EFF sê weer ‘Die Stem’ moet uit volkslied

vlag suid-afrika

Argieffoto

Die EFF het opnuut ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Die Stem-gedeelte uit die nasionale volkslied te verwyder.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het in ʼn verklaring hulde gebring aan Enoch Sontonga wat Nkosi Sikelel’ iAfrika gekomponeer het. Sontongo is op 18 April 1905 in die ouderdom van 32 jaar dood.

Ndlozi het in die verklaring gesê Sontonga het Nkosi Sikelel’ iAfrika geskryf as ʼn simbool wat die mense van Afrika verenig in gebed. Volgens Ndlozi het die lied Afrikane wat deur Europese kolonialisering onderdruk en verneder is, se lot by God bepleit. “[Die lied] is daarom ʼn magtige pan-Afrika-simbool en -lied, wat nie oor die slegs-wit Suid-Afrika gaan wat deur die Boere-unie en Britse Republiek beoog is nie. Die Afrika van Sontonga beoog ʼn hele kontinent en sy mense as een in gebed,” het Ndlozi gesê.

“Daarom doen ons ʼn beroep op die regering om, ter ere van Sontonga, Die Stem uit die amptelike Suid-Afrikaanse volkslied te verwyder. Die insluiting van Die Stem is nie net ʼn vervalsing van Sontonga se gebed nie, maar dit wek ook die indruk dat Nkosi Sikelel’ iAfrika net volledig is wanneer Europese tale daarby gevoeg word,” het hy gesê.

“Die Stem is ʼn simbool van die regime waarteen Sontonga gebid het en wie se idee van Afrika Sontonga s’n met geweld teenoor die mensdom van Afrikane weerspreek het. Die Stem moet wegval en plek maak vir iets wat ʼn bevrydingstryd-volkslied geword het.”

Dit is nie die eerste keer dat die EFF daarop aandring dat Die Stem uit die volkslied verwyder moet word nie. Ndlozi het onder meer in 2014 tydens ’n gesamentlike sitting van die portefeuljekomitee oor kommunikasie en telekommunikasie en die posdiens hierdie uitlating gemaak en die party het dit sedertdien verskeie kere herhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

140 Kommentare

Ada ·

Hi Maroela ek sien Roelf Meyer het ‘n eier te le gehad oor Die Stem in Die Burger.
Plaas asb daardie artikel ook op Maroela want ek is seker julle sal ‘n ongekende hoeveelheid kommentare kry van die publiek wat iets vir die man te se het.
Dankie
Ada

Basson ·

Die kanarie wat iets sing oor die Stem? Maar hy het voor gestaan in die koor destyds.
Taamlik irrelevant geword, meer en meer so…

Ferdi ·

Ag nee wat kan DIE STEM maar uit haal hoort nie saam met die sirkus nie

Mielie ·

STEM 100% saam met jou. Te special vir die sirkus. As die nar JM dit sing is dit Nog erger…

Ronel ·

Ek stem saam met jou Ferdi. Ek sing nie die Volkslied nie en ek sing dit nog minder as Die Stem se deel opkom. Die Stem het niks te doen verdrukking van sekere volke nie en ek is seker Nkosi Sikelel iAfrica is ook nie met die doel voor oë geskryf nie. Die Stem kom in die FAK voor en is in my oë ‘n volkslied. Ek kan en wil dit nie saam ‘nander lied sing nie – al is dit kastig die volkslied.

fred ·

Ek dink dit is minderwaardig om so ‘n pragtige, patriotiese, lied “Die Stem” deel te maak van ‘n Piesangrepubliek se volkslied waar misdaad en korrupsie die nasionale sportsoort is. Haal uit die Stem -dis ‘n vernedering vir patriotiese wit Afrikaners – en vir Langenhoven!

Uys ·

Soos hul tereg sê Die Stem moet uit
Dit is die stem van suid afrika nie die volkslied nie
Haal Die Stem asb uit sodat ins dit kan sing sonder dat die kerm daaroor.

Sê ek ook ·

Sê ek ook, haal Die Stem uit daai Nkosi liedjie wat in elk geval net oor voorvader geeste gaan.

Uvonka ·

Ai tog die alewige gekerm oor Die Stem, het die mense niks beter om te doen nie.

Tiger ·

Wat is jou probleem met Die Stem Uvonka?Hy is my volkslied en hoort baie beslis nie saam met die anc volkslied nie.As jy nie van Die Stem hou nie is dit jou keuse en jou saak.

Caru ·

Hulle kan dit maar uithaal. Niks kan die wit afrikaner se gees demp nie. Ons is mos beter en sterker as dit.

Rachel ·

Ek stem haal die stem uit. Dit pas in elk geval nie met hulle volkslied nie. Ons qis ‘n sterk Boere nasie. En ons sal weer die stem sing uit volle bors.

christo ·

Ja , ek stem saam, maar vervang die STEM daar met “De Larey, De Larey” van Bok Van Blerk!! Miskien begin die spul spoed kry somewhere!!

Net ek ·

Ek gee ook nie om dat hulle die stem uit haal nie. Want weet nie hoe kan mens die stem wat iets beteken, saam iets sit wat ons Christene min van weet. Dat as jy hule taal sing aan bid jy n een of anderboom god. Ek aan bid eerder n lewendige God as om vir n boom god te sing

Jannie ·

Ek stem hul kan mos ma hul stem vat haal onsin uit en geniet Jul sin hul Kaanapali ma als vat ma hul moet nie kom huil as da iets verkeert gaan nie en ons wee moet help nie

Basson ·

STEM 100% saam, ek sing buitendien glad nie Nkosi, want SA is lankal nie meer ‘n land waarin ek myself tuis voel nie, so hoekom moet ek?

Susan@ ·

Genade wat is verkeerd met die mense eers is hulle bang vir ons standbeelde ….dit Moet weg. Nou die Volkslied!!!! Arme drommels seker bang hulle word die teiken van onweerswolke sê mos die weer tref net hulle ha ha Ja ja…….Niemant mors met Ons Vader nie die Natuur praat!!!!

Ernest ·

Sal dit nie wonderlik wees nie….!!! Dit hoort in die eerste plek nie daar nie. Die Wittes het dit nie eers gestand gedoen nie, hulle het mos vir die “nuwe” Stem gevra. Gee dit vir hulle…! Die geskiedenis vorentoe sal menige nog n die hakskeen byt.

Attie No1 ·

Haal asb. die Stem uit die staatslied. Die Stem is n Volkslied en hoort nie die staatslied nie. Laat ons volk dit eien en met trots, dit is ons Volkslied en ek wil nie sien dat dit enigsins met die staat vereenselwig word nie.

Jordaan ·

Ek stem saam, dit staan vir vaderlandsliefde en patriotisme, emosies wat ek nie meer vir die land onder die huidige regering voel nie, so haal dit liewers uit sodat dit nie misken word nie,

JC ·

Presies Attie, hulle kan hulle liedjie vat.. en dit iewers…Ons STEM is te pragtig om saam met hul afgewaterde wysie gesing te word, en dit doen DIE STEM skade aan.

Eugene ·

Nkosi is die eerste voorvader gees en hoort nie saam met die stem nie.

Ada ·

Ja dit doen afbreuk aan ons pragtige Stem om dit saam met n klomp belhalms te sing.Ek sing dit eerder privaat met die nodige respek wat dit verdien.

Leo ·

Wat Roelf Meyer die meeloper van De Klerk aanbetref: Hy het die land e Die Stem verkoop. Daarna is hy anc toe.So n verraaiermoet eerder stilbly.Daar is nie woorde om die lansakkige rugraatlose verraaier te beskryf nie.

Gideon ·

Hoe gouer hoe beter!!! Dit sal vir my die wonderlikste dag wees as Die Stem weer uit is!!

Annette ·

Ek is so bly hulle gaan ons volkslied uit haal. Hy pas mos nie daar in nie. Ek het in elk geval altyd net Die Stem gedeelte gestem.

John ·

Ja wat sny uit asb, want ons weet die EFF haat ook die’ wit mense wat saam met die rooipetbrigade stap en misbruik net hul getalle. Om in massas in strate te stap is nou hoogmode… en seker opwindend vir die oomblik, maar die finale uitkoms van ‘n veldslag le in die hand van die Here en hy veg op ander maniere… Hierdie saamlopers maak van Malema iemand, terwyl sy party eintlik stof eet.

Marietjie ·

Die maklikste oplossing is vir die eff en al hulle soortgelyke maters om terug te gaan na die afrika state waar hulle oorspronklik vandaan kom dan los hulle maar ons ou blekes en die stem hier in SA. Daar is meer as genoeg afrika lande waar hulle almal `n plekkie in die son sal kry en kan sing net wat hulle wil. Gaan terug waar julle vandaan kom tog dat ons net `n Berlynse muur om SA kan bou en julle dan permanent uit ons land kan hou. Dit sal voorwaar wonderlik kon wees !!

N Lourens Reitz ·

Marietjie jy is reg ek het na ñ dokumentêre opname gekyk oor Orania.Ons moet dit verder gaan uitbrei deur grond aangrensend te gaan koop en by hul munisipaliteit ingelyf te word.ñ Heerlike lewens styl en kultuur en wat dit so wonderlik maak jy word bestuur en regeer deur jou eie mense .

Die Stem ·

Skrap die heleding, skryf n nuwe een. Dis nie asof mens kan trots wees op die “land” nie.

Grassie ·

Ek sal ook graag wil sien dat die Stem uit die volkslied verwyder word. Om die Stem met daardie lied te verbaster besoedel die Stem.

Oom Klasie ·

Stem saam Marietjie, stem saam! Ek wil in elk geval nie my Volkslied saam met hierdie lot sing nie. Het nog nooit nie en sal ook nooit nie. Ons dag kom wanneer ons NET DIE STEM gaan sing. wag maar en sien.

Pierre ·

Oom Klasie, ek stem saam met jou, en daardie dag is nader as wat ons dink… Glo in God.

Dawn ·

Nkosi is die oudste seun van Mina Mamo We , die vrou wat uit die boom kom. Dit hoort nie saam met die Stem. Laat die wat voorvader geeste aanbid dit sing.Hou ons stem suiwer.

jaco ·

die duitse woord Gott wat in Engels, Nederlands en baie ander europese tale God geword het en verwys na die Ware Skepper van hemel en aarde, is oorspronklik die naam van een of ander afgodjie wat die Germane aanbid het voordat hulle Christene geword het…

Koeksuster ·

Dan het SA en Tanzanië dieselfde volkslied hahaha. Ja haal asseblief die stem uit.

Lynette ·

Die gedeelte van Stem wat gesing word is in elk geval verander en nie presies soos wat dit in ons Stem voorkom nie. Ek de ook hulle kan dit maar uithaal. Ons kan ons sn sing wanneer ons bymekaar kom.

Rynhardt ·

Die EFF wil “die stem” gedeelte uit he, want dit is Afrikaans! Die volkslied is so n mengelmoes soos potjiekos.Sing vir 23jaar al nie hierdie lied nie.Hoekom is DA so stil? Ekskuus, die liberale wil nie sy bedmaat, die EFF aanstoot gee nie.

JC ·

Hehe, wat ‘n siek spul. SA lankal nie meer iets om op trots te wees nie. Ons behoud as Afrikaners le nou in Afriforum, AfriSake, die FAK en soortgelyke Afrikaner kultuurorganisasies as Afrikanervolk. Let asb op, die effers is geneig wees om elke keer die doelpale te wil verskuif, volgende keer eis hulle sommer ons koppe. HULLE IS NOU PURE ONGEBREIDELDE RASSISTE. Ten minste is hulle getalle in die minderheid(vir goeie rede ook!).

JC ·

Hehe, wat ‘n siek spul. SA lankal nie meer iets om op trots te wees nie. Ons behoud as Afrikaners le nou in Afriforum, AfriSake, die FAK en soortgelyke Afrikaner kultuurorganisasies as Afrikanervolk. Let asb op, die effers is geneig wees om elke keer die doelpale te wil verskuif, volgende keer eis hulle sommer ons koppe. HULLE IS NOU PURE ONGEBREIDELDE RASSISTE. Ten minste is hulle getalle in die minderheid(vir goeie rede ook!!).

Vincent ·

Ons jong wit en bruin mans het in elk geval geen toekoms in die land nie. Hoekom suffer verder. Gaan nou oorsee. Hulle gemors sal my nie so seermaak nie.

Jys reg Vincent ·

Vincent ons voel presies dieselfde. Wit dames wat nooit deel van die Ekonomiese Bemagtigingsplan was nie, aanvanklik was daar gesê dat dames van alle kleure sou deel daarin. Ongelukkig het die regering en sy trawante nou duidelik hulle kleur (no pun intended) gewys. BEE is beslis nie vir Bruin en Indiers nie en EE sluit verseker nie wit/bruin/indier dames in nie. Dit is ‘n set waarmee hulle almal gevang het. Die diskriminerende wette is niks anders as apartheid van vooraf nie.

Lionel ·

Ek het nie woorde vir Roelf Meyer nie. Hoe leef hy, hoe slaap hy in die nag?

Big daddy ·

Haal dit uit. Boere kan nie saamstaan spel nie. Ons verdien alles wat ons kant toe kom.

Ettienne Swanepoel ·

Nkosi gaan oor alles behalwe ons God. Dit roep tot hul voorvaders. So dit hoort nie saam met die stem nie.

Celia ·

Ettienne, hiermee stem ek saam! Dis of jy my oe oopgemaak het, want almal se mos gedurig, o dis n gebed! Ja, tot wie? Lig en duisternis mag nie saam! Bly en verheug dat julle almal saamstem ons Stem moet uit! Ons behoort ons stem dik te maak en dit te eis. Ons SAL dit weer sing, SONDER besoedeling. BAIE trots op julle almal wat vas staan en GLO!.

Adoons ·

Ek stem saam – haal die ou paar versreëltjies van Die Stem uit die nasionale lied (dis in elk geval g’n volkslied nie, want watter ‘volk’verteenwoordig dit?) en laat ons as Afrikaners die oorspronklike Die Stem met al vier strofes weer terugneem en ons eie maak – sing dit in ons Afrikaanse skole en op ons byeenkomste as ‘n Afrikanervolkslied.

Johan ·

Hulle moet net doen wat hulle wil…..ek sing nie meer die volkslied nie…..as enige swart persoon eenheid in die land wil hê tussen swart een wit….los die volkslied net soos dit is….is hulle meer oneenheid wil hê ,haal dit dan uit…….daar wil mos n indruk geskep word dat die land van ons net vir swart mense is en dat daar geen plek vir witmense in die land is nie……..

AL ·

Die EFF wil net weer krap waar dit nie jeuk en mense se emosies omkrap. Siestog, dat hul hul aandag aan beuselagtighede bestee.
Laat hul die Stem uithaal, dit sal die blus uithaal vir hul om te wag vir n lekker bekgeveg.
Tskkk! Kleutertjies.

liza ·

Ek stem, haal dit uit en skryf sommer ‘n hele nuwe een. As dit nie meer deel is van die nasionale volkslied nie, sal Steve dit darem seker weer mag sing.

EJ ·

Ek se ook haal dit uit, wat dit pas nie meer in die land van ons wat nou n sirkus is.

Buurman ·

Ja wat, ons “Stem” word net gekontamineer met die ander lied.

Gideon ·

Ek stem saam met jou Vincent. Dit gaan nog erger word, maar ons moet probeer saamstaan. Die wit jong mans en die bruin jong mans want dit is die mense wat Afrikaans praat.Indien jy regkom oorsee wens ek jou sterkte toe- ek weet jy sal weer terugkom en trots op jou land wees. Jy sal self nog ‘n verskil maak. Glo in jouself – en ek verstaan die seer, want ons kinders kry nie werk hier nie. Wees trots op wie en wat jy is.

JC ·

Dankie Gideon en Vincent:) HUlle wil die bietjie ware trots (DIE STEM)wat daar nog is verwyder.

Ivana ·

Laat die EFF almal op die treinspoor gaan speel. Los ons Volkslied uit en sing jul eie. Ten minste is ons nie skaam vir one herkoms of kultuur nie

JJ ·

Shoe julle … moet sê as ek die lied moet sing, dan sing ek maar net Die Stem gedeelte, net die paar sinne laat darem ‘n mens se hart warm, veral as dit die engiste gedeelte is wat uit volle bors, kliphard gesing word. Maar ek stem saam, haal maar uit.

jaco ·

nogal ironies dat Die Stem se woorde geskryf is deur CJ Langenhoven, wat ‘n Vreymessalaar was. Die weird goed wat die Vrymesselaars glo en hulle voor beywer, is VER verwyder van wat ons sogenaamde christelike Afrikaners in glo…

toy ·

Ek is trots op die STEM, maar lyk my die bietjie wat oor is van ons is n bedreiging vir die EFF en sy volgelinge. Shame!

Ja Wat ·

Ja wat haal die stem uit en vervang dit maar met bafana banana

Niel ·

Doen asb ‘n peiling om te sien wat mense dink. In my opinie haal liewer uit, dit word besoedel as dit saam met iets anders gesing word

Anta ·

Om aan woede vas te kleef is soos om aan warm kole vas te hou met die bedoeling om dit na iemand anders te gooi…jy is die een wat brand..
Ons wittes staan saam…maar op ons kniee!!en die HERE gaan ons gebede hoor!!ons het nie die stem nodig..ons het GOD se stem nodig…als wat jul pla ..wat ..breek..brand…ons het ons geloof!!!

M'Lady ·

Volgens Roelf Meyer moet dit met “dialoog” hanteer word. Hoop nie hy is weer die hoof onderhandelaar nie. Ek lag my n papie.

Erika ·

Shame maar hul is darm erg bedreigd deur ons AFRIKAANERS. Maar ja haal dit uit hul kan in elk geval nie Afrikaans sing nie.

Theresa ·

Wel, ek weet darem nie hoe dit sal klink as die ou piepklein stukkie van die Stem verwyder word nie. Dis gewoonlik al stukkie van die ellelange relaas wat mens wel hoor die mense saamsing. Dan die laaste Ingelse stukkie ook darem.
Gewonder wanneer die ou met al die chips op die skouer aan hierdie tipe goedjies ook gaan begin karring. Foei.

Liedjie ·

Skrap die hele spul – en hou ‘n kompetisie om ‘n totale nuwe lied te skryf, met geen historiese konneksie nie. Net een voorwaarde – elke amptelike taal moet verteenwoordig word. Dan kan niemand kla nie.

Elizabeth ·

Vra allankal dat Die Stem verwyder moet word, dit is ñ absolute belediging om dit deel te hê van ñ voorvader gees aanbiddery! Nkosi was ñ vrou wat in midde Afrika gebly het en die hele lands lied draai om haar aanbidding! Ek weier om Nkosi te sing, God sal my straf! Die wat so luistig saam sing in skool sale en op sport velde aanbid saam met die anc ñ reën koniging van die 1400’s. Dan wonder ons nog hoekom God Sy rug op ons gedraai het

pieter ·

kyk nie meer sport op tv op lewendig nie,so sal nie die anc lied mis nie.

Helizna ·

Maroela, vat ‘n meningsopname, toe!
Opsie 1: Sing Die Stem saam met die voorvaderaanbidders,
Opsie 2: Verwyder Die Stem & sit Skiet die Boer in sy plek
Dan sal die EFF gelukkig wees!

Michelle ·

Hulle het nie ‘n clue wat die STEM beteken nie….Haal hom uit ek ken die STEM en ek leer my kinders ook die stem nie net n vers nie…
Hulle worry oor die STEM ons land het BAIE ander GROTER probleme om oor te worry…

ANC se stem is geen van waarde ·

Hulle kan dit maar uithaal. Dit gaan nie ons Afrikaans dood maak nie! Ons moet ons kinders en nageslag leer om nie die ANC se stem te sing. So maklik soos dit! Dis ons reg om ons monde toe te hou as dit kom by die sing van ANC se stem.

Dirk Breytenbach ·

Eensgesinde kommentare!!!! Haal die stem uit en bedank die EEF vir hulle insisiatief, die konkoksie strek niemand in elk geval tot eer nie. Dit veroorsaak net wrewel en verdeeldheid.

Louis ·

Ek Stem…haal hom uit.Ek het nog nooit en sal ook nooit oom kosie sukkel maar met afrika sing nie.LANK LEWE DIE DIE STEM!!!!

Veronica ·

Reg deur is almal dit eensgesind dat dit verwyder word . . . mooi so, ek stem saam
Vervang dit met ” Geen pretensie Geen beheer “

George ·

Die eff gaan niks he om oor te baklei as Die Stem verwyder word nie! Mooi man!

Hendrik ·

Haal Die Stem asb uit die Staatslied. Die huidge lied is geen volkslied maar ‘n staatslied.

Langenhoven ·

Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika? Ek sal in elk geval nooit vir ‘n land sterf waarin minderhede onderdruk en al hulle regte ingeperk word nie, ek sal nooit vir ‘n land sterf waar my kind nie meer veilig op straat is en ek nie vir enige werk waarvoor ek gekwalifiseerd is aansoek kan doen nie. Ek sal nooit vir ‘n land sterf waar die regering wrede plaasmoorde as misdaad afmaak nie. Ek sal nooit vir ‘n land sterf waarin my kind nie veilig op universiteit kan studeer nie, ek sal nooit vir ‘n land sterf waarin die regering die hele tyd teenoor minderhede uitvaar en hulle aanval en dreig terwyl daar die een korrupsieklag na die ander op hulle neerdaal en hulle skotvry daarvanaf kom nie ……. so LAAT WAAI maar met die stem, hy hoort nie saam met NKOSI wat na bewering ‘n afgod is nie.

JC ·

Ek sal sterf vir my volk. Kan die effers dieselfde se? “Not a chance”

Nog n Langenhoven ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Ek is dood vir die nuwe SA.
En, ek is van die nageslag van Langenhoven. Hy sou hiermee saamgestem het.
Dit is nie dieselfde Suid Afrika meer nie.

Francois Du Plessis ·

Al die kommentaar is dit eens, gee Die Stem op. Daar is ‘n duidelike lyn van opgee wat amper voel of dit bevrydend is, vat wat aan my behoort weg van julle gemors. Snaaks julle betaal belasting, voorsien die vonse om dit te laat voort gaan. Julle skep die werk en versamel sodat her verdeel kan raak, julle is moeg om alewige julle self te verdedig, maar wat doen jy om dit te verander? Ek het besluit genoeg is genoeg en bou nou aan n nuwe toekoms in my nuwe land en is dit lekker! My Here het voorsien, dis maklik, dis mooi en Ek en my gesin sal en wil die Here dien tot in lengte van dae in Afrikaans in ons Afrikaanse kerk en sonder vrees! Sterkte aan julle, julle het waaarlik groot besluite om te neem.

Ange ·

Almal wat hier se Die Stem moet verwyder word, wonder of julle besef dat hulle dit nie net daar gaan los nie…. Hulle gaan ons verbied om dit te heeltemal te sing en gaan dit as rassisties verklaar. Sien hulle sal nooit tevrede wees tot die Afrikaner identiteit heeltemal vernietig word nie. Dink mooi wat julle voor vra.

JEW ·

Nou wat is die oplossing? Om te veg vir ‘n sinnetjie in die stem? Wie sing dit in elk geval nog? Alles wat die wittes se en doen is rassisties, maar KILL THE BOER and KILL THE WHITE is nie, wil jy dalk ‘n versie daarin ook he in AFRIKAANS? Dan kan ons lekker saam sing !! MENS se identiteit le nie in een sinnetjie van die VOLKSLIED nie, vra maar die Jode, hulle is vermoor en onderdruk, en steeds staan hulle op .. dit is tyd dat die Afrikaner sy SLAPRUG verloor!!

JC ·

Presies Ange, jy slaan die spyker op sy kop.
ONS.SAL.NIE. Hulle PROBEER ons bestaansreg bedreig, met probeer die uitvoerende woord. Ek het slegte nuus vir hulle…

Ange ·

Ag Jew, moet nou nie die dam onder die eend uitruk nie. Afrikaans is die derde mees gesproke taal in die land so as ons n rainbow nation kwansuis is dan het Afrikaans sy plek. Maar karring aan. Stukkie vir stukkie word ons plekkie in die land uitgevee en dan gaan jy seker die hardste kerm omdat daar nerens meer Afrikaans toegelaat word nie.

Petrus ·

Ag gee Juju sy sin. Nog beter, dring daarop aan om Die Stem uit te haal. Dat hý nou met so blink gedagte vorendag moes kom? Maak Die Stem ‘n martelaar vir óns volk. Briljante idee Juju. Kyk hoe kom ‘n volk saam. Jy trap ‘n padda net tot hy bars.

Grotman ·

Het iemand dit agter gekom dan al die menings hier dieselfde se? Kon net sowel die eerste menings copy en paste. Hoeveel mense daar buite ken nog die vol stem?

Afrikana ·

Wie dit nie ken nie moet dit gou aanleer, want ‘n ware Afrikaner in murg en been behoort dit luidkeels te sing met ons verrigtinge, ek glo nie die sing daarvan is verban nie

JC ·

Ek ken hom!! Kyk in bv. Brink se Groot Veseboek, daar is die volle 4 strofes.
PRAGTIG!!

Magda ·

Ek sing in elk geval nie die nuwe volkslied nie, want dit is nie MY VOLKSLIED nie, ek ken nie die woorde nie en stel ook nie belang om dit te ken nie

Theo ·

Ek het dit nog nooit gesing nie. Dit maak aan my geen verskil wat hulle daarmee maak nie.

Johan. H. ·

Daardie volkslied van Skoltland .. Dis nou iets om te sing,Ek kry hoendervleis as ek dit hoor,en ek is n trotse AFRIKANER, Ons land sal nooiet weer daar wees nie, en ek gaan ook nerens heen nie, Vat maar julle ou liedjie ou julie. en wys jou dof ondersteuners hoe goeie ,wonderlik en slim leiertjie jy is, (FOR NOW) nogal.

Piet Pille ·

Ja Roelf Randeier is weer besig om te kruip. Haal die Stem gedeelte uit en laat ons Afrikaners toe om dit as ons vryheidslied te sing,

Ben ·

Nkosi word regoor Afrika gesing as ‘n volksliedjie. Amper iets soos Afrikaners is plesiering. Na my mening beteken die huidige volkslied niks vir niemand nie. Skryf ‘n totaal nuwe lied op Engels wat ons almal kan sing en verstaan. Nkosi kan in die kraal gesing word terwyl ek die stem in die Laer sal sing. Nkosi is per slot van rekening eie aan Afrika en haar tradisies en die stem eie aan my volk. Ons kan ook maar so nou en dan die vlaglied en ” Kent gy dat volk ” ook sing terwyl die ander, Bring my A.K sing! Ons maak die veld gelyk. Lekker man!

Basson ·

Ek sing ook nie juis meer Die Stem nie, `Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika ‘

Daar het al heel te veel gesterwe, ABO, Grensoorlog, Volksvermoring ens.

Attie No1 ·

Wel jy maak n goeie punt. Hoe klink: “Ons vir jou Orania”?

Johan ·

Ek herken in elk geval nie die ding wat hulle nou sing as my volkslied en ek sing hom nie.

JC ·

Ek stem saam, omtrent alle Afrikaners stem saam dink ek? Ek sing nie daai storietjie nie, SAL OOK NOOIT NIE!

Alida ·

Ons sal die stem sing by ons eie byeenkomste waar en wanneer ons wil. Haal dit asb uit die walglike volkslied. Niemand gaan huil nie.

jano ·

Ja die meeste mense sal stem om die stem en nkosi suiwer te hou
Pas beslis nie bymekaar nie agv kultuur verskille
Doen asb so voort EFF

Maplasie ·

Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika!!!@

JC ·

Laat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly…teen die hele wereld vry.
Die mooiste MOOI!

danie ·

as ek die kommentaar so lees dan besef ek weereens, n groot meerderheid van julle is baie onkundig, julle blammeer die verkeerde mense, begin na jou self kyk en sien wat se voorbeeld jy is. julle kraak almal af wat nie in julle idiologie glo nie en dan word julle kwaad as julle die selfde behandeling kry. n fontein kan nie soet en bitter water op die selfde tyd gee nie. en ja ja , se maar sleg en doen julle ding die lewe gaan aan met of sonder julle.

gerda ·

Dit sal ‘n goeie advertensie na die wereld uitstuur as ons by ‘n rugby wedstryd nie een Nkosi sing nie!
Ek sal tot in my toon lekkerkry!

johan ·

Skrap die hele volkslied en vervang dit met ‘n nuwe engelse teks. Alles is mos nou Engels.

Kaspaas ·

Almal wat ten gunste is om Die Stem uit ons volkslied te haal wil ek net sê dat julle dan toegee aan die EFF se versoek wat ons dan verder isoleer en nie deel maak van SA nie. Ons maak ons self dan nie-burgers en gee erkenning dat SA nie ons land is nie. Dit beteken ons het geen deel aan die land nie en so word ons taal,kultuur,geskiedenis,reg op grond vernietig deur ons self wat ten gunste is om DIE STEM te skraap. So gee ons bietjie vir bietjie toe totdat ons NIKS is in hierdie land. Laat ons eerder veg op alle terreine vir wat vir ons BELANGRIK is en begin om onderling saam te werk om ons self verder te vestig in SA en ons self ekonomies in te grawe en besigheid met ons self begin bevorder as teenvoeter vir BEE. Los die emosie en gebruik jou verstand om ons eie te bevorder.
Almal wat die stem wil skraap klink vir my amper soos n klomp Hans Kakies en dan wil ons die Stem met de la rey vervang. Asseblief tog julle versterk net die EFF se versoek en kan dan net sowel begin rooi pette dra wanr julle propageer selfvernietiging

JC ·

Ek stem heelhartig saam met jou mening Kaspaas. Ons Afrikaners moenie EEN enkele tree terugstaan vir die klomp analfabete en ignoramusse nie. Hulle gaan nog deur hul politiekery hul agter*nte sien.

Vinkie ·

Laat hulle dit verander – die nuwe lied of geskrapte deel sal NOOIT weer my volkslied wees nie.

Leo ·

Ag Julius maak my siek! Elke week sing die ding ‘n ander deuntjie! Een week sing hy almal moet saamstaan, maak nie saak van vel kleur om van Zuma ontslae te raak nie en die volgende week sing hy die stem moet uit. Hierdie land van ons gaan nooit die regte sogenaamde transformasie sien na ‘n kwansuise beter Suid-Afrika as ALLE rassegroepe nie in ag geneem word en gerespekteer word nie. Daar is ‘n hemelsbree verskil tussen al die kultuurgroepe en om een spesifiek te onderdruk gaan nie van Suid-Afrika ‘n beter plek maak nie. Wonder watse duuntjie gaan hy volgende week sing??

w ·

Nee wat sing of luister ni di volkslied ni. Sal ma vi my kleindogter ook se wanneer Die Stem gedeelte uitgehaal word moet asb ni sing ni. Hahaha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.