EFF: ‘Tlakula moet net bedank’

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Die Ekonomiese Vryheidsvegter (EFF) het weer geëis dat Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), moet bedank voor die land sy vyfde algemene verkiesing op 7 Mei hou.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê die party sal na die verkiesing ook voortgaan met hul pogings om Tlakula uit haar amp te verwyder. “Die punt van die hofaksie is om die skaduwee van twyfel wat die persoon op die verkiesing werp, te verwyder in geval iets verkeerd gaan. Ons voel steeds sy moet die waardige ding doen en bedank. Daar is steeds tyd voor 7 Mei, sy moet bedank en toelaat dat die OVK voortgaan,” het Ndlozi gesê.

Die ondersoek na Tlakula se bevoegdheid om in haar amp te dien, is Vrydag in die verkiesingshof uitgestel. Regter Lotter Wepener het gesê die hof sal nie voor Dinsdag om 17:00 ʼn aanbeveling kan maak nie. “Die ondersoek moet uitgestel word tot die tweede week van Junie,” het Wepener gesê.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat verskeie opposisiepartye ʼn aansoek voor die hof gebring het en geëis het dat Tlakula bedank voor die verkiesing. Die aansoek is gebring deur die UDM, die ACDP, Cope, AgangSA en die EFF.

ʼn Herrie het om Tlakula se kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van Price­waterhouseCoopers (PwC) bevestig het dat sy betrokke was by ʼn gekonkelry om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag op te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het dat Tlakula verkeerdelik opgetree het.

Lees ook:
Tlakula-ondersoek tot ná die verkiesing uitgestel
OVK-baas stel vandag haar saak
OVK-baas moet voorberei vir ondersoek
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Verkiesingshof genader oor Tlakula
OVK-werknemers dreig glo om te staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.