EFF steun studente oor verwydering van Rhodes-standbeeld

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die EFF het Dinsdag sy steun toegesê aan ʼn groep studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat eis dat ʼn standbeeld van Cecil John Rhodes van die kampus verwyder word.

“Rhodes kan nooit ooit ʼn simbool wees wat in post-1994 Suid-Afrika gevier word nie,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê. Volgens Ndlozi het die EFF al verskeie kere versoek dat simbole van kolonialisme en wit heerskappy verwyder moet word.

TimesLive berig op sy webtuiste dat die president van die studenteraad, senior personeellede en die helfte van die gehoor Maandag uitgestap het tydens ʼn seminaar oor transformasie. Die seminaar is gehou nadat daar verlede week protesoptogte was en ʼn toilet glo op die Rhodes-beeld se voetstuk omgekeer is. Die standbeeld is Sondag met swart plastieksakke bedek.

ʼn Klein groep studente het ook Dinsdag op die kampus betoog en geëis dat die standbeeld verwyder word. Rhodes was ’n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-Universiteit in Grahamstad is ook na hom vernoem en die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Irah ·

Breek dan ook maar die universiteite af. Dis ook seker Europees is dit nie?

Gideon Roos ·

As ons tekens van kolonialisme en wit heerskappy moet verwyder, sal ons elke gebou, straat, dam, kanaal, brug, treinspoor, hawe, lughawe, weermagbasis, hoofweg, hospitaal, en skool in Suid Afrika moet vernietig.

snip ·

Ai, so wil hul geskiedenis verwyder, wys mens net, hulle weet niks. Van Suid Afrika gaan nog niks oorbly nie. Ek stem Gideon, verwyder dan alles, dan sien ons. Ek glo nie eers dat geen hospitale of skole hulle sal pla nie, hulle glo mos nie in vooruitgang en om jouself te verbeter nie. Dis hartseer dat hul nie om geskiedenis (wat maak nie saak watse storie agter dit het nie) kan groei en hul eie merk laat nie, maar vir hulle om vooruit te gaan, gaan dit gepaard met afbreek en vernietig. Met sulke houdings sal daar nooit eenheid en vooruitgang in ons land wees nie.

JoeV ·

Breek af daai plek! Die hele kaboedel het te doen met voor 94, die klere wat jy dra, die kar wat jy ry, die huis waar jy bly, die… alles kom van Europa ou grote, selfs die taal wat jy praat. Glo nie daar was groot genoeg bome om onder te bly voor die Rhodes daar aangekom het nie, siende al die geboue wat jy daar sien.

Pierre Celliers ·

Dit gaan nie om Cecil John Rhodes nie, dit gaan bloot daaroor dat dit lekker is om af te breek!
Totdat daar niks meer staande bly in hierdie land nie, sal daar aangehou word om te plunder en te verwoes in die naam van “politiek”. Hulle brand dan hul eie klinieke af!! Hoe op dees aarde verklaar jy daardie denkwyse?! ‘n Woestaard verstaan nie politiek nie, hy verstaan net verwoesting!

Pretorius ·

Rhodes kan maar gaan, ek wil ook sy standbeeld help afbreek. Dit is mos die man wat die Britte ooreed het om teen die boere oorlog te maak. n voorstaander van Boerehaters. Hy en sy onderdaan Jameson moet al die grond wat hulle by die Boere gesteel het terug gee. O ja en lekker vir die Britte wat julle saai sal julle maai, breek af daai gemors Rhodes standbeeld daar byt julle swart slang julle nou in die haakskeen.

Elfie ·

Hoe absoluut pateties. Ek het nie eers woorde nie. Kan iemand met baie geld tog nie êrens ‘n stuk grond koop waar ons ‘n beeldtuin tot stand kan bring want wie gaan volgende wees… Dis tog deel van ons geskiedenis, watter kant van die draad jy nou ookal sit..ai!

Vic ·

Kan nie se Rhodes was die Afrikaner ooit goedgesind nie……..

EMK ·

Vic, daar is baie voorbeelde van strate wat na ou kolionaliste vernoem is daar is standbeelde van andere wat ook nie die Suid Afrikaners (Boere) geodgesind was nie… moet tog nou nie dat ons soos die “cna” raak en elke liewe ding in ons geskiedenis wil verander net omdat dit ons pas nie. Dit het gebeur en was nie lekker maar laat ons leer uit dit en vorentoe leef. Dit beteken nie ons bewonder sulkes nie, dis net ‘n geval van die verlede is verby beweeg aan en eer die helde van vandag erder as tydmors met twak soos die spul.Laat osn tog net altyd wys ons is beter as die spul twak.

Eliza-beth ·

Ek vertrou die spul studente se punte is uitstekend as hulle so baie tyd het om te mors op onbenullighede!

Andrè van Blommestein ·

Nou wonder ek net aan wie word die studiebeurse toegeken en wat is die se kommentaar ?

Zelda ·

Snaaks dat n beeld (iemand wat dood is” So groot bedreiging is vir hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.