EFF-splinterparty deel plan vir grondonteiening

red-beret-eff-malemaVerskeie ontevrede lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die party verlaat en ʼn splinterparty, die New Economic Freedom Front, gestig.

“Die party is op 29 Augustus gestig,” het Wonder Sentimile, ʼn voormalige EFF-streekskoördineerder, Vrydag gesê. “Ons ontvang daagliks oproepe van EFF-lede van dwarsoor die land wat ongelukkig is en by ons wil aansluit. Ons het nog nie bevestig hoeveel lede ons het nie, maar die getal neem daagliks toe.”

Sentimile sal die nuwe party lei tot sy strukture in plek is en ʼn verkiesingskonferensie gehou is.

Hy het gesê hy het die EFF vroeg in Augustus verlaat omdat die leiers “skynheilig en leuenaars is wat [tydens die verkiesing] die stemme van die arm massas gesteel het”.

Hy het gesê sy nuwe party het ʼn ander benadering tot grondonteiening as die EFF.

“Ons sal nie die feit ignoreer dat wit mense die grond gevat het en toe die beskermhere van die grond geword het nie. Ons het die grond nodig, maar ons moet waardering hê vir dit wat hulle vir die opheffing van Suid-Afrika gedoen het en om die land en die grond te onderhou.” Volgens Sentimile is vergoeding vir dié persone deel van hierdie waardering. “Ons gaan nie onkundig wees nie. Ons kan nie net die land sonder vergoeding terugeis nie. Ons kan nie ignoreer hoe hulle [wit mense] met die grond gehelp het nie.”

Hy het gesê die New Economic Freedom Front sal ʼn nasionale politieke party wees. Die webwerf sal binnekort beskikbaar wees.

Julius Malema, die EFF se leier, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

selfbeskikking ·

Afrikaners en blankes moet uit hul vel uitspring? Nee wat, net nog ‘n foefie van hulle. Die nuwe groep moet net na hul politieke partye vir wie hulle eerstens gestem het, se wette kyk, dis ook op hulle van toepassing.

Daar is REEDS grond beskikbaar: die van die ou tuislande: Gee die mense wat daar woon, seker so 25+ miljoen mense, kan reeds bykans 30 miljoen hektaar grond besit.

Afrikaners en blankes soek selfbeskikking – weg van die 11 etniese groepe. Laat ons dit so stel, ons respekteer hulle waar hulle woon, daar is reeds 11 konings en tradisionele leiers, wat deur die belastingbetalers vergoed word. Laat hulle ‘n slag vir hulself werk en kom klaar sonder die belastings van die land.

Is slegs die Afrikaners en bruin mense, soos griekwas wat nie gratis grond ontvang het nie.

Hulle moet ook nie kom se ons Afrikaners het die Trustwette geimplementeer nie, hulle regering , Mandela het daarmee begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.