‘EFF te blameer vir studente-stormloop’

Die skare by die Capricorn TVET-kollege in Polokwane (11 Januarie 2018). Foto: Twitter via @LebogangSeladi.

Die DA het Donderdag gesê die EFF is te blameer vir die stormloop wat by die Capricorn TVET-kollege in Polokwane in Limpopo plaasgevind het waarin talle voornemende studente beseer is.

Die kollege moes Donderdag noodgedwonge registrasie vir die akademiese jaar 2018 opskort toe duisende voornemende studente by die hekke ingestorm het om ʼn plek by die kollege vir die jaar te probeer verseker.

Ses mense is beseer toe die skare deur die kollege se hek gebeur het en nog twee voornemende studente is deur ʼn voertuig raakgery. Die situasie is later in bedwang gebring toe die polisie en paramedici na die toneel gekom het en die beseerdes na mediesesorgsentrums geneem is.

Die EFF het vroeër geëis dat instansies van hoër onderrig instapregistrasies moet toelaat vir studente wat nie die spertye vir aanlyn aansoeke gehaal het nie. Die party het ook voornemende studente opdrag gegee om bloot by hierdie instansies aan te meld in reaksie op pres. Jacob Zuma se aankondiging dat armes vanaf vanjaar gratis tersiêre onderrig sal kan ontvang.

Andricus van der Westhuizen, die DA se woordvoerder oor hoër onderwys en onderrig, het gesê die voorval by Capricorn TVET-kollege is ʼn bewys van hoe onverantwoordelik dit van die EFF was om studente aan te sê om tersiêre instansies “te stormloop” aangesien sommige instansies juis instapregistrasies vermy om te verhoed dat aansoekers en aanvaarde studente beseer word.

Die skare by die Capricorn TVET-kollege in Polokwane (11 Januarie 2018). Foto: SAPD

“Dié oproep is ʼn duidelike bewys van die party se gewilligheid om die hoop van desperate jongmense uit te buit om hul eie politieke doelwitte te bevorder. Die verantwoordelikheid van daardie beserings lê reg voor die EFF se deur,” het Van der Westhuizen in ʼn verklaring gesê.

“Ons moedig instansies aan om stappe te doen om die veiligheid van studente te verseker en instapregistrasies op te skort indien nodig. Uiteindelik het hierdie situasie ontstaan weens die departement van hoër onderwys en onderrig se voortgesette versuim om duidelikheid te gee rakende die beleid ná die president se populistiese Desember-aankondiging.”

Van der Westhuizen het gesê instansies van hoër onderrig, veral TVET-kolleges, asook studente en hul ouers is nog grootliks in die duister oor hoe en watter nuwe beleidsriglyne vanjaar ingestel sal word.

Hy het gesê hoewel die DA glo dat verdienstelike studente in staat gestel moet word om verder te studeer, raai die party hierdie studente af om deel te neem aan optrede wat die beleidstellings van hoëronderriginstansies oortree of ander voornemende studente in gevaar plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tokkie ·

Dis ook maar goed Malema is uit die ANC gegooi – Zuma en Malema saam is n kombinasie wat nog meer skade aan ons land sou aanrig as wat tans die geval is

Johan. H. ·

Gelukkig het die malema ook afhanklikes,,, What goes around comes around

Schalk ·

Enige besigheids wat Malema as Direkteur, Voorman of Bestuurder aanstel sal ten gronde gaan. Ons Land word bestuur deur onverantwoordelike mense wat nie bevoeg is om hulle self te beteul en sinvolle uitlatings te maak. Iemand soos Malema sal net bloed laat vloei.

Mnm ·

Maar sal nie so tekere gaan vir werk nie. Wil net hê hê hê.

Hanna ·

It’s a culture thing… Jammer, geen simpatie met hierdie voornemende studente nie. Kyk net hoe hulle die onmiddellike omgewing met papiere en ander vullis bemors het. EFF of nie, hierdie kultuur is hier om te bly!

AG REGTIG ·

Kom ons raai, en die EFF en Julius Malema gaan WEER niks oorkom nie. Julle berig altyd dit is DIE een se skuld en daai een se skuld en DIE een is VAS en daai een is VAS, net om agter te kom daar het NIKS met die skuldiges gebeur nie. VAS vandag, LOS more. Julius steek die hele land se mense op teen mekaar, hy incite geweld teen sekere etniese groepe, hy noem mense name, tot die President en steeds raak NIEMAND aan hom nie. Jy hoor hy is by die hof in verband met ‘n saak, en dan hoor jy niks weer daarvan nie. ALLES LOOP DOOD!

Lolla ·

Lol kyk net… Wat die hart van vol is loop die mond van oor… Dan is dit seker regverdig om te se: wat die huis van vol is, loop die strate van oor…rebellie, wanorde en onnoselheid! En DIT is die nagevolge wat nooit in ag geneem was nie.

H.A. ·

Malema is ñ pion van die terroriste. Dit is hoekom hy nie aangevat word en tronk toe gaan nie.

Callie ·

Wys weereens die IK of liewer die vlak daarvan in van die inwoners van SA. Red nou n volk met soveel gebrek aan………..

Hans ·

Ag wat help dit hul swot elk geval. Wanneer dit kom by werk dan kan hul dit nie eens toepas nie. Hy is geleer met n blou fiets ry nou gee jy hom n rooi fiets dan weet hy nie wat om te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.