EFF sluit aan by hofaansoek oor ‘geheime stemme’ teen Zuma

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die EFF het Dinsdag by die UDM se hofaansoek aangesluit om ʼn hofbevel te kry om te bepaal dat ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement met ʼn geheime stemming beslis moet word.

Die EFF het gesê hulle het besluit om by die hofgeding aan te sluit nadat die president verlede week dokumente by die hof ingedien het om die aansoek teen te staan.

“Toe hy [Zuma] dokumente ingedien het om ʼn mosie wat oor hom gaan teen te staan, het hy oorlog verklaar teen die vryheid wat ons glo die geheime stemproses sal beskerm. Hoe laag kan ʼn leier in ʼn demokratiese bestelling daal dat hy soos Zuma ten alle koste aan mag wil vasklou,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Zuma, wat die uitvoerende gesag van die staat verteenwoordig, moes die parlement toegelaat het om sy interne prosesse met die leiding van die hof op te los om te besluit hoe die mosie van wantroue oor hom as president hanteer sal word.”

Die Inkatha-Vryheidsparty het ook by die hofaansoek aangesluit.

Die mosie van wantroue is deur die DA ingedien na aanleiding van Zuma se omstrede kabinetskommeling waartydens Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank is. Die mosie sou Dinsdag gedebatteer word, maar dit is uitgestel om toe te laat dat die hofsaak eers afgehandel word.

Zuma het in die hofstukke wat hy ingedien het, aangevoer ʼn oop stemproses is nie ongrondwetlik nie. Die UDM het aangevoer aangesien die president deur die nasionale vergadering met ʼn geheime stemproses ingestem is, moet dieselfde stemproses geld vir ʼn mosie wat hom uit sy posisie kan verwyder.

Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het gesê die regerende party sal die opdrag van die ANC se nasionale werkkomitee om ter ondersteuning van Zuma te stem, respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Blits ·

DA waar is julle raak betrokke by die UDM en EFF en IVP hoe meer steun hoe beter en dit geld vir al die anne ook, JM die hoofsweep is ook n lekker groot mond en flip flopper, by die anc as jy n skelm is is jy gemaak. Hulle se jou woord is jou eer, maar die anc en sy trawante het geen eer nie omdat hulle nie hulle woord kan hou nie, oggend en aand praatjies verskil dag en nag en dan verander dit nog tussen in ook

Blits ·

Puala, dis waar ja almal weet dit, maar dit gaan oor die hofsaak oor die gehuime stem brief, die DA moet daar ook betrokke raak al het hulle n mosie van wantroue ingedien in die kabinet

Vermorsing ·

Wat my aanbetref is al die doelwitte om die Zuma kwessie ‘n Vermorsing van belasting gelde en tyd, almal van hulle blaf, maar nie een byt nie.

Koos ·

Stem saam, daar is net een manier, GAAN HAAL HULLE UIT, soos wat met my en ook talle ander gebeur het om plek te maak vir BEE. Ons het geen se gehad nie en moes maar net gaan.

snipes ·

die grondwetlik is deur hulle ingestel. om minag te word. ongelukkig veral deur hulle. se my asb how grondwetlik is dit om iemand te fire op nietige aanklagte omdat hulle gehoor nie meer goed is nie? mens werk mos met sy hande nie met sy gehoor nie.

Basson ·

Vir die DA ondersteuners – ek verstaan die DA is inderwaarheid baie strenger hieroor – mbt interne DA stembeleid. Die DA sal geen stem duld teen hul leierskap en dit beteken dan ook summiere ontslag / skorsing uit party indien stem teen leierskap plaasvind.

Hipokrate?

AL ·

Ek glo geheime stemme is van kardinale belang om viktimisasie en boeliery deur ANC te fnuik.
Joemat Peterson was glad nie so ten gunste van kernkrag nie, en eerder vir hernieubare energie – dis die wat sy die boot gekry het.
Zuma moet van vrugtelose uitgawes ook aangekla word – Gigaba gaan nou op die US roadshow. Die belastingbetalers se geld is gemors deur Gordhan en Jonas wat inderhaas terug moes keer na SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.