as jy hule taal sing aan bid jy n een of anderboom god. Ek aan bid eerder n lewendige God as om vir n boom god te sing