EFF vaar Pta-strate in teen Zuma

Argieffoto: Verkeer in Pretoria se middestad

Die Tshwane-metropolisie het gewaarsku dat verkeer in verskeie strate in Pretoria Dinsdag deur ʼn beplande betoging deur die EFF geraak gaan word.

Die EFF gaan om 06:00 op Kerkplein begin saamkom waarna hulle na die Uniegebou gaan loop. Die optog is ter ondersteuning van die mosie van wantroue-debat teen pres. Jacob Zuma Dinsdag in die parlement. Soortgelyke betogings word landwyd deur politieke partye en die publiek verwag.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die betogers gaan omstreeks 10:00 van Kerkplein na die Uniegebou opruk en na verwagting teen 15:00 verdaag.

Die strate wat geraak word, behels Madibastraat en die aansluitings van Paul Kruger-, Thabo Sehume-, Lilian Ngoyi-, Sisulu-, Du Toit-, Steve Biko-, Hamilton- en Leydsstraat.

“Metropolisiebeamptes sal in die gebied ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor.”

Motoriste word aangeraai om die betrokke strate te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.