EFF ‘tel af’ na staatsrede

Die horlosie op die EFF se webwerf

Die horlosie op die EFF se webwerf

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn horlosie op sy webwerf aangebring wat die dae, ure en minute aftel voordat die party pres. Jacob Zuma aanspreeklik gaan hou vir opgraderings aan sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het Maandag gesê die horlosie, #paybackthemoney, is Sondag aangeskakel. “Die belangrikheid van 12 Februarie is om daaraan te dink as ʼn dag van rekenskap,” het hy gesê. “Ons wil die dag verlos van die modeparade wat dit geword het.”

Ndlozi het gesê die EFF wil die opening van die parlement herstel en seker maak dat mense aanspreeklik gehou word. “Dit is ʼn goeie geleentheid vir ‘betaal terug die geld’ [die EFF se dreunsang aan pres. Zuma].” Die EFF het onderneem om die president se staatsrede te ontwrig tensy ʼn spesiale sitting van die Nasionale Vergadering geskeduleer word waar Zuma vrae kan beantwoord. Die EFF het intussen ook gedreig om kaalbas op te daag indien sy lede nie rooi oorpakke mag dra nie.

Zuma se staatsrede vind op 12 Februarie plaas.

Die presidensie het intussen Suid-Afrikaners aangemoedig om voorstelle vir die staatsrede op sosiale media in te dien. Die voorstelle moet voor Vrydag op Facebook of Twitter ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paplepel ·

Hulle moet aanhou; hulle meesters (ANC) gaan net soveel opvreet voor hulle dik is en die EFF verban. Die aftellery is dalk na hul eie ondergang toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.