EFF vergader dán met Clicks

Malema vandeesweek voor ‘n Clicks in Polokwane (Foto: EFF Twitter)

Die EFF sal Donderdagoggend op versoek van Clicks met dié winkelgroep se leierskap vergader rakende die omstrede advertensie waarin oënskynlik neerhalend na swart mense se natuurlike hare verwys is.

Die EFF het in ’n verklaring gesê die vergadering “is ’n poging tot ’n vriendskaplike skikking tussen die EFF en Clicks oor aangeleenthede rakende rassediskriminasie, asook die beplanning van redelike stappe om te verseker dat daar aanspreeklikheid is vir die aanstootlike advertensie wat deur Clicks geplaas is”.

Luidens die verklaring is die vergadering vir 10:00 by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein in Johannesburg geskeduleer. Die EFF se afvaardiging sal deur Julius Malema, partyleier, gelei word terwyl Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof van Clicks, dié winkelgroep gedurende die vergadering sal verteenwoordig.

Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, het intussen ’n brief aan Alan Jope, uitvoerende hoof van Unilever, gerig rakende die advertensie wat oorspronklik deur TRESemmé-haarprodukte uitgereik is.

Luidens die brief het die advertensie woede veroorsaak aangesien die advertensie dit laat blyk dat wit mense se soort hare beter as dié van swart mense is.

Die EFF gee nou die maatskappy 24 uur om die kwessie rakende die advertensie op te klaar. Sou dit nie gebeur nie, sal die EFF beslissend optree, het Dlamini gesê.

Clicks het intussen bevestig dat sy winkels weer Donderdag sal heropen nadat dit vandag gesluit was. Die EFF het gesê betogings buite Clicks-winkels sal môre voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Wie dink die EFF is hulle hoekom stuur clicks hulle nie warm plek toe nie. Die groot maatskappye skep vir hulle self n probleem.

Kalla

Dit is so belaglik!

Eugene

Clicks is nou bedig om te buig voor die kriminaliteit van die EFF. Dut is totaal verkeerd en dui op swak bestuur. Wat my aanbetref sit ek nooit weer n voet in clicks ad dit is hoe hulls die eff wil hsnteer

Johan

Gelukkig koop ek niks by Clicks.

Pampoenbril

Deur op te daag vir die vergadering sal n erkenning wees dat EFF in beheer van Clicks is en ook ons land. Wat dan van ander kettanggroepe. Gesprekke moet in n hof plaasvind waar persone geleentheid kry om sy saak te stel. CLICKS bestuur sien di asb so in. Julle gaan net getrap word. Ek kan nie glo dat n bestuur dit nie so insien nie.