EFF steek ook kop in Mej. Heelal-bynes

Lalela Mswane. (Foto: Glamfuel/Facebook/Official Miss SA)

Die EFF het Woensdag ook druk op die nuwe Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, geplaas om haar aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel te onttrek deur ʼn verklaring uit te reik waarin die party haar vra om dié apartheidstaat en die kompetisie in geheel te boikot.

Dit kom nadat ʼn verklaring Dinsdag deur die drukgroep Africa 4 Palestine uitgereik is waarin dié groep die nuus “verwelkom” dat Mswane besluit het om haar aan die kompetisie te onttrek.

Die Mej. Heelal-kompetisie, wat voorheen deur Suid-Afrikaanse skoonhede Demi-Leigh Tebow (voorheen Nel-Peters) en Zozibini Tunzi gewen is, vind op 13 Desember in Eilat, Israel, plaas.

“Die EFF sluit by alle Suid-Afrikaners en progressiewe mense van die wêreld aan in hul beroep om die Mej. Heelal-kompetisie wat in Israel plaasvind te boikot. Ons doen spesifiek ʼn beroep op Mej. SA, Lalela Mswane, om die kompetisie wat in Israel, ʼn apartheid-, volksmoord- en kriminele staat, te verwerp en veroordeel,” lui die EFF se verklaring.

“Apartheid is per definisie ʼn misdaad teen die mensdom. Die staat van Israel handhaaf die afgelope 50 jaar ʼn beleid van rasseskeiding, etniese suiwering, koloniale grondbesetting en onteiening teen die mense van Palestina. Hierdie beleid het gelei tot die onteiening van Palestyne se wonings, wat Palestina die grootste bevolking van gedwonge immigrante ter wêreld maak.

“Vir geen Suid-Afrikaner wat sy bevryding deur die internasionale boikot van Afrikaner-apartheid deur die mense van die wêreld verkry het behoort die boikot van Israel onderhandelbaar te wees nie. Ons plig is om Israel van alle kulturele, sport, godsdienstige en ekonomiese aktiwiteite te isoleer totdat sy apartheid en koloniale besetting van Palestyne tot ʼn einde kom,” het die EFF gesê.

Volgens die verklaring kan ʼn Mej. Heelal nie gekroon word in ʼn land wat “op ʼn daaglikse basis die skoonheid en menslikheid van ander mense knou nie”.

“Aan Lalela Mswane vra ons om te staan by diegene wat onderdruk word, en die skoonheid van Palestina en Palestyne eerste te laat kom. Laat dit bevestig word deur ʼn algehele boikot van hulle onderdrukker, apartheid-Israel.”

Lalela Mswane. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Africa 4 Palestine het Dinsdag gesê die redes vir Mswane om haar te onttrek aan dié gesogte kompetisie, waarop Andrea Meza van Mexiko verlede jaar as wenner gekroon is, is “so duidelik soos daglig”.

“Israel se apartheidsbeleid is goed gedokumenteer deur Amnestie Internasionaal, Human Rights Watch, verskeie liggame van die Verenigde Nasies en Israel se eie menseregtegroepe soos Btselem,” lui die drukgroep se verklaring.

Die groep het voorts gesê hy het “inligting ontvang” van Mswane se onttrekking nadat talle lede van die publiek, insluitend wyle pres. Nelson Mandela se kleinseun, Zwelivelile “Mandla” Mandela, en ander bekende openbare figure ʼn beroep gedoen het dat Mswane haar aan die Mej. Heelal-kompetisie onttrek.

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het egter Dinsdag gerugte dat Mswane haar aan die kompetisie gaan onttrek, in die kiem gesmoor en die Africa 4 Palestine-verklaring as “fopnuus” afgemaak.

“Enigiemand wat Lalela van haar oomblik in die kollig wil beroof, is onhartlik en kortsigtig. Sy is ʼn blink baken vir jong mense oral en bewys dat jy beeldskoon kan wees terwyl jy ook slim en opgevoed kan wees,” het Stephanie Weil, hoof van die Mej. SA-organisasie, gesê.

ʼn Woordvoerder van dié organisasie het Donderdag gesê hulle het tans geen kommentaar om te lewer oor die EFF se verklaring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Malan ·

En kyk net wie doen die beroep. Hierdie is regtig ‘n klomp narre.????????????

Fritz ·

EFF praat namens die hele SA! Belaglik! Elke persoon het die reg om sy eie siening te hê maar as jy dit op ander probeer afdwing?

Jack ·

Apartheis is jare terug al iets van die verlede en steeds wil die EFF mense straf daarvoor ? Israel is ‘n baie meer belowende land as wat SA ooit sal wees en word regeer deur baie meer bevoegde mense.Is die EFF kwaad daaroor ? Israel het ‘n baie goed opgeleide weermag en polisie. Nee wat EFF julle versoek verveel my.Julle weet te min en maak te veel geraas.

Jackie ·

Die enigste demokratiese en suksesvolle nywerheidsland in die midde ooste. Net weereens n bewys dat die Arabiere en Afrika meelopers niks hou van iets wat werk deurdat mense bereid is om daarvoor te werk nie.

Lourens CFG ·

Wel, ék is nie deel van sy “alle Suid-Afrikaners” nie.

Catherina ·

Israel Palestine……stop placing one country ahead of the other…Christian or not

piet ·

98% of the population of Israel is not Christian and almost all the Christians in Israel are actually Palestinians (Arab nationals). I’m always surprised when Christians from other countries defend the policies of Non-Christian Israel so vehemently.

marius ·

Waneer jy net so min van ander se geskiedenis weet as skrynwerk .

Manda ·

Gaan neem deel Lalela. Julius is mos nou besig om dieselfde te bepleit met sy grondonteiening sonder vergoeding… ek.hoop jy gaan neem deel en wen sommer ook.

Johanna ·

Gaan neem deel Lalela.

EFF is rassiste. As jy kyk wat die wereld aan Jode gedoen het, skuld die hele wereld hulle steeds.
Israel verdedig hulle net self teen Terroriste wat soos die EFF alles wil vernietig. Ons Suid Afrikaners is nie rassiste nie.

JohanR ·

As sy nou wel Israel toe gaan, gaan die EFF Israel dan aanval met daai geweer wat ou Julius eens op ‘n tyd ‘n skoot in die lug op geskiet het, en net te dom om te dink wat op gaan moet iewers afkom! Brakenfell mis julle.

Johan ·

Wie praat van onteiening wat nie reg is nie!? Julius is dit jy!!!???

Pieter ·

lol ek weet nie eers hoekom die regverdige nog eers probeer in hierdie tyd nie… Jy sal meer vrede he met ‘n boom as met die wereld en sy dinge.
Die dinge waarin hier gegrou word is baie groter as wat hulle dink. Die goed jaag jou nageslag nog Mal-Emma… Good Luck with that…

Jr ·

Moenie sê “alle Suid Afrikaners”. Moenie vir my praat nie popeye. Ek is nie een van julle, daai het jy nou duidelik gemaak mal eff emma. 10 persenta

Snowball ·

Net ‘n voorstel aan J en sy verskimmelde kamerade, boikot liewer die Afrika lande wat nog onder korrupte regerings gebuk moet gaan, waar oorloë en armoede gedurig heers en waar die res van die Westerse wêreld alewig geld moet skenk om die mishope van ellende te probeer uitwis. Werk sommer bietjie aan daai 30% redenasievermoëns, dis erg irriterend om soveel ingatgeid op een slag te aanskou. Die EFFers se verklaring kan gebruik word om die hond se glips mee skoon te maak.

Linda ·

Sal haar ontrekking regtig ‘n duik in die Heelal maak. Julias moet maar besef Suid Afrika is maar ‘n klein vullis kolletjie op die groot laken van die wêreld.

Janice ·

Alle Suid-Afrikaners??? Van wanneer af praat die rooi pet narre vir my???

Patch ·

Lalela gaan neem deel. Jy verdien dit! Die rooikappie en sy trawante moet hul neus uit sake hou wat hul glad nie aangaan nie. GA! Verbeel jou??!!

Tokkel ·

EFF, JULLE LEEF OOK IN APARTHEID, SO BLY LIEWER STIL! Moenie haar lewe vir haar probeer voorskryf nie, want julle destroy net als.

ES ·

Ek wens eintlik die media wil ophou om vir Julius lugtyd te gee – hy hou hom besig met alles behalwe wat ‘n politieke leier moet doen en sy lugtyd is die enigste rede hoekom sy party enigsins volgeling het.

Alta Alleman ·

Volgens hom doen Isreal presies wat hy aan SA wil doen. I rest my case.

Plaaskind ·

Arme Juju moet seker so bietjie geraas maak kort na die verkieseing om sy ondersteuners piesang skille te voer. Ek raak sommer vaak…..

Jaco ·

Die ANC en die EFF moet Israel se beleid teenoor die Palestyne beter bekyk en besef dit kan in SA werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe skep Israel die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help. Israel is ook slim om buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe te laat.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie. Dis ook maar wat China, geoot vriend van die ANC, met Hong Kong en Macao doen. Die probleem met amper almal in SA is ongelukkig het dat niemand “buite die boks”, buite dit wat bekend is, dink nie. Alles word afgeskiet met “dit sal nie werk nie”.

Vexed ·

Nou ja toe, daar het jy dit, soos gewoonlik die klok hoor lui maar weet nie waar die bel is nie…

Nonnie ·

Wat ‘n klomp snertpraters….. ???????????? Tipiese EFF twak!!!

Toy ·

Hy moet hom liewers self boikot, hoe leef jy saam met jouself as jy altyd wil moeilikheid he en mense ongelukkig wil sien, kan daar nie net vrede in die land wees nie.

Adele ·

Lalela het in die week in ‘n onderhoud gese, sy staan TEEN boelies. So moenie dat die boelies van die land vir jou voorskryf wat om te doen nie. Vergeet die spul, hulle weet elk geval nie veel nie.

Jr ·

Pasop sy is nie soos Quintonkie wat onder druk sy mind verander. The SA way

Blackies ·

Jy moet gaan deelneem anders gaan jy spyt wees die res van jou lewe. Eff kan nie namens jou of ons besluit nie. Sterkte

Jana ·

ALLE Suid Afrikaners!!? Ek is nie gevra nie!! Ek hoop en bid sy staan vas in haar beginsels en dat sy baie goed sal doen in die kompetisie. Sy is pragtig en ek is trots op haar. Ek is ook baie lief vir Israel.

Mariana ·

Ai tog, Julius sanik alweer. Hy moet vir hom werk kry, hy is te ledig. Laat die vrou doen wat sy wil, sy is mos mooi groot. Rassis in al sy glorie die Julius en sy EFF. Useless, good for nothing

Alta Alleman ·

Gaan die EFF nou in Isreal gaan toi toi en alles afbrand? Hulle is mos goed daarmee !

Hasie ·

Sal iemand nie asseblief vir die EFF paar nappies en dummies skenk nie…hul is alweer verveeld

madels ·

En natuurlik moet die EFF nou weer hul beul blaas. Ek hoop regtig nie dat Lalela sal toelaat dat sy deur die klomp onvolwasse klein seuntjies wat nou weer n tantrum gooi geïntimideer sal word nie

Hoekom ·

EFF leierskap het maar swak kennis oor die geskiedenis.

Ek vind dit ook interesant dat dieselfde nie gese word van die winter olimpiese spele in China nie. Hulle het land gevat vanaf tibet en ander lande en onderdruk die muslims. Wat van Dubai, met sy slawe arbeid. Oh nee niks sal van dit gese word nie want “wit” mense is nie in beheer nie. Wat my dan tot die konklusie bring dat die EFF eintlik baie rassisties is….

Karina ·

Lalela, neem deel, moenie dat politiek jou van jou wense ontneem deur jou te boelie nie. Ons hou duim vas vir jou om met die kroon terug te kom Suid Afrika toe.

Swerwer ·

EFF weet nie wat rassisme beteken nie. Hulle en die ANC het rassisme gestook in hierdie land, niemand anders nie.

Antoinette ·

EFF praat nie namens my nie. Kan vir myself praat en dink. Lalela gaan neem deel, politiek hoort nie daar nie. Sterkte en ek hoop jy kom met die kroon Suid-Afrika toe dan sal ons weer die EFF se kommentaar hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.