EFF sleep Unisa hof toe

Unisa se Sunnyside-kampus. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die EFF se studente-organisasie het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Gauteng ingedien in ʼn poging om te verhoed dat Unisa sy getalle vir eerstejaarstudente met 20 000 verminder.

Die universiteit het dié besluit in Januarie aangekondig en gesê dit is gemaak na aanleiding van ʼn raadsvergadering waartydens daar bespreek is hoe studente behoorlik ondersteun kan word om hul studies te voltooi. “Die besluit,” het die raad destyds gesê, “is bedoel om te verseker dat studente behoorlik ondersteun word en veral genoeg finansiële hulpbronne ontvang.” Unisa se akademiese jaar begin in Maart.

In hofstukke vra die EFF die hof om dringend ʼn aansoek aan te hoor om die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie se opdrag aan die universiteit om sy studentegetalle te sny, ter syde te stel. News24 het in Januarie berig die raad se besluit volg op ʼn  brief van die departement van hoër onderwys, waarin Unisa se hoë studentegetalle ter sprake kom.

Dit is dié brief wat die EFF se studente-organisasie nou warm onder die kraag het. Die party eis ook dat die universiteitsraad se besluit om die minister se opdrag oor die studentegetalle te aanvaar, hersien en ter syde gestel word, op grond daarvan dat dit onwettig en ongeldig is.

Maroela Media het Unisa se woordvoerder Woensdag gevra of die universiteit die aansoek gaan teenstaan en wag nog op ʼn antwoord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariana

En natuurlik as die EFF praat vra almal hoe hoog moet hulle spring. Verstaan niks van te veel studente en te min geld en wil als mos verniet ook hê.

Hydi

Spul windsakke

Kokerboom

Nou HOE kan die eff die inrigting wat sy leier grade verniet gegee het hof toe sleep. Dis nou stank vir dank

Truthful

So aandag soekend…en die media gee dit vir hom

Wielspore

Sal graag wil weet hoeveel van die eerste jaar studente wat gratis onderrig ontvang slaag die eerste jaar.