EFF skenk nog geld vir Amcu-stakingsfonds

Economic Freedom Fighters (EFF) leader Julius Malema is seen at the protest movement's launch on Thursday, 11 July 2013. The EFF was different to other African National Congress breakaway parties, the expelled ANC Youth League president said at Constitution Hill, Johannesburg."We are not like Agang [SA] and all of them... We have a completely different plan."This plan included the non-negotiable principles of land expropriation and nationalisation of mines, both without compensation. The EFF sought to move away from a discourse of reconciliation to one of justice, Malema said. The EFF would hold a conference in Soweto on July 26 and 27 to work out its policies and manifesto. Picture: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Argieffoto: Werner Beukes / SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het onderneem om nog R50 000 aan Amcu se stakingfonds te skenk, het The Citizen Dinsdag berig.

Julius Malema, die party se leier, het dit Maandag tydens ʼn Jeugdagbyeenkoms in Freedompark in Rustenburg bekend gemaak.

“Ons sal nie ophou om die werkers te ondersteun nie. Dit is hoekom ons R50 000 aan die stakingsfonds gaan skenk, ons gaan dit more [Dinsdag] inbetaal,” het Malema gesê.

Hy het ʼn beroep op werkers gedoen om die Amcu-leiers te beskerm. Hy het gesê Freedompark is die tuiste van die EFF en Amcu.

Malema het Saterdag tydens ‘n byeenkoms by Wonderkop in Marikana van die geleentheid gebruik gemaak om pres. Jacob Zuma aan te vat. “Zuma is nie siek nie, hy is bekommerd. Ons wens hom nie gesondheid toe nie, ons wens dat hy lank mag ly,” het hy gesê. Lees meer hier.

Amcu-lede by Implats, Amplats en Lonmin het op 23 Januarie begin staak en dring aan op ‘n basiese maandelikse salaris van R12 500.

Platinumprodusente kon nie Maandag se berigte dat Amcu die loonaanbod in die platinumsektor aanvaar het en dat werkers die week nog gaan terugkeer werk toe, bevestig nie.

“Ons het nog nie ‘n ooreenkoms met Amcu onderteken nie maar is in kontak met hulle en is hoopvol dat ons binnekort ‘n ooreenkoms sal bereik,” het Johan Theron, woordvoerder van Implats, gesê.

The New Age het Maandag berig dat werkers teen Dinsdag sal terugkeer werk toe nadat Joseph Mathunjwa, president van Amcu, deur verteenwoordigers van die vakbond gedwing is om die loonaanbod te aanvaar. Lees meer hier. – SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

estelle ·

lagwekkend!! en dan is hulle naam EKONOMIESE vryheidsvegters! wonder of hy besef wat die stakings aan SA se ekonomie doen! hopenloos te dom om te weet!

Elsje ·

Gelukkig is sy kind in ‘n privaatskool so die arme kind behoort dan nie so dom te wees soos sy pa en die se politieke party nie.

AmY ·

Dis nou iemand van die wal af in die sloot inhelp. Hoeveel mense dink hy gaan met daai bietjie geld gehelp word?

En hy noem dit ‘veg vir vryheid?’

linda ·

70 000 staak, R50,000 skenking, so elkeen kry 65c??? Lekker man lekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.