EFF soek gratis tersiêre opleiding teen Januarie 2016

studente

Foto: Argief

Die Ekonomiese Vryheidsvegters se studentekorps, EFFSC, het gesê gratis opvoeding moet aan alle Suid-Afrikaners gebied word van graad 1 tot hul eerste graad.

Die EFFSC het gesê Blade Nzimande, minister van hoër onderwys se uitlatings Dinsdag oor gratis opleiding vir die arm mense “wat dit verdien”, skep aan Suid-Afrikaanse studente die indruk dat die regering vir hulle omgee.

“Gratis opleiding kan nie aan bepalings en voorwaardes onderwerp word nie,” het die EFFSC gesê. “Dit kan definitief ook nie tot ʼn uitverkose groep beperk word nie. Dit maak nie sin dat die minister en die regering hulle sal onderwerp aan gratis opvoeding vir die armes ‘wat dit verdien’ nie. Wat dan van die res? Hoe besluit mens wie verdien om ʼn opvoeding te kry en wie nie?” wou die groep weet.

Die EFF-studente sal na verwagting die kwessie weer tydens ʼn beraad opper waar, aldus TimesLive, Nzimande gesê het “die transformasie van tersiêre opleiding sal bespreek word”. Nzimande het gesê die vergadering sal ʼn visie ontwikkel oor hoe universiteite vandag en in die toekoms moet lyk.

“Ons is dankbaar om te hoor dat die minister volgende maand ʼn beraad sal hou,” het die EFFSC bygevoeg. “Ons hoop dat studente, die grootste en belangrikste aandeelhouer van hoër onderwys, ʼn groot genoeg platform sal kry om ʼn formidabele bydrae te lewer op alles wat die beraad wil bespreek.”

Die studente het aanbeveel dat, indien die minister se toewyding tot gratis opleiding eg is, hy dit reeds in Januarie 2016 moet implementeer. “Hy is nou al ses jaar in sy amp en hy behoort teen hierdie tyd al die stelsels in plek te hê om gratis opleiding beskikbaar te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Izzy ·

Waar, waar en nogmaals WAAR dink hierdie groupie (EFFSC) gaan die geld daarvoor vandaan kom? Die regering hou partytjies, elke burgermeester, minister, ampslid ens ens kry verhoging na verhoging……almal staak of brand geboue af en niemand wil vir enige iets meer betaal nie. Wie bly oor om vir hierdie ‘blink idee’ ook nog te betaal??????

Gratis BEURSHOUER ·

Ek was bevooreg om ñ BEURSHOUER vanaf ’94 te wees. Geen graad, diploma OF ondervinding gee vir jou werk! Jy moet die regte mense op die regte plekke ken!

GES ·

Vir ‘n top pos is ‘n vervalsde kwalifikasie ook aan te beveel.

kenny ·

Wat se woord is transformasie dit beteken mos die selfde as apartheid

HEVW ·

bLade en die eff se gratis studie voorsiening is ewe deursigtig. As die regering dan voorsien dan is dit onmoontlik om op moedertaalonderrig aanspraak te maak. Vanaf Kaappint tot aan die grense van die Gongo is almal met hul handpalms na bo gebore. Dit is onmoontlik om dit omgedraai te kry.

Andre ·

Ek dink hierdie klomp is heeltemal van die pad af. Die dag as hulle en/of hulle families ook iets tot die staatskas begin bydrae en nie net daaruit neem nie, kan ons dalk weer praat.
Aan “Gratis BEURSHOUER” net dit: Ek stem nie heeltemal met jou saam nie. My dogter was vanaf 2009 vir vier jaar ‘n beurshouer. Sy’t ‘n graad en diploma behaal EN ‘n baie goeie pos gekry SONDER dat ek, sy of enige familie, vriend of kennis enige iemand by die betrokke skool gekry het. Sy het dit gekry op grond van wat sy kon aanbied in terme van haar kwalifikasie en, glo ek, die indrukke wat tydens onderhoud gemaak/verkry is.

Greg ·

Toemmaar, die BLANKE BELASTING BETALER moet seker maar WEER OPDOK!!
WIE IS AL DIK HIERVOOR?????

Pietertjie ·

Ek reken die minister moet sommer gratis verstand ook uitdeel as deel van transformasie

GES ·

Dit kan nog al help. Ons moet versigtig wees met ons uitsprake, netnou doen hulle dit.

Cum Laude ·

Wil nie graad eers meer koop of vervals nie maar ‘demand’ hom nou verniet. Lankal verby kommunisme!

sarie van heerden ·

Jongmense is nie almal daar om geleerdheid en kennisby universiteite op te doen nie. Waarom sal ‘n lesingssaal dan aan die begin van die eerste semester volgepak sit van siele maar dan val hul een na die ander uit terwyl die getalle betogers groei en groei. Gee die beurse aan jongmense wat ‘n visie het van waar hul in die toekoms wil wees.

saartjie van heerden ·

Toe ons in die vroee 50’s en 60’s gaan studeer het het ons betaal vir ons huisvesting en met terugbetalende beurse studeer. Ons het nie om elke draai opstande gehad vir meer geld of gratis studies en behuising gehad nie. Studente was gedissiplineerd en geweet dis studie of jy gaan eindig in ‘n minder gewaardeerde beroep.

Francois le Cochon ·

Stem saam!!!…asook gratis huise, motors, water, elektrisiteit, geen belasting, gratis kos (ingesluit take-aways), gratis klere en skoene, geen skoolgeld, gratis mediese sorg, gratis flieks en musiek vertonings, gratis vliegkaartjies, gratis petrol………alles gratis. Ek gaan van nou af EFF stem!!!

Fanie ·

Ek ook. Gaan EFF stem. Ek gaan my grond ook terugeis waar my familie op die plaas begrawe lê. En my kleinkinders gaan heeltemal verniet studeer. Ons verdien dit immers.

Loeis ·

Van die EFF gepraat. Ek lees op Netwerk24 se blad dat die EFF onder meer eis dat die Kruger Wildtuin se naam verander moet word. Dit moet seker vir hulle ‘n doring in die vlees wees dat ‘n plek wat deur so baie internasionale toeriste besoek word, na ‘n Boereleier vernoem is. Hul woordvoerder, ene Ndlozi, het selfs die aanmerking gemaak dat die Boererepubliek die fondament van Apartheid was. Dis ironies, gesien in die lig dat Mahadma Ghandi in 1893 in die Britse kolonie van Natal van ‘n trein afgegooi is omdat die Britte nie wou he dat ‘n Indier eersteklas ry nie. Dit was ook die Boerehater Milner se regulasies tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat die basis vir die pasboekstelsel geskep het. As dit nie vir Kruger en ander was nie, was daar nie ‘n Krugerwildtuin nie. Mens wonder wat verkeerd geloop het in Suid-Afrika.

carol ·

Respek vir alle vorm van lewe, eerlikheid, deursettings vermoë, harde werk, insig word van geslag tot geslag aangeleer, ingebore….. Baie langer as 300 plus jare! Jan v Riebeeck het met n pak klere en das voet aan wal gesit. …. en wat gekry? ???

c ·

Nou wonder ek net wie moet dan vir die opleiding betaal. Wie gaan die universiteite en die dosente se salarisse betaal as daar nie geld inkom nie. Mens kry nie als in die lewe verniet nie als kom teen n prys.

ladybug ·

ek is nou oortuig daarvan dat die ding sy sokkies snuif …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.