EFF versoek debat oor hantering van plaaswerkers

Argieffoto (Foto: Traphitho/Pixabay)

“Dit is betreurenswaardig dat daar steeds sommige groepe is wat nie die waarde van landbouers in Suid-Afrika besef nie.” Só het TLU SA Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Dit volg ná die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) ʼn debat in die parlement aangevra het oor die behandeling van plaaswerkers.

“Die verhouding tussen boere en hulle werknemers is uitstekend en beslis een van die beter werksverhoudinge in enige ekonomiese sektor,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Van ons lede het werkers wat al vir meer as drie geslagte lank op dieselfde plaas werk. Dit dui op ʼn baie positiewe werksomgewing.”

Geldenhuys sê politici wat met hul eie verwronge agendas onsekerheid rondom landbou wil skep en voortdurend die indruk probeer skep dat plaaswerkers soos slawe behandel en misbruik word, openbaar daardeur hul totale gebrek aan kennis oor wat die werklikheid op plase is.

“Hierdie tipe uitsprake bedreig voedselsekerheid. Dit is eers wanneer voedsel nie meer beskikbaar is nie, dat hierdie mense die waarde van landbouers en ʼn stabiele landbou-omgewing sal besef. Sonder boere en hulle werkers is daar geen kos en dus geen toekoms in die land nie.”

Die organisasie spreek sy dank uit teenoor die Suid-Afrikaners wat die afgelope tyd hulle harte vir boere wat deur vernietigende brande geraak is, oopgemaak het. “Verskeie rolspelers het uit hulle pad gegaan om op hulle eie manier ʼn bydrae te maak om die nood te verlig. Dit het ʼn baie groot verskil gemaak.”

TLU SA het gesê hy wil graag die rol van landbouers beklemtoon:

  • Landelike gemeenskappe is afhanklik van suksesvolle kommersiële boere in die omgewing vir hulle voortbestaan.
  • Plattelandse dorpe is afhanklik van die koopkrag wat landbouers en werknemers in dorpe spandeer.
  • Landbou verskaf – afhangende die seisoenale behoefte – werk aan ongeveer een miljoen mense in die land.
  • Voldoende voedsel is een van die belangrikste stabiliserende faktore in die land.

Tammy Breedt, VF Plus-LP, het intussen gesê die EFF is ironies genoeg self een van die grootste vyande van werkers in Suid-Afrika. “Die EFF se aanval op boere is nogtans te wagte gegewe hul ideologies-gedrewe, stereotipiese obsessie met ras.”

Sy sê die waarheid is dat landbou, selfs in die haglike ekonomiese situasie waarin die land verkeer met die hoogste werkloosheidskoers nóg, een van die ekonomiese steunpilare is wat selfs midde in ʼn resessie en pandemie een van die land se mees stabiele werkverskaffers is.

“Voeg hierby uitdagings soos plaasaanvalle en droogtes, siekte en pes onder plant en dier en talle ander, en dit is verstaanbaar hoe uitnemend landbou onder hierdie uitdagende omstandighede vaar. Die meerderheid boere behandel hul werkers goed en het goeie verhoudings met hulle. Beide boer en arbeider weet ook dat hulle afhanklik is van mekaar.”

Breedt sê die EFF se optrede maak goedkoop politiek van ernstige arbeidsaangeleenthede en mense se bestaan. “Indien mense mishandel word, staan dit hulle vry om polisie toe te gaan. Dit geld die EFF ook en dit maak ʼn bespreking hiervan deur ʼn parlementêre ad hoc-komitee oorbodig. Oor veranderings aan arbeidswetgewing om werkers selfs meer beskerming te gee ten koste van boere, kan die VF Plus net sê dat bestaande arbeidswetgewing reeds die werkers meer as voldoende bevoordeel en beskerm.”

Striemende arbeidswetgewing is tewens een van die groot faktore wat ekonomiese groei en werkskepping, ook in die landbousektor, in die wiele ry. “Onlangs is in die media berig oor ʼn voorval waar ʼn vervoermaatskappy op Henley-on-Klip meer as 200 werkers moes aflê en sy deure sluit nadat betogers in EFF-drag die maatskappy se bates aan die brand gesteek het. Dit is wat die EFF ook met die landbou-sektor wil doen.”

Landbou maak wêreldwyd groot spronge met die outomatisering van die bedryf. Landbou staan onder geen verpligting om werk te skep nie en optrede soos dié van die EFF sal hierdie meganiese revolusie op landbougebied bloot versnel, het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ratel ·

EFF versoek debat? Die idiote kan nie eers die woord spel nie wat nog te sê soos opgevoede volwassenes ‘n saak beredeneer.

Persheks Adri ·

Gee my krag vir die EFF narre ASB! Weet “our people” hoe daar eintlik na die werkers en kinders omgesien word? Duidelik nie, want hulle kry huise, krag, kos ens. Dis tyd ons haal die kos van die rakke af en ons ondersteun direk die boere, sodat hulle kan besef waar kom hulle pap vandaan! EFF must fall pffft tsssk genade ek sal ‘n aar bars só irriteer dit my

Persheks Adri ·

En steeds sê Cyril NIKS nie en petters verbrand alles. Gee my krag vir die EFF narre ASB! Weet “our people” hoe daar eintlik na die werkers en kinders omgesien word? Duidelik nie, want hulle kry huise, krag, kos ens. Dis tyd ons haal die kos van die rakke af en ons ondersteun direk die boere, sodat hulle kan besef waar kom hulle pap vandaan! 

Pieter ·

Wat van ‘n debat oor hoe die onlangse vure in die Vrystaat en Noord-Kaap deur die EFF aangehits is?

Sarel ·

Die EFF moet eers verduidelik hoe negatief Plaasmoorde werkers en hulle gesinne raak

Pieter ·

As ons jong blanke seuns net wil wakker skrik en op plase begin werk sal dit baie beter gaan. Maar vandag se kinders is bederf en wil nie op n plaas werk nie hulle mis baie.

Genis ·

Ek dink regtig dist tyd dat wit en swart die EFF in hulle kanon in stuur… Dis die staat wat die EFF verdra en vermaak. As die staat daad werklik al opgetree het teen die onwettige bedrywighede van die EFF, was SA al lankal n beter plek. Die bloed van die boere, die vure die plundering is bloed op die staat se hande. Terroris nommer een CR is die voorbok, “stilte is geweld”…

LiveAndLetLive ·

Malema het een of ander afleiding sindroom waaraan hy ly.
Pleks gaan help hy sy Pa wat scrap metal moet loop en optel vir geld vir kos, en los boere uit wat baie mooi na hulle werkers kyk!!!

Misky ·

Meeste plaasboere kyk wonderlik na hul werkers. Werkers self kla oor oor die Chinese en Indiers om voor te werk. Dis hel glo!!!!! EFF moet wakker skrik – los die boere

Louw ·

EFF, julle moet passop!.. daar is n ding soos “meganies”… Ek weet van n Chinese groente plot waar hulle 30 werknemers laast jaar gehaad… They are operating now with only ‘2”! en hy vertel my hulle maak 10 keer meer geld….

msp ·

Wonder hoekom neem die eff nie al die swartwerkers en gee vir hulle werk nie. Hulle kan dit mos nou beter doen.

Elsa ·

Tula Sam Matiase. If you never worked on a farm, tula (be quiet)

Derek ·

Dit het tyd geword dat die EFF hulself in die spieel aanskou, dat hulle hul geweldadige protes aksies moet stop en hul haat spraak moet meet met die vrug wat dit dra. Dit is tyd dat hulle hul kinderagtigheid moet stop en groei na vowassendheid. Dit is tyd dat hulle moet deelneem aan sinvolle debatte om saam te werk aan oplossings met betrekking tot die ekonomiese krisisse, om eerder werk te help skep as om verder af te breek en te dink hulle het die reg om vinger te wys. Daar is strukture in plek soos die mense regte kommissie gemandaat deur die grondwet om die vergrypings van mense regte te ondersoek, beslis nie die verantwoordelikheid van die EFF. Die EFF moet hul volgelinge opvoed om die grondwet te eerbiedig eerder as om die rol van regters te wil vertolk. EFF word groot!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.