EFF skenk R1 miljoen vir Marikana-fonds

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sal R1 miljoen vir die Marikana-slagting-Amcu-trustfonds skenk, het die leier van die party, Julius Malema, Dinsdag gesê.

Jeff Mphahlele, algemene sekretaris van die vakbond Amcu, het die trustfonds tydens die vierde herdenking van die Marikana-slagting, bekend gestel. Die geld sal aangewend word om die families van 34 mynwerkers, wat in 2012 in Marikana dood is, te ondersteun. Die trustfonds sal onder andere gebruik word om huise te bou vir die families.

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het onderneem om R2 miljoen aan die fonds te skenk.

Altesaam 34 mynwerkers is op 16 Augustus 2012 deur polisiebeamptes doodgeskiet tydens ʼn gewelddadige staking by die Lonmin-myn in Marikana naby Rustenburg in Noordwes. Tien ander persone, waaronder twee Lonmin-veiligheidswagte en twee polisiebeamptes, is die week vantevore tydens die staking dood.

Malema het vroeër gesê “Jesus het in Rustenburg gearriveer” en die Madibeng-munisipaliteit sal nooit weer aan die ANC behoort nie.

Lees alle vorige berigte oor Marikana op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ben Prinsloo ·

Waar gaan hy die geld vandaan kry, renosterhoring? Sy party is dan vir die brandarm agtergeblewenes

Manie ·

Ben. Hy kon nie die stemme wen nie nou probeer hy dit koop. Wat se clown tricks is volgende. En glo my maar, daar is nogsteeds mense wat nogsteeds sien wat hy doen nie.

Eugene ·

Ben Prinsloo hoekom moedswillig wees? Wat se bewyse het jy om Malema van Renosterhorings te verdink? En dit is sy keuse om namens die EFF geld te skenk aan wie hulle wil. Die myners is dalk die agtergeblewenes waarna jy verwys. Manie die verkiesing is verby hy hoef dit nie nou tekoop nie. Dit is EFF geld nie joune nie so hoekom lewer jy nou kommentaar ?

Anti DA ·

Skenkings van sy lede, as al die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika solidariteit/Afriforum ondersteun kan jy dink wat hulle sal kan vermag.

Riekie ·

Het Julius al vir SARS klaar betaal? Wie sponsor die EFF? Volgens hulle is every for free. So iewers moet die geld vandaan kom….

skenker ·

Het julle al gehoor van die Britse miljoener wat die EFF so finansier?

Cjan ·

By wie wil die EFF geld steel om die 1miljoen te betaal. Julius kan nie eers sy skuld betaal nie.

snoefie ·

ai die logika van afrika. hoekom kom die britse joernaliste nie na vore en basuin aan die wereld uit datdie stakers op die polisie geskiet het nie. as ek al van n staking hoor dansing ek “cry baby bunting.” van wanneer af skuld jou werk of die regering enige een n huis? lopende water? “fedda studies? deel fopspene uit as hulle so huil en dans soos kleuters wat vloermoere gooi.

Lance ·

Jy weet die grap is meeste wat dood is in die slagting het nie eers vir die myn gewerk nie ….so wat het hulle daar gesoek ….SENSASIE JA. Net soos die studente wat so brand en breek is nie eers studente het ek ook gelees ….maar ou Blade sit net ewe bevange daar same …not cutting edge material die ou Blade. …dink as mens mooi gaan ondersoek instel het hulle almal n rooi pakkie in hulle kas ….

Jeanne ·

Erens het die EFF ‘n lekker invloei van geld, ek brand om te weet wie of wat dit is, behalwe Charlize Theron wat dit openlik herken het, te vreemd dat dit altyd mense is wat gevlug het uit SA uit wat vir hulle geld skenk? Julius claim kort kort bankrotskap, maar skenk R1 miljoen vir die Marikana fonds? Dis nie die eerste ‘skenking’ nie. Moet nooit vergeet dat duisende opstokers ook SEKURITEITSWAGTE doodgemaak het en ook ander nie-stakers aangeval het nie. Hulle was in hulle oormag teen die kleiner groepie polisie, ek sien dit as selfverdediging.

Dit bekommer my egter dat geld in so ‘n organisasie ingestoot word. Hulle moet eerder daardie geld skenk aan die Universiteite wat hulle so verniel het asook die skole en busse wat deur EFF ondersteuners afgebrand is. WANNEER gaan sulke eise nou ingestel word teen die oortreders? Hoekom word dit nie as prioriteit gesien nie? As jou party miljoene moet betaal aan universiteite wat jy afgebrand het of skole, of standbeelde wat vernietig is of busse uitgebrand is, sal hulle TWEEKEER dink voordat hulle dit weer doen. Maar hulle het steeds geld vir kaviaar en shampagne en vernietig en verbrand alles voor die voet as hulle nie daarmee saamstem nie.

MM ·

Volgends die opskrif het hulle alreeds die geld geskenk, maar gisteraand se nuus het hulle nog net so gese! So wat is die waarheid nou eintlik Maroela Media???

Wat!! ·

Is dit dan net ek wat raak lees dat hy homself Jesus noem? Oeee die makker gaan hom vasloop teen my Koning!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.