EFF-tugverhore begin Dinsdag

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die parlement se komitee oor regte en voorregte sal Dinsdag met tugverhore begin teen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s nadat hulle president Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering uitgejou het.

“Die komitee sal met die media en publiek kommunikeer na die aanvanklike samesprekings om te bepaal oor of die media die verrigtinge sal kan bywoon,” het die parlement se kommunikasiedienste in ʼn verklaring gesê.

Volgens die reëls van die Nasionale Vergadering is die verhore veronderstel om agter geslote deure plaas te vind maar kan dit aan die media oopgestel word indien al die partye daartoe instem.

EFF-LP’s het verlede maand chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl Zuma besig was om vrae te antwoord oor Nkandla. Die party se LP’s het “betaal die geld terug” begin dreunsing. Die EFF se LP’s kan vir tot 14 dae geskors word indien hulle skuldig bevind word.

Die EFF het vroeër die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn dringende interdik in ʼn poging om die proses vir eers te keer. Die aansoek is egter van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.